← Terug na Afrikaans EAT

Afrikaans Eerste Addisionele Taal — Vraestel 2 (Letterkunde)

Graad 12 interaktiewe studiegids · Gedigte, Fiela se Kind & Lien se Lankstaanskoene · Junie/September/November 2023–2025

Afrikaans EAT Vraestel 2 — Letterkunde

Own your future. Own your success.

Dedicated to the matric class of South Africa — every past paper, every note, every hour is a key. Time to lock in.

Kies 'n oortjie hierbo. Elke gedig het sy eie oortjie, met die volledige gedigteks en al die vrae wat oor daardie gedig gevra is (uit al die sessies). Daar is ook 'n oortjie vir Fiela se Kind en Lien se Lankstaanskoene.

Hoe werk dit? Lees die vraag, tik jou antwoord in die boks, klik Wys memo, vergelyk, en merk jouself Reg / Amper / Verkeerd. Jou telling loop bo-aan mee. Alles werk vanlyn; niks word gestoor of gestuur nie.

Voorgeskrewe gedigte in hierdie gids

  • Ken jy die see ... — Uys Krige
  • Eksamenlokaal — Suzaan Laing
  • Sproeireën — DJ Opperman
  • Hanswors — S.J. Pretorius
  • Haar uitvaart — P.J. Philander
  • Krisis — Elizabeth Eybers
  • Wetenskapmannetjies — Antjie Krog
  • Die Dans van die Reën — Eugène N. Marais

Ken jy die see ... Gedig

Uys Krige

Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur
en kalm soos min dinge hier benee,
maar hy's gevaarliker as vlam of vuur.

Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

Dié vrede, kalmer as 'n stil, soet kind,
lyk of dit dae, dae lank sal duur.
Maar word dié bries 'n bulderende wind,
dan veg jy vir jou lewe, uur na uur.

En jy sê nog, Meneer, die vis is duur.

Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee,
waar kry ons hulp dan, waar's ons naaste buur?
Die Dood staan voor die deur. Gee hy nog net één tree,
dan kelder hy ons almal in sy koue skuur.

En jy sê nog, Meneer, die vis is duur.

Wat van die storms wat nooit ophou raas?
Jy sit pal in jou kliphuis, klam en guur,
en hoor die wind al woester, wreder blaas.
En daar's geen sprokkel hout meer vir jou vuur.

Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

Was jy al van jou bootjie soos 'n veer gevee
deur 'n grys golf hoog soos 'n tronk se muur.
Wat help dit om te spartel en te skree: 'Nee! Nee!'
sluk jy eers daardie waters sout en suur?

Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

Ken jy die doodsangs as die rukwind klap?
Dié waansin ken geen redmiddel of kuur.
Hy vreet mos aan jou ingewande nes 'n krap.
Hy's koud soos ys, heet soos hellevuur!

Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur,
ons wat net één ou misstappie moet gee
en hy kom tromp-op op ons afgestuur!

Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

Sien jy die krom ou vroutjie daar, mevrou Mathee,
wat telkens ver, vér oor die golwe tuur?
Sy dink dié briesie bring haar seuns betyds vir tee.
Hul slaap aldrie agter die kerkhofmuur.

Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur ...

Ontleding & samevatting Studienotas

Digvorm

  • Die gedig, Ken jy die see, kan as ʼn monoloog/alleenspraak beskou word waar die visserman met ʼn afwesige man/koper praat.
  • Die gedig is ook ʼn ballade wat bestaan uit ʼn kwatryn gevolg deur ʼn refrein.
  • Kruisrym kom in die kwatryne voor.

Opsomming

  • Die visserman is ongelukkig met die voornemende viskoper wat hy as “Meneer” aanspreek. Hy vertel hier die “Meneer” van die gevare waarmee vissermanne daagliks te doen kry om vars vis op die tafel te sit en dan kla “Meneer” dat die vis duur is.
  • Die gedig kan as alleenspraak gesien word waar die visserman ʼn gesprek voer. Daar is ook progressie in die gedig waar die see eers as kalm beskryf word en dan verander na ʼn see wat mense se dood veroorsaak.

Boodskap en tema

Tema: Elke mens moet besef dat die lewe duur is, veral die lewe van ʼn visserman. Die see dui ook op die wyse waarop die lewe die mens hanteer, soms rustig en soms stormagtig. Dit gaan ook oor die onbetrokkenheid van diegene wat nie regtig deel van die proses is nie. Mens kla maklik as jy nie self met iets moes sukkel nie.

Boodskap: Die mens moet nooit die natuur onderskat nie. Dit gaan meer oor die interaksie tussen die visserman wat wel weet en die koper wat afsydig staan.

Reël-vir-reël ontleding

Reël 1 en 31: Herhaling van die frase “Ken jy die see” beklemtoon die bedrieglikheid van die see. In reël 31 word die reël herhaal. Die gebruik van kommas voor en na “Meneer” is om die woord uit te hef/lig.

Reël 2-3: Die see word vergelyk met jou voorstoep wat blinkgeskuur is (vergelyking). Enjambement: reël 2 gaan oor in reël 3 sonder die gebruik van leestekens. Die woord “benede” (onder) word verkort na “benee” om te pas by die rymskema.

Reël 4: “maar” dui teenstelling aan. Elisie: die woord “hy’s” moet “hy is” wees en word gebruik ter wille van ritme. Metafoor: die see word vergelyk met “vlam of vuur”.

Reël 5: REFREIN: herhaling van dieselfde frase ter wille van beklemtoning in reëls 5, 20, 25, 30, 35 en 40.

Reël 6: Metafoor verwys na die vrede wat die visserman het wat “stil, soet” soos die kind is.

Reël 7: Herhaling van “dae” verwys na hoe lank die vrede sal duur. “dae, duur” – alliterasie van die d-klank.

Reël 8: Die woord “Maar” dui op die kontras/wending tussen die kalmte van die see teenoor die bedrieglikheid van die see. Herhaling van die b-klank (alliterasie) dui op die eksplosiewe klank van die geweldige branders.

Reël 9: Die langdurige geveg tussen die visserman en die see word hier uitgebeeld.

Reël 10: Die woord “jy” is kursief om te beklemtoon dat die visserman met die spesifieke meneer praat. Hierdie reël herhaal weer in reël 15.

Reël 11: Alliterasie van die s-klank. Die “swart wind” verwys na die suidooster wat stormagtig is. Die wind is onheilspellend.

Reël 12, 16 en 23: Retoriese vrae – (ʼn vraag waarop daar nie ʼn antwoord verwag word nie). Reël 12: hulp kan slegs van God tydens ʼn storm op die oopsee kom. Verwys ook na die teks in die Bybel: Waar kom ons hulp vandaan? (Psalm 121 vers 1). “buur” verwys na ʼn buurman wat baie onwaarskynlik op die see aangetref sal word. Reël 23: ʼn visserman het geen mag teen die natuur se krag nie. Dit sal dus nie help om te worstel en te skree nie.

Reël 13: “Dood” word ʼn persoon in die reël. Dit impliseer dat dit baie gevaarlik op die see is. Alliterasie van die d-klank bevestig/wys hoe naby die dood is. Die akuuttekens op “één” beklemtoon hoe naby die dood is.

Reël 14: Die dood vernietig almal wat met hom in aanraking kom.

Reël 17-18: Alliterasie van die k-klank beklemtoon die ongemak van die huisie waarin hulle moet bly omdat hulle nie geld het nie. Alliterasie van die w-klank beklemtoon die klank van die wilde, woeste wind.

Reël 19: Elisie: die woord “daar’s” moet “daar is” wees en word gebruik ter wille van ritme. “Sprokkel” verwys na ʼn droë stukkie tak. Al die hout op die boot is nat a.g.v. die geweld van die wind op die see.

Reël 21: Vergelyking – jy word afgegooi van die bootjie soos ʼn veer. Assonansie van die oo-klank asook die ee-klank kan dui op die vee-aksie wat die beweging van die wind voorstel.

Reël 22: Enjambement (die een reël gaan oor na die volgende, sonder leestekens) stel beweging voor. Alliterasie: g-klank. Vergelyking van die golf met ʼn tronk se muur.

Reël 24: Die aksie wat plaasvind as die visserman sukkel op die boot in die stormwater. Alliterasie van die s-klank beklemtoon dat die seewater sleg is.

Reël 26: Personifikasie: die rukwind klap.

Reël 27: “kuur” verwys na medisyne of genesing. “Waansin” verwys na die situasie waar die vissermanne nie weet wat om te doen nie. Hulle is mal/onverantwoordelik om hulle lewens op die see te waag.

Reël 28: Die dood eet aan jou binnegoed net soos ʼn krap.

Reël 29: Kontras/teenstelling – “koud” teenoor “hellevuur”. Vergelyking van “hy” (see) wat so “koud soos ys” is asook die wind wat met vuur vergelyk word.

Reël 32: “groen jaloerse oë” kan dui op die idioom, naamlik groen van jaloesie.

Reël 33-34: As die vissermanne een fout begaan, gaan die golf met hom afreken. Enjambement dui op die aksie van die golf wat “tromp-op op ons afstuur”.

Reël 35: Hierdie versreël word herhaal om die impak van die werk van die visserman(ne) te beklemtoon. Dit is lewensgevaarlike werk.

Reël 36: Assonansie van die ou-klank beklemtoon hoe oud sy is.

Reël 37: Herhaling van die woord “ver” beklemtoon dat sy oor ʼn lang afstand staar/tuur.

Reël 39: Drie van haar seuns is dood terwyl hulle gaan visvang het op die see. Slaap is die personifikasie (vermensliking) van die dood. Dit is ook ʼn eufemisme wat die dood versag. Die hoogtepunt van die gedig is dat die see gevaarlik is en mense se lewens neem.

Reël 40: Herhaling van versreël 35. Ellips kom voor aan die einde van die gedig om die “Meneer” se aandag te vestig op die moeilike lewe van ʼn visserman. Ons onkunde van ander mense se situasies word in die herhaling van “Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur …” beklemtoon.

Beeldspraak en stylfigure

  • Reël 1 en 31: Herhaling om die vraag te beklemtoon / om “Meneer” se stelling te beklemtoon.
  • Reël 2: Vergelyking van die see met ʼn voorstoep.
  • Reël 4: Elisie: die woord “hy’s” moet “hy is” wees en word gebruik ter wille van ritme. Metafoor: die see word vergelyk met “vlam of vuur”.
  • Reël 5: “vis is duur” word herhaal in die gedig.
  • Reël 6: Metafoor verwys na die vrede wat die visserman het wat soos die vreemdsaamheid van ʼn “stil, soet kind” is. “stil, soet”: die alliterasie van die s-klank verwys na klanknabootsing van die see se geruis.
  • Reël 8: “Maar” dui op die kontras tussen die kalmte van die see teenoor die bedrieglikheid/gevaar van die see.
  • Reël 13: Personifikasie – “Dood” word ʼn persoon in die reël. Dood word as eienaam gebruik.
  • Reël 14: Personifikasie: die dood vang ons.
  • Reël 16: Retoriese vraag.
  • Reël 17-18: Alliterasie van k-klank en w-klank.
  • Reël 21: Vergelyking – jy word soos ʼn veer van die bootjie afgegooi. Beklemtoon dat die see baie magtig is.
  • Reël 22: Vergelyking van die golf met ʼn tronk se muur.
  • Reël 23: Retoriese vraag – ʼn visserman het geen krag teen die natuur se mag nie.
  • Reël 26: Personifikasie: rukwind klap; beklemtoon die angs wat die vissermanne ervaar.
  • Reël 28: Personifikasie: die dood “vreet” aan jou. Vergelyking: waansin word vergelyk met ʼn krap.
  • Reël 32: “groen jaloerse oë” kan dui op die idioom, naamlik groen van jaloesie = figuurlike taal.
  • Reël 36-37: Assonansie van die ou-klank. Herhaling van die woord “ver” beklemtoon dat sy oor ʼn lang afstand staar. Hoogtepunt/klimaks van die gedig. Retoriese vraag.
  • Reël 38: Personifikasie: Mevrou Mathee dink dat haar seuns sal kom tee drink.
  • Reël 39: Eufemisme: Slaap is ʼn versagting van die dood. Die drie seuns is dood in hulle grafte.
  • Reëls 5, 10, 15, 20, 25, 30, 35 en 40: Herhaling: beklemtoon “Meneer” se stelling.

Toon en stemming

Die toon is morbied, hartseer en treurig a.g.v. die see wat gee en neem. Die vissermanne kry vis en ʼn inkomste uit die see, maar die see neem soms die lewe van ʼn visserman in die proses.

Die stemming is dus ook hartseer en ongelukkig.

Flitskaarte 11 kaarte

Tik 'n kaart om dit om te draai.

Wie is die digter?
Uys Krige
Wie is die spreker?
'n Visserman
Wat is die tema?
Die see is dodelik gevaarlik; mense wat oor die visprys kla, besef nie wat vissers waag nie.
Wat is die spreker se toon teenoor 'Meneer'?
Verwytend / ontevrede.
Wat is die refrein?
'Dan se jy nog, Meneer, die vis is duur.'
Kontras in strofe 1?
Die see lyk kalm/blinkgeskuur, maar is gevaarliker as vlam of vuur.
Wie is mevrou Mathee?
'n Ou vrou wie se drie seuns op die see gesterf het ('slaap aldrie agter die kerkhofmuur').
'grys golf hoog soos 'n tronk se muur' = watter beeld?
'n Vergelyking.
'Hy wat met groen jaloerse oe na ons gluur' = ?
Personifikasie (van die see).
Watter soort vrae kom baie voor?
Retoriese vrae (dit is 'n monoloog).
Waarom is die vis eintlik 'duur'?
Vissers betaal soms met hulle lewens daarvoor.
Telling: 0 / 0

September 2023

9.1.1 Wie is die spreker in die gedig? [1]

9.1.2(a) Noem TWEE natuurelemente wat, volgens die spreker, die see gevaarlik kan maak. [2]

9.1.2(b) Stem jy saam dat die see gevaarlik kan wees? Motiveer. [1]

9.1.3(a) Die spreker is (geskok/opgewonde) dat die mense oor die prys van vis kla. [1]

9.1.3(b) Dink jy dat die mense rede het om oor die prys van vis te kla? [1]

9.1.4 Voltooi: Baie mense ervaar die see as 'n plek om te ontspan. Die spreker gebruik die beeld van 'n huis se (a) ... en 'n (b) ... kind om die idee te gee. Hy sê ook dat die kalmte vir baie (c) ... kan duur, maar die ligte (d) ... kan 'n sterk wind word. [4]

9.1.5(a) Wat is die funksie van die herhaling van die kleur swart? (Reël 11) [1]

9.1.5(b) Watter gevoel word deur die kleur 'swart' uitgebeeld? [1]

9.1.6 Die spreker gebruik die ... sintuig om te beklemtoon hoe die stormagtige see hulle in die huise gevange hou. A sig / B tas / C smaak / D gehoor [1]

9.1.7 Kies die begrip in KOLOM B by KOLOM A: (a) 'Hy's koud soos ys, heet soos die hellevuur!'; (b) 'Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur'; (c) 'Sy dink dié briesie bring haar seuns betyds vir tee.' KOLOM B: A Klanknabootsing; B Kontras; C Personifikasie; D Alliterasie. [3]

9.1.8 Sou jy met Mevrou Mathee kon simpatiseer? Motiveer. [1]

9.1.9 Sal jy ooit weer oor die prys van vis kla? Motiveer. [1]

November 2023

9.1.1 Voltooi met woorde uit die gedig: Die vissers ken die see. Alhoewel die see (a) ... lyk, is dit eintlik baie gevaarlik. Wanneer 'n bries in 'n kwaai (b) ... verander, moet die vissers om hulle lewens veg. As die storms nie (c) ... nie, kan die vissers nie uitgaan om vis te vang nie. Vissers wat wel op see is, kan doodgaan as hulle net een (d) ... begaan. [4]

9.1.2(a) 'Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee' (Reël 11) Die spreker herhaal 'swart' om te beklemtoon dat (dit baie donker is/hulle situasie op see lewensgevaarlik is). [1]

9.1.2(b) 'Gee hy nog net één tree' (Reël 13) Die spreker beklemtoon 'één' om te wys (hoe na aan die dood die vissers is/dat die mense wat kom help naby is). [1]

9.1.3 Hoe beïnvloed die see die visserman se lewe volgens strofe 7 en strofe 9? Verwys na albei. [2]

9.1.4 Kies die begrip uit KOLOM B by KOLOM A: (a) 'grys golf'; (b) 'Hy vreet mos aan jou ingewande nes 'n krap.'; (c) 'Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur,'; (d) 'Hul slaap aldrie agter die kerkhofmuur.' KOLOM B: A personifikasie; B metafoor; C alliterasie; D eufemisme; E vergelyking. [4]

9.1.5 Die spreker se toon teenoor die koper (Meneer) is ... [1]

9.1.6 Waarom kan ons sê dat dit wat die spreker in reëls 1 tot 35 vertel, in reëls 36 tot 39 bewys word? Verwys na albei. [2]

9.1.7 Waarom is die gebruik van retoriese vrae in hierdie gedig gepas? [1]

9.1.8 In reël 5 en 10 plaas die digter klem op 'nog' (reël 5) en 'jy' (reël 10). Wat wil die digter hiermee sê? [2]

November 2025

9.2.1 Voltooi met woorde uit die gedig: Dit is moeilik om 'n visserman te wees. In die donker op die woeste see wag die Dood en daar is geen (a) ... nie. As die storms te erg is, moet hulle (b) ... in die huis bly. Die golwe raak baie hoog, dan word hulle gou van hulle (c) ... afgevee. Die spreker verstaan nie hoe Meneer kan sê die vis is te (d) ... nie. [4]

9.2.2 In strofe 1 is daar 'n duidelike kontras. Verduidelik die kontras in jou eie woorde. [2]

9.2.3 Waarom gebruik die spreker in reël 12 die woord 'buur' en nie 'bure' nie? [1]

9.2.4 Waarom maak die digter in reël 23 van die direkte rede gebruik? [1]

9.2.5 '... één ou misstappie' (Reël 33) Die gebruik van die verkleinwoord is om te ... [1]

9.2.6 Voltooi: Die spreker se toon is (a) (vriendelik/ontevrede), want hy voel dit is (b) (regverdig/onregverdig) dat die mense wat die vis koop, oor die prys kla. Deur die refrein (c) (beklemtoon/bevraagteken) die spreker sy gevoel. [3]

9.2.7 Kies die begrip uit KOLOM B by KOLOM A: (a) 'rukwind klap'; (b) 'woester, wreder'; (c) 'grys golf hoog soos 'n tronk se muur'. KOLOM B: A alliterasie; B personifikasie; C 'n metafoor; D 'n vergelyking. [3]

9.2.8 Die meneer kla dat die vis duur is. Watter les kan jy by die meneer leer? [1]

9.2.9 Lees reël 37 en 38. Motiveer waarom jy met mevrou Mathee kan simpatiseer. [1]

9.2.10 Waarom is die storie van mevrou Mathee se drie seuns 'n gepaste slot vir hierdie gedig? [1]

Eksamenlokaal Gedig

Suzaan Laing

Haar skoene klik hard op die houtvloer
soos sy op en af stap
tussen rye tjoepstil banke

Nou en dan kraak die blaai van 'n blad
die Septembereksamenlug.

hande bewe met rukke oor skoon wit velle
los 'n inkwarboel agter.

Die horlosie tel twee ure af.

Sy stap stadig en oes die stelle een vir een
Blou op wit:
Ryp met gistermiddag se kennis.

Ontleding & samevatting Studienotas

Digvorm

Eksamenlokaal kan as ʼn vrye vers beskou word. Die gedig bestaan uit 11 reëls van wisselende lengtes. Daar is vyf strofes. Strofe 4 is ʼn alleenplasing ter wille van die beklemtoning van tyd. Daar is geen vaste rymskema nie.

Opsomming

Suzaan Laing was in graad 8 toe sy hierdie gedig geskryf het. Sy beskryf die tipiese atmosfeer wat in ʼn eksamenlokaal heers. Dit handel oor die leerder se angs en onsekerheid terwyl die tyd ook nie stilstaan nie. Die horlosie wys op die tyd wat verbygaan.

Strofe 1: Die eerste strofe fokus op die onderwyseres wat tussen die leerders se banke deurloop terwyl sy toesig hou. Die spreker gebruik sy/haar sintuie om waar te neem.

Strofe 2: Die tweede strofe fokus op die leerders se antwoordboeke sowel as die tyd waarin die eksamen geskryf word. Die spreker gebruik weereens sy/haar sintuie om waar te neem.

Strofe 3: Die derde strofe fokus op die leerders wat die vraestelle beantwoord en die spanning wat hulle daarmee ervaar. Die spreker gebruik weereens sy/haar sintuie.

Strofe 4: Die vierde strofe fokus op die tyd wat verbygaan. Die spreker gebruik weereens sy/haar sintuie.

Strofe 5: Die vyfde strofe gaan weer oor die onderwyseres wat die antwoordboeke inneem. Die spreker beskryf alles wat hy/sy sien.

Reël-vir-reël ontleding

Die titel verwys na die plek waar die eksamen plaasvind/geskryf word.

Reël 1: “Haar” verwys na die onderwyseres wat toesig hou in die eksamenlokaal. Dit is waarskynlik ʼn ou skoolsaal met ʼn houtvloer. Die leerders hoor haar skoene op die houtvloer “klik”.

Reël 2: Die leerders hoor hoe die onderwyseres op en af stap terwyl sy toesig hou tydens die eksamensessie. Alliterasie: herhaling van die s-klanke. Beklemtoon die spanning wat die leerders ervaar terwyl hulle eksamen skryf en die onderwyseres toesig hou.

Reël 3: Die spreker verwys na die leerders as “banke” wat baie stil sit. Let op die kontras tussen “hard” (reël 1) en “tjoepstil” (reël 3) (metafoor).

Reël 4: Die bladsye “kraak” wanneer dit omgeblaai word. Die spreker hoor wanneer ander leerders hulle antwoordboeke omblaai.

Reël 5: Die eksamen word in September geskryf. Die atmosfeer (“lug”) is gespanne.

Reël 6: Leerders se hande wat “bewe” wys op hulle angs tydens die eksamensessie. Die “skoon wit velle” verwys na die leë bladsye voordat die leerders begin antwoord het. Die spreker sien die bladsye wat skoon is. Hy/sy voel die hande wat bewe.

Reël 7: Nadat die leerders hulle antwoorde neergeskryf het, is “die wit velle” nie meer skoon nie, maar ʼn deurmekaarspul van ink. “warboel” = deurmekaar/gemors/chaos. Letterlike betekenis: skryfwerk is onnet. Figuurlike betekenis: feite en inligting is deurmekaar.

Reël 8: Die alleenplasing beklemtoon die tyd wat ʼn faktor in die eksamen is. Die spreker hoor en sien die horlosie. Die horlosie wat die ure aftel, is personifikasie.

Reël 9: Die spreker neem 3 aksies van die onderwyseres waar. Sy stap stadig; neem die antwoordboeke in; neem dit “een vir een” in. Alliterasie: herhaling van die s-klanke. Beklemtoon dat die onderwyseres die antwoordboeke stadig, een vir een, inneem.

Reël 10: Blou ink op wit papier. Die dubbelpunt beklemtoon die weergee van die leerders se kennis.

Reël 11: Leerders leer die dag voor die eksamen. Die “oes” wat “ryp” is, verwys na die antwoordboeke wat nou vol van die leerders se kennis is en ingeneem word om nagesien te word.

Beeldspraak en stylfigure

  • Reël 1: Klanknabootsing beklemtoon die harde geluid wat die onderwyseres se skoenhakke op die houtvloer maak.
  • Reël 3: Personifikasie: die banke kry menslike kwaliteite soos “tjoepstil”. Metafoor: die leerders word metafories gelykgestel aan banke.
  • Reël 1-3: Kontras: beklemtoon die kontras tussen die onderwyseres wat gehoor kan word terwyl die kinders stil sit “tjoepstil” en eksamen skryf (intensiewe vorm van stil: stil – tjoepstil – doodstil).
  • Reël 1-3: Die enjambement beklemtoon bewegings van die onderwyseres tydens die eksamensessie. Die onderwyseres se toesig is aaneenlopend soos die enjambement.
  • Reël 4: Klanknabootsing beklemtoon hoe hard die omblaai van ʼn bladsy in die stilte klink.
  • Reël 5: Neologisme: nuwe woord “Septembereksamenlug” wat gevorm is om belangrike inligting weer te gee. Die leerders ervaar die spanning in die atmosfeer tydens die skryf van ʼn eksamen in September.
  • Reël 6: Verwys na ongebruikte, leë blaaie.
  • Reël 6-7: Kontras: beklemtoon die verskil tussen die antwoordboek voor die leerder begin skryf en nadat hy geskryf het.
  • Reël 7: Neologisme: nuwe woord “inkwarboel” wat gevorm is om belangrike inligting weer te gee. Letterlike betekenis: handskrif is nie netjies nie of dit wat die leerders skryf (antwoorde) is deurmekaar.
  • Reël 8: Personifikasie: menslike eienskappe word aan die horlosie gegee, nl. om twee ure af te tel.
  • Reël 10: Die leerders skryf met blou penne (ink) op wit blaaie. Die dubbelpunt beklemtoon die weergee van die leerders se kennis/die antwoorde wat die leerder geskryf het.
  • Reël 11: Die leerders se antwoorde word gelykgestel aan dit wat hulle die vorige dag geleer het / die voorbereiding vir die vraestel.

Tema en boodskap

Die tema van die gedig is die tipiese omstandighede en stemming wat ʼn mens ervaar wanneer jy eksamen skryf.

Die boodskap uit die gedig kan daarop dui dat die leerders nie net die vorige dag vir die eksamen voorberei nie, maar reeds vooraf begin leer het om die spanning wat hulle ervaar te verminder.

Toon en stemming

Toon: In die Eksamenlokaal voel die spreker gespanne en bang terwyl hy/sy eksamen skryf.

Stemming: Daar heers ʼn ernstige stemming.

Flitskaarte 10 kaarte

Tik 'n kaart om dit om te draai.

Wie is die digter?
Suzaan Laing
Watter soort gedig is dit?
'n Vrye vers.
Wat is die ruimte?
'n Eksamenlokaal / klaskamer.
Wat is die atmosfeer?
Gespanne.
'tjoepstil banke' = watter beeld?
Personifikasie.
Kontras in strofe 1?
Die harde geklik van skoene teenoor die stilte in die lokaal.
Hoe lank skryf die leerders?
Twee ure.
Watter beeld gee 'oes' en 'ryp'?
'n Boerdery - die leerders 'oes' hul kennis.
Wat bewys die leerders se senuwees?
'Hande bewe'.
'n Strofe van DRIE reels heet?
'n Tersine.
Telling: 0 / 0

September 2023

9.2.1 Hierdie gedig is 'n tipiese vrye vers. Skryf TWEE kenmerke van 'n vrye vers neer. [2]

9.2.2 Watter woorde is in direkte kontras met mekaar in strofe 1? [1]

9.2.3 In watter ruimte speel die gedig af? [1]

9.2.4(a) Skryf die personifikasie in strofe 1 neer. [1]

9.2.4(b) Verduidelik wat die digter met hierdie beeld wou verduidelik. [1]

9.2.5 Wat onderbreek soms die stilte van die eksamenlokaal? [1]

9.2.6 Dit is duidelik dat die leerders senuweeagtig is. Skryf TWEE OPEENVOLGENDE woorde neer wat dit bewys. [1]

9.2.7 Die atmosfeer in die gedig is ... [1]

9.2.8 Sou jy sê dat die kinders goed vir die eksamen voorbereid was? Motiveer. [1]

9.2.9(a) Die spreker gebruik die beeld van 'n (boerdery/besigheid) om die leerders se kennis te beskryf. [1]

9.2.9(b) Motiveer deur EEN woord uit strofe 5 aan te haal. [1]

9.2.10(a) Die belangrikheid van tyd word in strofe 4 beklemtoon. Noem EEN tegniek wat die spreker gebruik. [1]

9.2.10(b) Vir hoe lank het die leerders geskryf? [1]

9.2.11 Die funksie van die dubbelpunt in reël 10 is om ... [1]

9.2.12 Kan jy met die leerders identifiseer? Motiveer. [1]

9.2.13 Watter raad kan jy vir die leerders gee om hulle eksamentyd makliker te maak? [1]

November 2024

9.2.1 Watter kontras kry ons in strofe 1? Verduidelik in jou eie woorde. [2]

9.2.2 Haal EEN woord uit die gedig aan wat verwys na die eksamen waarmee die kandidate besig is. [1]

9.2.3 Die vraestel in die gedig is drie uur lank. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. [1]

9.2.4(a) Uit strofe 3 kan ons aflei dat die kandidaat (ontspanne/gespanne) oor die vraestel is. [1]

9.2.4(b) Verduidelik jou antwoord in jou eie woorde. [1]

9.2.5(a) Wat is die geïmpliseerde betekenis van die 'skoon wit velle' in strofe 3? [1]

9.2.5(b) Hoe verskil dit in strofe 5? [1]

9.2.6(a) 'oes die stelle een vir een' (Reël 9). Wat is die TWEE betekenisse van 'oes' binne konteks? [2]

9.2.6(b) Watter ander woord in strofe 5 hou direk verband met 'oes'? [1]

9.2.7 Kies die begrip uit KOLOM B by KOLOM A: (a) 'Dan kraak die blaai van die blad'; (b) 'los 'n inkwarboel agter'; (c) 'Sy stap stadig'. KOLOM B: A alliterasie; B 'n vergelyking; C 'n metafoor; D onomatopee. [3]

9.2.8 Die gedig begin en eindig met strofes van drie versreëls. Wat noem ons 'n strofe wat uit DRIE versreëls bestaan? [1]

9.2.9 Waarom is 'Eksamenlokaal' 'n gepaste titel vir hierdie gedig? [1]

9.2.10 Waarom kan jy met die inhoud van die gedig identifiseer? [1]

Sproeireën Gedig

DJ Opperman

My nooi is in 'n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar's iemand ... iemand in anys,
daar's 'n vrou in elke geur!

As ek 'n stukkie nartjieskil
tussen my vingers buig of knak,
breek uit die klein sproeireën
wat geurend om my hand uitsak,
die boorde weer van Swartfoloos
en met die nartjies om my heen
weet ek hoe dat 'n vrou kan troos.

O my nooi is in 'n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar's iemand ... iemand in anys,
daar's 'n vrou in elke geur!

Ontleding & samevatting Studienotas

Digvorm (verstegniese aspekte)

  • Vrye vers
  • Drie strofes (tersine)
  • Strofe 2: eindrym (behalwe reël 1 wat nie met die ander reëls rym nie)
  • 15 versreëls
  • Spreker: manlike spreker
  • Halfrym
  • Refrein: beklemtoning en skep ritme

Reël-vir-reël ontleding

Die titel: reën van fyn druppels soos by ʼn waterval.

Reël 1: Die spreker voel dat ʼn nartjie se reuk hom aan sy meisie laat dink. Tipografie: dit is die inkeping van reëls 1–4. Strofe 1 is die refrein van die gedig en laat jou aan ʼn liedjie dink. Alliterasie van die n-klank. Die funksie is om te wys dat die spreker sy geliefde met die reuk van ʼn nartjie vergelyk. Reël 1 is ʼn voorbeeld van figuurlike/konnotatiewe taalgebruik.

Reël 2: Die reuk van kaneel laat die spreker aan sy ouma dink. Sy ouma het melktert of pannekoek gebak en kaneel daaroor gestrooi, en daarom laat die reuk van kaneel hom aan sy ouma dink.

Reël 3: Anys word gewoonlik in beskuit gebruik. Die herhaling van die woord “iemand” en die ellips beklemtoon die persoon (“iemand”) wat die spreker nie kan onthou nie.

Reël 4: Die spreker voel dat elke geur hom aan ʼn vrou laat dink. Elke vrou word deur haar unieke reuk onderskei. Elisie: “daar’s” in plaas van “daar is”. Die woord word verkort om die ritme in die versreël te behou. Aan die einde van die strofe is daar ʼn uitroepteken wat wys op die spreker se verwondering dat elke geur hom aan ʼn vrou laat dink.

Reël 5-8: Die spreker breek die nartjie se skil. Dit maak ʼn sproei wat lekker ruik. Inversie (reël 7): beklemtoon die geur wat vrygestel word / die druppels sak om sy hand uit. Hy kry die heerlike reuk van die nartjie.

Reël 9: Hy onthou die nartjies in die Swart Umfolozi-streek in KwaZulu-Natal waar hy grootgeword het. Assonansie: die herhaling van die ‘oo’-klank in versreël 9. Rymskema (reëls 6–11): slegs die eerste reël rym nie met die ander in die strofe nie.

Reël 10-11: Met die geur van die nartjie wat die spreker ruik, onthou hy hoe ʼn vrou kan troos. Hy dink terug aan die tye saam met sy meisie en hoe sy hom gelukkig gemaak het. Enjambement: die ritme versnel, dit laat die gedig vloei (reëls 5 en 6; 7 en 8; 9, 10 en 11). Die digter gebruik inversie om woorde te laat rym (rymdwang). Inversie (omgekeerde woordorde): daar word van die gewone woordorde afgewyk.

Opsomming

In hierdie gedig word die reuksintuig baie gebruik. Verskillende geure en reuke herinner die spreker aan verskillende vroue.

Tema en boodskap

Die tema van die gedig is die positiewe assosiasies van geure met vroue.

Die boodskap: mense koppel ʼn bepaalde geur aan ʼn vrou. Vrouens is spesiaal en moet vertroetel en gerespekteer word.

Beeldspraak en stylfigure

  • Reël 1: Metafoor: sy nooi se reuk word aan die geur van ʼn nartjie gelykgestel.
  • Reël 2: Metafoor: die reuk van kaneel laat die spreker aan sy ouma dink.
  • Reël 3 en 4: Elisie: “daar’s” i.p.v. “daar is” – dit versnel die ritme. Metafoor: iemand se reuk word gelykgestel aan die reuk van anys.
  • Reël 4: Metafoor: elke vrou word aan ʼn geur gekoppel. Sinestesie (sintuiglike waarneming): die spreker ervaar vroue met sy sintuie: voel, sien en ruik (reëls 1, 2, 3 en 4).

Toon en stemming

Toon: Positief. Die digter het goeie herinneringe aan vroue.

Stemming: Daar heers ʼn vrolike stemming.

Flitskaarte 9 kaarte

Tik 'n kaart om dit om te draai.

Wie is die digter?
DJ Opperman
Wat is die hoofsintuig?
Reuk.
Aan wie dink die spreker?
Sy nooi/meisie en sy ouma.
Na watter vrug verwys die 'sproeireen'?
'n Nartjie (die sap uit die skil).
'n Strofe van VIER reels heet?
'n Kwatryn.
Wat is die tema?
Geure roep herinneringe aan geliefde vroue op - 'n universele tema.
Waarom is strofe 1 en 3 ingekeep?
Dit is die refrein en word uitgehef.
Veranderde woordorde in reel 7 en 9 = ?
Inversie.
Denotatief of konnotatief?
Konnotatief (sterk gevoelswaarde).
Telling: 0 / 0

November 2023

9.2.1 Aan watter TWEE spesifieke persone dink die spreker? [2]

9.2.2 'n Strofe wat uit 4 reëls bestaan, is 'n ... [1]

9.2.3 Watter sintuig word hoofsaaklik in hierdie gedig gebruik? [1]

9.2.4(a) 'daar's 'n vrou in elke geur!' (Reël 4). Noem EEN spesery wat die spreker aan spesifieke mense laat dink. [1]

9.2.4(b) Wat kan ons aflei uit die spreker se verwysing na die verskillende geure? [1]

9.2.5(a) Gee EEN woord uit die gedig wat vir ons sê dat die inhoud iemand se eie, persoonlike siening is. [1]

9.2.5(b) Ons kan sê dat die inhoud 'n sterk (denotatiewe/konnotatiewe) betekenis het. [1]

9.2.6(a) Na watter vrug verwys die sproeireën waarvan die spreker praat? [1]

9.2.6(b) Waar kom hierdie sproeireën vandaan? Verduidelik in jou eie woorde. [1]

9.2.6(c) Noem TWEE positiewe herinneringe wat hierdie sproeireën vir die spreker bring. [2]

9.2.7 In reël 7 en 9 is die woordorde verander. Hierdie stylfiguur staan bekend as (elisie/inversie). [1]

9.2.8 Waarom is strofe 1 en strofe 3 ingekeep? [1]

9.2.9 Al is die inhoud baie persoonlik, het hierdie gedig 'n ... tema. A literêre / B fiktiewe / C universele / D alledaagse. [1]

9.2.10 Die inhoud is waarderend van aard. Verwys na die ellips in reël 14 en die uitroepteken aan die einde van reël 15 om te motiveer waarom die stelling WAAR is. [2]

Hanswors Gedig

S.J. Pretorius

Oor sy afsigtelike boggel,
en kromheid, het hul hom gekoggel,
en bitterder was hul venyn
as sy vergroeide ruggraatpyn.

Tussen die diere in 'n hoek
het hy die eensaamheid gesoek:
"Met klere wat gedurig gaar is,
wat doen die vent met sy salaris?"

Hy't maandeliks by die poskantoor
'n brief gepos of een gelees
by die dierkratte, oor en oor:
"Sou daar tog êrens iemand wees?"

En daardie ewige reuk van drank:
nie een sou huil as hy bedank,
maar waar hy in die sirkustent
aapagtig teen die firmament,
hoog teen die takelwerk, kon klouter,
die dood uittart, en, klein kabouter,
sy duiwelstreke uithaal onder
dat almal skater vir die wonder,
is hy, hoeseer verag, verlate,
nog deur die baas beskou as bate.

Toe het 'n brief gekom eendag ...
Hy't oor die bed gebuk, verblind,
terwyl die boggelvroutjie, sag,
sterwend fluister: "Dankie my kind ..."

Ontleding & samevatting Studienotas

Digvorm

Die gedig “Hanswors” bestaan uit 26 versreëls. Daar is 5 strofes. Strofes 1, 2, 3 en 5 is kwatryne met vier versreëls elk. Strofe 4 bestaan uit 10 versreëls ter wille van beklemtoning. Paarrym kom voor in strofes 1, 2 en 4. Kruisrym kom in strofes 3 en 5 voor.

Titelverklaring

Die titel verwys na ʼn hanswors/nar. Die lewe van die nar word gekenmerk deur gekskeerdery, dikwels ook ten koste van sy eie liggaamlike gebreke. Hierdie nar word deur ander mense bespot en geterg, want sy liggaam is misvormd.

Reël-vir-reël ontleding

Reël 1: “afsigtelike”; onaangenaam om na te kyk. Die boggel is ʼn groeisel op sy rug as gevolg van ruggraatvergroeiing.

Reël 2: Sy kollegas het hom gespot omdat hy krom geloop het.

Reël 3: “bitterder”: slegter/onaangenamer/erger. “venyn”: dis die lelike dinge wat hulle vir hom sê: gif/boosheid/lasterlikheid.

Reël 4: Die hanswors se ruggraat het skeef gegroei en dit het vir hom baie pyn veroorsaak.

Reël 5: Die hanswors verkies dit om by die diere te wees eerder as by sy kollegas. Die diere “koggel” hom nie soos sy kollegas nie.

Reël 6: Hy verkies dit om tussen die diere te wees, eensaam en alleen.

Reël 7: Die kollegas se direkte woorde word aangehaal. Hulle praat oor sy klere wat altyd stukkend is.

Reël 8: “vent”: die gebruik van hierdie woord beklemtoon hoe negatief sy kollegas oor hom voel. Dit wil voorkom of die kollegas onder mekaar skinder oor die hanswors. Retoriese vraag (vraag waarop nie ʼn antwoord verwag word nie).

Reël 9: “Hy’t” is die verkorting vir “hy het”. Hy het elke maand poskantoor toe gegaan.

Reël 10: Hy het “ʼn brief gepos” of ʼn brief ontvang.

Reël 11: Die hanswors het die brief by die dierehokke gaan lees. “oor en oor” beteken herhaaldelik.

Reël 12: Weereens ʼn retoriese vraag. Die kollegas wonder of daar regtig iemand kan wees wat vir die hanswors omgee.

Reël 13: “ewige” beteken hy ruik altyd na drank/alkohol. Hy het moontlik ʼn drankprobleem. Dalk drink hy te veel om van sy pyn en hartseer te vergeet.

Reël 14: Sy kollegas sou nie hartseer wees as hy weggaan nie.

Reël 15: “maar” is die wending. As hy besig is met sy werk in die sirkustent, doen hy dit goed.

Reël 16: Die binnedak van die sirkustent word vergelyk met die “firmament”, hoog teen die takelwerk. Die hanswors klim soos ʼn aap, vinnig.

Reël 17: Al die rame en toue van die sirkustent. Hy klouter soos ʼn aap hoog teen die raamwerk van die sirkustent.

Reël 18: Die hanswors word ʼn kabouter genoem omdat hy nie baie groot is nie. Hy doen gevaarlike toertjies. Hy daag die dood uit.

Reël 19: Die hanswors is vol streke wanneer hy onder op die grond is. Hy doen allerhande dinge wat die mense laat lag.

Reël 20: Die mense wat sirkus toe kom, dink die hanswors is baie snaaks. Hulle lag almal hardop en lekker. Hulle is verwonderd oor alles wat hy kan doen.

Reël 22: Vir die sirkusbaas is die hanswors ʼn waardevolle bate. Die mense wat sirkus toe kom, geniet die hanswors. Op hierdie manier maak die baas geld uit die hanswors.

Reël 23: Daar het ʼn brief vir die hanswors gekom. Dit het inligting bevat dat sy ma/familielid baie siek is / besig is om te sterf.

Reël 24: Hy het na sy ma/familielid toe gegaan. Hy was “verblind” deur die trane dat hy haar nie kon sien nie.

Reël 25: Dit is sy ma/familielid. Sy het ook ʼn boggel. Sy praat sag, omdat sy op haar sterfbed is / swak is / besig is om te sterf. Sy ma/familielid se laaste woorde was om haar seun te bedank.

Reël 26: Sy sê nie waarvoor sy hom bedank nie, maar die leser besef wat die moontlike redes is: die hanswors was ʼn goeie seun vir sy ma/familielid en hy het haar versorg. Hy het sy salaris vir haar gestuur en hy het haar versorg. Sy kollegas het nooit die waarheid besef nie, want hulle wou eerder skinder / lelik van hom praat. Hulle het nie moeite gedoen om hom te leer ken nie. Die mense van die sirkus het hom veroordeel.

Opsomming

Strofe 1: In die eerste strofe word die mense se reaksie op die hanswors beskryf. Sy kollegas sien hoe lelik hy is en praat daaroor. Hierdie reaksie maak hom seerder (gevoel) as die pyn wat hy die hele tyd ervaar a.g.v. vergroeide ruggraat.

Strofe 2: In die tweede strofe word die hanswors se gemoedstoestand beskryf. Sy kollegas sien hoe stukkend/flenters sy klere is en praat daaroor.

Strofe 3: In die derde strofe word die hanswors se maandelikse besoek aan die poskantoor beskryf.

Strofe 4: In hierdie strofe lees ons van die hanswors se werk by die sirkus. Hy doen sy werk goed. Dit is dalk ʼn moontlike rede vir sy kollegas se “venyn”. Al is hy “afsigtelik”, laat hy mense lag. Die spreker gebruik weereens sintuiglike waarneming.

Strofe 5: Die vyfde strofe vertel van ʼn brief wat afgelewer is. Hier word die moontlike redes gegee vir die hanswors se vreemde optrede.

Tema en boodskap

Die tema van die gedig is die vooroordeel van die hanswors se kollegas / uitbuiting van mense met gebreke. Dit gaan egter ook oor die liefde van ʼn seun vir sy ma/familielid, asook die moeder/familielid se liefde vir haar seun.

Die boodskap van die gedig is dat mense mekaar nie moet veroordeel nie. Daar is dalk ʼn rede vir hulle snaakse optredes.

Beeldspraak en stylfigure

  • Reël 2: Alliterasie – herhaling van die h-klank. Funksie: beklemtoon die “hulle” en die hanswors, die twee groepe mense in die gedig.
  • Reël 3 en 4: Kontras: hulle venyn staan in kontras met die hanswors se pyn. Funksie: dit beklemtoon dat die kollegas se geskinder hom seerder maak as die pyn.
  • Reël 7-8: Aanhaling: direkte woorde van sy kollegas. Retoriese vraag: hulle wonder onder mekaar wat die hanswors met sy geld doen. Hulle vra hom nie. Die retoriese vraag wys weer op hulle venynigheid.
  • Reël 9: Elisie: “hy’t” verkorting van “hy het”.
  • Reël 12: Retoriese vraag: hulle wonder onder mekaar of daar tog iemand iewers is wat lief vir die hanswors kan wees. Hulle kan dit nie glo nie. Die retoriese vraag wys weereens op hulle venynigheid.
  • Reël 16: Metafoor: die hanswors “klouter aapagtig” teen die takelwerk.
  • Reël 17-19: Kontras: hy doen gevaarlike toertjies wanneer hy “hoog” in die lug klouter, maar “onder” laat hy die mense weer hardop lag.
  • Reël 18: Metafoor: die hanswors laat ʼn mens dink aan ʼn kabouter wat klein en snaaks is.
  • Reël 21-22: Ironies: sy kollegas verag hom, maar vir die baas is hy ʼn bate.
  • Reël 23: Die plek het verander. Inversie: omgekeerde woordorde. Funksie: dit beklemtoon die brief wat die hanswors gekry het en laat die woorde rym (rymdwang). Ellips: woorde word uitgelaat. Funksie: dit dui tydsverloop en verandering van plek aan.
  • Reël 26: Ellips: woorde word uitgelaat. Funksie: die ma/familielid gee nie die spesifieke redes waarvoor sy haar seun bedank nie. Die leser word deel gemaak van die gedig en moet self die redes gee. Die ma/familielid sê dalk dankie vir die geld, dankie vir die maandelikse brief / dankie dat hy so ʼn goeie seun was.

Toon en stemming

Toon: In hierdie gedig voel die spreker negatief/hartseer/swaarmoedig teenoor die hanswors se kollegas. Die leser kry die hanswors jammer oor sy ongelukkige lewe en omdat hy so veroordeel word.

Stemming: Daar heers ʼn hartseer stemming in die gedig, alhoewel dit oor ʼn hanswors in ʼn sirkus gaan.

Flitskaarte 9 kaarte

Tik 'n kaart om dit om te draai.

Wie is die digter?
S.J. Pretorius
Wie is die hanswors?
'n Sirkusnar met 'n boggel wat mense laat lag.
Watter fisiese pyn het hy?
'n Vergroeide ruggraat / boggel en ruggraatpyn.
Watter emosionele pyn het hy?
Mense koggel, spot en verwerp hom.
Wat is die ironie?
Hy is in pyn en word verag, maar vermaak almal en sorg vir sy ma.
Wie is die 'boggelvroutjie'?
Sy ma (sterwend: 'Dankie my kind ...').
Met watter dier word hy vergelyk?
'n Aap ('aapagtig').
Wie beskou hom as 'n 'bate'?
Die sirkusbaas.
Wat is die tema?
Eensaamheid, verwerping en die pyn agter die grapmaker se masker.
Telling: 0 / 0

September 2024

9.1.1 Na wie verwys die 'hom' in reël 2? [1]

9.1.2(a) Noem TWEE fisiese gebreke wat, volgens die spreker, die rede is dat mense die hanswors gekoggel het. [2]

9.1.2(b) Is dit aanvaarbaar dat die mense hom oor sy voorkoms koggel? Motiveer. [1]

9.1.3(a) Die woord 'venyn' (reël 3) impliseer dat die mense (mooi/lelike) kommentaar lewer. [1]

9.1.3(b) Dink jy die mense se woorde het 'n negatiewe effek op hom gehad? Motiveer. [1]

9.1.4 Die hanswors spandeer baie tyd met die diere. Noem TWEE moontlike redes waarom hy die diere se geselskap verkies het. [2]

9.1.5(a) Wat is die funksie van die herhaling van die woord 'oor' in reël 11? [1]

9.1.5(b) Wat kan jy aflei uit die retoriese vraag in reël 12? [1]

9.1.6 Wat bedoel die spreker wanneer hy sê: 'nie een sou huil as hy bedank,' (Reël 14) [1]

9.1.7 Die spreker gebruik 'aapagtig' om te beklemtoon hoe ... die hanswors teen die takelwerk kon klim. A vinnig / B lomp / C moeilik / D stadig [1]

9.1.8 Kies die begrip in KOLOM B by KOLOM A: (a) 'en kromheid, het hul hom gekoggel,'; (b) 'die dood uittart, en, klein kabouter,'; (c) 'wat doen die vent met sy salaris?'; (d) 'Toe het 'n brief gekom eendag ...'. KOLOM B: A Retoriese vraag; B Wending; C Personifikasie; D Alliterasie; E Metafoor. [4]

9.1.9 Het jy simpatie met die hanswors (strofe 5)? Motiveer. [1]

9.1.10 Waarom is die woord 'verblind' (Reël 24) so gepas om die hanswors se hartseer te beskryf? [1]

Junie 2024

9.2.1(a) Watter fisiese pyn het die hanswors ervaar? [1]

9.2.1(b) Watter emosionele pyn het die hanswors ervaar? [1]

9.2.2 Die hanswors het baie van sy geld gebruik om klere te koop. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. [1]

9.2.3 'Sou daar tog êrens iemand wees?' (Reël 12) Wat suggereer hierdie vraag oor wat die sirkusmense van die hanswors dink? [1]

9.2.4 Verwys na strofe 4. Hoe het die ander sirkusmense se idee van die hanswors verskil van die baas se idee van hom? [2]

9.2.5 In watter spesifieke ruimte het die hanswors vir die ander mense gaan wegkruip? [1]

9.2.6 'dat almal skater vir die wonder,' (Reël 20) Waarna verwys hierdie wonder? [1]

9.2.7 Met watter dier word die hanswors vergelyk? [1]

9.2.8 Die funksie van die ellips aan die einde van reël 23 is om aan te dui ... [1]

9.2.9 Noem TWEE dinge waaruit ons kan aflei dat die vroutjie (laaste strofe) die hanswors se ma is. [2]

9.2.10 Kies die begrip uit KOLOM B by KOLOM A: (a) Reëls 17 tot 19; (b) 'Toe het 'n brief gekom eendag ...'; (c) 'sag, sterwend'. KOLOM B: A Alliterasie; B Klanknabootsing; C Inversie; D Bou momentum op. [3]

9.2.11 Waarom is die gebruik van die direkte rede in die laaste strofe effektief? [1]

9.2.12 Die hanswors se lewe is 'n goeie voorbeeld van ironie. Waarom laat hierdie ironie jou jammer voel vir die hanswors? [2]

Haar uitvaart Gedig

P.J. Philander

Al oor my dak het hul gemaal ...
dié voëltjies het vir haar kom haal.

Half-toegevoue vuisies klein
het ylings na die doodsgordyn

gegryp en dan weer moeg verslap ...
die sweet het langs haar slapies afgetap.

Haar ogies sien ek duidelik nog,
hul het vir my gesmeek om tog

te help ... die pyn te stil,
maar ek was magteloos teen Sy wil,

en halfweg na die hospitaal
het, asemloos, die dood ons ingehaal.

Ontleding & samevatting Studienotas

Digvorm

Die gedig bestaan uit 12 reëls en ses koeplette. Daar is ses strofes van twee versreëls elk (koeplette). Die rymskema van elke koeplet is paarrym.

Reël-vir-reël ontleding

Die titel: “Haar” dui op ʼn vroulike persoon. “uitvaart” dui op weggaan/dood. Progressie word uitgebeeld deur die dogtertjie wat siek is en dan sterwe.

Reël 1-2: Alliterasie van die h-klank bind die gedig tot eenheid. Figuurlike betekenis (reël 2): dit wys op die dogtertjie se dood wat al hoe nader kom (eufemisme). Ellips in reël 1, 5 en 9 dui op ruspouses wat die spreker (pa) neem om te wys hoe moeilik dit vir hom is om oor die dood van sy dogtertjie te praat. “dié” verwys na spesifieke voëltjies. Die gebruik van die verkleinwoorde beklemtoon/versterk die gedagte dat die dogtertjie nog klein is (reëls 2, 3, 6 en 7).

Reël 3-4: Inversie (omgekeerde woordorde) kom in versreël 3 voor. Inversie word aangewend ter wille van die rymskema (“vuisies klein” moet “klein vuisies” wees). Die dogtertjie lê in pyn met haar vuisies wat half toe is. Sy het koors en sy gryp na iets (dood) en …

Reël 5-6: … maak dan weer die handjies oop. Die pyn laat die sweet teen haar slape afloop. Die ellips wys weereens op die pa se emosionele ervaring van die dogtertjie se siektetoestand.

Reël 7-8: Reël 7–12 dui op die spreker (pa) se innerlike gevoelens. Die spreker onthou hoe haar oë hom gesmeek het …

Reël 9-10: … om haar te help om die pyn weg te vat, maar hy weet dat sy gaan sterf en hy kon niks doen om haar pyn weg te vat nie. Dis Sy wil dat die dogtertjie gaan sterf. Die ellips in reël 9 dui steeds daarop dat die pa sukkel om woorde te vind vir die dogter se pyn.

Reël 11-12: Halfpad na die hospitaal is die dogtertjie dood. Inversie (reël 12): word gebruik ter wille van rymdwang en om te beklemtoon dat die dood hulle saggies ingehaal het. Alliterasie: herhaling van die h-klank bind die gedig tot ʼn eenheid.

Opsomming

Strofes 1-3: Die punt aan die einde van versreël 6 dui die skeiding aan (versreël 1–6): die pa se uiterlike waarneming van die dogtertjie se stryd teen die dood.

Strofes 4-6: Versreël 7–12 dui op die pa se innerlike gevoelens.

Die gedig is ʼn hartseer verhaal van ʼn vader wat sien hoe sy siek dogtertjie doodgaan. Hy kan haar nie help nie en sy sterf in sy arms.

Tema en boodskap

Tema: Die dood.

Boodskap: Die dood is onvermydelik. ʼn Ouer beleef baie pyn en magteloosheid wanneer ʼn kind stadig voor hom/haar sterf.

Beeldspraak en stylfigure

  • Reël 5: Daar is ʼn kontras tussen die “gegryp” en “verslap”. Dit beklemtoon die intensiteit van haar siekte.
  • Reël 12: Personifikasie: die dood is “asemloos” en het die pa en sy dogter “ingehaal” asof dit menslike eienskappe het.

Toon en stemming

Toon: Die digter skep spanning met die manier waarmee hy die naderende dood visualiseer.

Stemming: somber/hartseer.

Flitskaarte 10 kaarte

Tik 'n kaart om dit om te draai.

Wie is die digter?
P.J. Philander
Wie is die spreker?
'n Pa wat sy dogtertjie aan die dood afstaan.
Wat is die tema?
Die dood/afsterwe van 'n kind.
Wat is die atmosfeer?
Somber / hartseer.
'die voeltjies het vir haar kom haal' = ?
'n Eufemisme vir sterf.
Wat is die rympatroon?
Paarrym (aa bb cc).
'magteloos teen Sy wil' beteken?
Die pa kon niks doen nie; dit was God se wil.
Wat beteken 'asemloos'?
Sy het opgehou asemhaal / gesterf.
Wat wys haar hoe koors?
Die sweet loop by haar slape af.
'doodsgordyn' = watter beeld?
'n Metafoor vir die dood.
Telling: 0 / 0

September 2024

9.2.1(a) Watter soort spreker is hier aan die woord? [1]

9.2.1(b) Wie is die spreker? [1]

9.2.2 Reël 2 is 'n voorbeeld van 'n eufemisme. Wat bedoel die spreker met 'die voëltjies het vir haar kom haal'? [1]

9.2.3 Hoe sal jy die atmosfeer in hierdie gedig beskryf? [1]

9.2.4(a) Skryf die metafoor in strofe 2 neer. [1]

9.2.4(b) Verduidelik wat die digter met hierdie metafoor wou illustreer. [1]

9.2.5 Wat, in strofe 3, dui vir ons aan dat die dogtertjie 'n baie hoë koors het? [1]

9.2.6 Watter deel van die dogtertjie se gesigsuitdrukking kan die spreker steeds onthou? [1]

9.2.7 Die digter gebruik ... om die dogtertjie se pyn en swakheid te beklemtoon. A kommas / B aksenttekens / C ellips / D enjambement [1]

9.2.8 Sou jy sê dat die dogtertjie gely het? Ja of Nee. Motiveer. [1]

9.2.9(a) Die spreker gebruik verkleinwoorde om te beklemtoon hoe (klein/siek) die dogtertjie was. [1]

9.2.9(b) Waarom dink jy het die dogtertjie haar handjies in vuisies gemaak? [1]

9.2.10 Haal EEN woord uit strofe 5 aan wat aandui dat die spreker niks kon doen om die dogtertjie te help nie. [1]

9.2.11 Wat is die tema van die gedig? [1]

9.2.12 Wat beteken die woord 'asemloos' binne die konteks van reël 12? [1]

9.2.13 Beskryf in jou eie woorde die betekenis van die titel 'Haar uitvaart'. [1]

9.2.14 Watter raad sal jy vir iemand gee om die dood van 'n geliefde te verwerk? [1]

Junie 2025

9.2.1 Skryf in jou eie woorde hoe die titel en strofe 1 by mekaar aansluit. [2]

9.2.2 Haal TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit strofe 2 aan om aan te dui dat die dogtertjie baie jonk was. [1]

9.2.3 Ons kry omarmde rym in hierdie gedig. Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. [1]

9.2.4(a) Uit reëls 7 tot 9 kan ons aflei dat die dogtertjie (onrustig/rustig) was terwyl sy na die spreker gekyk het. [1]

9.2.4(b) Motiveer jou antwoord in jou eie woorde. [1]

9.2.5(a) Waarna verwys 'kom haal' in reël 2? [1]

9.2.5(b) Hoe het dit in strofe 6 verander? [1]

9.2.6(a) Waarom is die gebruik van die ellips in reël 9 so gepas? [1]

9.2.6(b) Watter insident in die slotstrofe hou direk verband met die woorde 'pyn te stil' (reël 9)? [1]

9.2.7 Kies die begrip uit KOLOM B by KOLOM A: (a) 'dié voëltjies het vir haar kom haal'; (b) 'Half-toegevoue vuisies klein'; (c) 'maar ek was magteloos teen Sy wil'. KOLOM B: A inversie; B metafoor; C eufemisme; D wending. [3]

9.2.8(a) Watter emosie het jy ervaar nadat jy hierdie gedig gelees het? [1]

9.2.8(b) Waarom kan jy waardering hê vir die pa in hierdie gedig? [1]

9.2.9 Watter rol speel 'Sy wil' (reël 10) in hierdie gedig? [1]

9.2.10 Waarom is die boodskap in hierdie gedig iets wat ons almal moet onthou? [1]

Krisis Gedig

Elizabeth Eybers

Dis hier wat ons twee skei – jy, Hart, en ek,
albei tot afskeid so onvoorbereid.
Die weg was lieflik waarlangs jy gelei't
maar dis verby, al staar jy terug. Nou strek
die pad langs klowe, afgrond en moeras.
Voortvarend en 'n lafaard soos altyd
en nooit in staat tot enige besluit
en siek daarby, is jy nou net 'n las.

Jy was die gas en gasheer by die fees,
die seremoniemeester en die nar:
jou dwase raad kan net die Hoof verwar
waar elke tree die laaste tree mag wees.
Kyk, dit word laat, die kermis is verby,
kan jy dit nie begryp? Hier moet ons skei.

Ontleding & samevatting Studienotas

Opsomming

Krisis (titel) dui op die stryd tussen die “Hart” wat verwys na die spreker se emosies en die “Hoof” wat verwys na die spreker se verstand/rede.

Die gedig is so geskryf dat ʼn metafoor deur die hele gedig volgehou word, naamlik: die hart word vergelyk met emosie en die hoof word vergelyk met die verstand. Hierdie sinnebeeld dui op die innerlike stryd/krisis van die spreker.

Boodskap en tema

Die tema verwys na die innerlike krisis tussen die hart en die verstand (rede/hoof).

Die boodskap is ten nouste met die tema verweef. Dit is die universele waarheid dat ʼn mens besluite moet neem met jou verstand of jou hart.

Digvorm

  • Die gedig word gekenmerk as ʼn Italiaanse Sonnet.
  • In die oktaaf word die emosies van die hart bespreek, maar die verstand (denke) voel dat die spreker “voortvarend” is en soos ʼn “lafaard” optree.
  • In reël 8 is daar ʼn gevoel van bitterheid omdat die hart as “siek” en ʼn “las” beskryf word.
  • In die sestet verteenwoordig die “jy” verskillende rolle, naamlik die “gas” en “gasheer” en ook die “seremoniemeester” en “nar”.
  • Daar is ʼn gevoel van bitterheid in reël 11 (net soos in reël 8), nl. dat die spreker voel “die kermis is verby,” omdat die spreker onaangename ervarings het en dat die “doellose lewe” tot ʼn einde moet kom.
  • Die laaste twee versreëls sluit aan by die eerste twee versreëls waar dit duidelik is dat die emosies en rede moet skei. Dit bind die gedig tot ʼn hegte eenheid.

Reël-vir-reël ontleding

Reël 1: Die funksie van die aandagstreep is om klem te lê op die twee mense ter sprake. Die gebruik van die kommas dui op die verskillende persone betrokke in die gedig, naamlik “jy” (die hart) en “ek” (die verstand).

Reël 2: “Albei” (ek en jy) is nie voorbereid om afskeid te neem nie (totsien te sê).

Reël 3: Elisie word gebruik om aan te sluit by die rymskema. “gelei’t” – dit moes “gelei het” wees.

Reël 4: “maar” dui op ʼn wending omdat haar hart haar mooi gelei het, maar dit is nou verby.

Reël 5: Enjambement – reël 4 gaan oor na reël 5 sonder die gebruik van leestekens om die gedagte ʼn eenheid te maak. Die skeiding sal moeilik wees.

Reël 6-7: “Voortvarend” verwys na iets haastig doen sonder om daaroor te dink. Die hart word vergelyk met ʼn “lafaard”.

Reël 8 is vol bitterheid, want die hart is nou net ʼn las.

Reël 9-10: Teenstrydigheid: “gas” en “gasheer” asook “seremoniemeester” en “die nar” verwys na die emosies. Die funksie van die dubbelpunt is dat daar ʼn verduideliking volg.

Reël 11-12: Die enjambement verbind die gedagte as geheel, naamlik dat die hart (emosie) se raad die hoof (denke/rede) gaan oorheers.

Reël 13: Die gebruik van kommas verstadig die tempo van die versreël. Hier is die besef dat die verstand/rede en emosies/hart moet skei.

Reël 14: Dit is ʼn voorbeeld van ʼn retoriese vraag. Die laaste twee versreëls beklemtoon die spreker se finale besluit. Die laaste twee versreëls sluit by die eerste twee versreëls aan en vorm dus ʼn eenheid.

Beeldspraak en stylfigure

  • Reël 1: Personifikasie: “Hart” word met ʼn hoofletter geskryf. Dit is dus ʼn eienaam. Die hart word gepersonifieer (vermenslik).
  • Reël 2: ʼn Voorbeeld van assonansie – herhaling van die a-klank asook die ei-klank.
  • Reël 3: ʼn Voorbeeld van alliterasie – herhaling van die w-klank. “gelei’t” is ʼn voorbeeld van elisie – moet “gelei het” wees. Elisie is gebruik ter wille van die rympatroon en ritme.
  • Reël 9: ʼn Voorbeeld van alliterasie – herhaling van die g-klank.

Toon en stemming

Toon: Die toon is somber/donker omdat skeiding tussen rede en emosie aangespreek word.

Stemming: Die stemming dui op die aanvanklike verwarring wat die spreker ervaar met besluite wat sy met haar hart in plaas van die verstand geneem het. Dan neem die spreker ʼn besliste besluit en kies haar verstand (rede) bo haar emosies (hart).

Flitskaarte 8 kaarte

Tik 'n kaart om dit om te draai.

Wie is die digter?
Elizabeth Eybers
Watter soort gedig is dit?
'n Italiaanse (Petrarca) sonnet: oktaaf (8) + sekstet (6).
Wie is die twee 'karakters'?
Die Hoof (verstand) en die Hart.
Watter tegniek maak hulle mense?
Personifikasie / hoofletters.
Wat is die boodskap?
Soms moet jy na jou verstand luister eerder as jou hart.
Waarom is die Hart 'n 'las'?
Dit is voortvarend, 'n lafaard, besluiteloos en siek.
Watter idee word herhaal?
'skei' - hulle moet skei.
Waarom pas die titel 'Krisis'?
Die stryd tussen Hoof en Hart is 'n krisis.
Telling: 0 / 0

September 2025

9.1.1 Wie is die spreker in die gedig? [1]

9.1.2(a) Noem TWEE beledigings, uit strofe 1, wat volgens die spreker die hart se karaktertrekke beskryf. [2]

9.1.2(b) Stem jy saam dat die hart 'n las kan wees? Motiveer. [1]

9.1.3(a) Die spreker (twyfel / is oortuig dat) die hart en hoof moet skei. [1]

9.1.3(b) Dink jy die spreker sal deurgaan met hierdie skeiding? Motiveer. [1]

9.1.4 Voltooi oor versvorm en strofebou: Hierdie gedig word 'n (a) ... sonnet genoem. Dit bestaan uit 'n (b) ... (8 reëls) en 'n (c) ... (6 reëls). Die gedig het ook 'n (d) ... rymskema. [4]

9.1.5(a) Lees Reël 1. Wat is die funksie van die aandagstreep? [1]

9.1.5(b) Watter emosie word deur die woord 'skei' uitgebeeld? [1]

9.1.6 Die spreker gebruik personifikasie om te beklemtoon hoe die mens se hart soos 'n ... [1]

9.1.7 Kies die begrip in KOLOM B by KOLOM A: (a) 'Dis hier wat ons twee skei – jy, Hart, en ek,'; (b) 'albei tot afskeid so onvoorbereid'; (c) 'Jy was die gas en gasheer by die fees,'. KOLOM B: A Elisie; B Teenstelling; C Personifikasie; D Assonansie. [3]

9.1.8 Wat is die boodskap van hierdie gedig? [1]

9.1.9 Sal jy ooit weer na jou hart luister? Motiveer. [1]

November 2025

9.1.1 Wie is die spreker in hierdie gedig? [1]

9.1.2 Skryf EEN woord uit strofe 1 neer wat vir ons sê dat die Hoof en die Hart nie reg is vir die skeiding nie. [1]

9.1.3 Gee TWEE redes waarom die Hoof voel dat die Hart 'n 'las' is. [2]

9.1.4 Voltooi: Die Hart kies om die goeie tye te (a) (onthou/vergeet). Die Hoof verduidelik (b) (rustig/ongeduldig) dat hulle tyd verby is. [2]

9.1.5 Watter tegniek gebruik die digter om die Hoof en die Hart as mense voor te stel? [1]

9.1.6 Watter negatiewe impak het die Hart volgens reël 7 op die Hoof gehad? Verduidelik in jou eie woorde. [1]

9.1.7 Die Hoof stem nie altyd saam met die advies van die Hart nie. Haal TWEE OPEENVOLGENDE woorde aan waarom die stelling WAAR is. [1]

9.1.8 '..., die kermis is verby,' (Reël 13) Met hierdie woorde bedoel die Hoof dat ... [1]

9.1.9 Beskryf die pad wat die Hoof en die Hart geloop het deur die vier gebeure in die korrekte VOLGORDE te skryf: Die Hoof het die Hart nie meer nodig nie / Die Hoof en die Hart se pad saam het sleg begin word / Hulle het aan die einde van hulle pad saam gekom / Die pad wat hulle saamgeloop het, was mooi. [4]

9.1.10 Waarom is die herhaling van die skei-idee (reël 1 en die laaste vier woorde) effektief? [1]

9.1.11 Waarom kan jy met die innerlike konflik in die gedig identifiseer? [1]

9.1.12 Waarom kan ons sê dat die titel 'Krisis' by die inhoud pas? [1]

Wetenskapmannetjies Gedig

Antjie Krog

Julle sit onder swart teleskope
en kyk na die son
tot julle besef dat julle nooit daar sal kom.
Pateties bepaal julle dan die ligjare
en vertel dat die son as't ware
inkrimp en eendag gaan verdwyn.

Ons sit maar hoog op die windpomp
en kyk hoe die son sy kop stamp
teen die rant
hoe hy bloei
hoe die vaal lug gloei
hoe die bome tot silhoeëtte verskroei.

daarom, liewe menere, teken ek klawertjies
tussen my huiswerk, kry ek 26%
want ek luister eerder na
die verdwaalde korhaan
tussen die bossies by die tennisbaan
ek kwadreer liewer my vreugdes
en vind dan die logaritme van my hartseer
want syfers bring eensaamheid
wat geen mens kan keer.

Ontleding & samevatting Studienotas

Digvorm

Wetenskapmannetjies kan as ʼn vrye vers beskou word. Die strofes is nie ewe lank nie. Die versreëls is nie ewe lank nie. Daar is geen vaste rympatroon nie, alhoewel daar paarrym (versreël 3 en 4) en kruisrym (versreël 19 en 21) voorkom. Die gedig bestaan uit 21 versreëls. Daar is vier strofes.

Titelverklaring

Die titel (Wetenskapmannetjies) verwys na wetenskaplikes. Die titel is in die verkleiningsvorm geskryf. Dit is verkleinerend/negatief (mannetjie – klein mans).

Reël-vir-reël ontleding

Reël 1: “Julle” is die wetenskapmannetjies. “onder” het ook ʼn negatiewe konnotasie en beklemtoon die verkleiningsvorm. Alliterasie: herhaling van die s-klanke. Funksie: beklemtoon die spanning/stilte wat die wetenskaplikes ervaar terwyl hulle wetenskaplik na die son kyk.

Reël 2: “Julle” spandeer al hulle tyd deur wetenskaplik na die son te kyk. Hulle waardeer nie die son nie.

Reël 3: Letterlik/denotatief: die wetenskaplikes sal nooit by die son uitkom nie.

Reël 4: “Pateties” is negatief en verkleinerend. Niemand kan ligjare presies bepaal nie. Inversie/omgekeerde woordorde. Funksie: beklemtoon die woord “pateties”.

Reël 5-6: “as’t ware” is ʼn taalfossiel (argaïese gebruik) wat “so te sê” beteken. Die spreker twyfel in hierdie teorie. Die spreker is nie seker dat die son regtig inkrimp en eendag gaan verdwyn nie.

Reël 7: “Ons” is die spreker en sy/haar maats. “Ons” sit “hoog” en staan in kontras met “Julle” wat “onder” swart teleskope sit (r. 1). ʼn Windpomp is ʼn waterpomp wat uit ʼn ystertoring bestaan met ʼn wiel bo aan wat deur die wind gedraai word.

Reël 8: Die spreker kyk met waardering na die sonsondergang. Alliterasie: herhaling van die s-klanke. Beklemtoon wat die spreker en sy/haar maats sien wanneer hulle na die son kyk.

Reël 9: Die plek waar die son ondergaan.

Reël 10: Rooi kleur van die sonsondergang.

Reël 11: Hoe verder die son ondergaan, hoe meer versprei die rooi kleur in die lug. Alliterasie: herhaling van die l-klanke. Beklemtoon die verandering van die kleur van die lug wanneer die son ondergaan.

Reël 12: As die son ondergegaan het, is net die donker skaduwees van die bome sigbaar.

Reël 13: “Daarom” is ʼn redegewende voegwoord. “Liewe menere” is sarkasties bedoel. Sy hou nie van hulle nie. Sy teken eerder “klawertjies” as wat sy huiswerk doen. “Klawer” simboliseer geluk.

Reël 14: Die spreker kies geluk bo ʼn slaagsyfer. 26% is ʼn druipsyfer.

Reël 15-17: In plaas van huiswerk doen, kies die spreker om die natuur te waardeer deur daarna te luister en daarna te kyk (sintuiglike waarneming).

Reël 16: “verdwaalde”: die korhaan het sy pad verloor/verdwaal en is by die skool se tennisbaan en nie in die oop veld nie. ʼn “korhaan” is ʼn grondvoël wat gewoonlik in die oop veld voorkom en ʼn skor geluid maak.

Reël 17: Die korhaan moet in die oop veld wees, maar is tussen die bossies by die skool se tennisbaan.

Reël 18-21: Die spreker gebruik wiskundeterme en die woord “vreugdes” om sy/haar keuse te verduidelik. “kwadreer” beteken om ʼn getal te vermenigvuldig. Die spreker vermeerder die dinge wat haar/hom gelukkig maak. Reël 19: die spreker werk daaraan om haar/sy hartseer se “logaritme” te vind. Reël 20: die rede vir hierdie keuse is om eerder op vreugde en geluk te fokus; sy wil nie eensaam wees nie. Reël 21: Wetenskap isoleer wetenskaplikes en hulle vereensaam.

Opsomming

Strofe 1: In die eerste strofe beskryf die spreker die wetenskaplikes en wat hulle doen. Die spreker is sarkasties. Die wetenskap van die son hou hulle so besig dat dit “ensaamheid” (reël 20) veroorsaak.

Strofe 2: In die tweede strofe word beskryf wat die spreker en haar maats doen. Hulle waardeer die natuur. Strofe 2 staan in kontras met strofe 1.

Strofe 3: Die wending vind in strofe 3 plaas.

Strofe 4: In die vierde strofe word die redes vir die negatiewe gevoel teenoor wetenskaplikes gegee.

  • Die gedig “Wetenskapmannetjies” kom uit Antjie Krog se eerste bundel Dogter van Jefta, toe sy nog op skool was.
  • Die spreker neem ʼn negatiewe houding in teenoor die “wetenskaplikes” (in wat “ons” wil leer oor die wetenskap, wiskunde en die sonnestelsel).
  • Vir die spreker is akademie nie so belangrik soos waardering van die natuur nie. Sy/Hy is ʼn kind wat na die natuur kyk en dit waardeer sonder om enigiets te verklaar.
  • Vir hom/haar is emosies soos pyn en vreugde belangriker as wiskundige terminologie.
  • Volgens hom/haar fokus die “Julle” op syfers en dit veroorsaak eensaamheid, terwyl vreugde en hartseer vir “ons” belangriker is as om goed te doen in akademie.

Tema en boodskap

Die tema van die gedig is die negatiwiteit teenoor wetenskaplikes.

Die boodskap uit die gedig is dat mens nie altyd wetenskaplik na die son/natuur moet kyk nie.

Beeldspraak en stylfigure

  • Titel: Litotes: iets wat groter betekenis het, word minder belangrik gemaak. Funksie: die spreker dink min van wetenskaplikes.
  • Reël 1-6: Enjambement kom voor in vrye vers om die gedig tot ʼn eenheid te bind. Dit help ook om ʼn aaneenlopende, vloeiende indruk te skep.
  • Reël 5-6: Elisie: ʼn letter word uit die woord weggelaat. Dit word gedoen ter wille van ritme. Betekenis: as dit sou wees. Die spreker is dus nie seker dat die son regtig gaan verdwyn nie.
  • Reël 8 en 10: Personifikasie: die son kry menslike kwaliteite soos “kop” en “hy bloei”. Funksie: beklemtoon hoe mooi die sonsondergang is.
  • Reël 10-12: Al die reëls begin met dieselfde woord – “hoe”. Twee van die reëls se tweede woord is ook dieselfde – “die”. Die herhaling lei tot beklemtoning van die prag van die sonsondergang.
  • Reël 1-12: Kontras: “Julle” (Wetenskapmannetjies) staan in kontras met “ons” (die spreker en sy/haar maats). Hulle dink anders oor die lewe.
  • Reël 13: Apostroof: die spreker praat direk met die wetenskaplikes en is sarkasties. Sy hou nie van hulle nie. “klawertjies” simboliseer geluk. Dit maak haar gelukkig om klawers te teken.
  • Reël 14: Ironies: die klawertjies bring haar nie geluk wanneer sy toets skryf nie (26% is ʼn druippunt).

Flitskaarte 9 kaarte

Tik 'n kaart om dit om te draai.

Wie is die digter?
Antjie Krog
Watter soort gedig is dit?
'n Vrye vers.
Wat is die toon teenoor die wetenskaplikes?
Sarkasties.
Kontras 'julle' teenoor 'ons'?
Wetenskaplikes onder teleskope teenoor die spreker hoog op die windpomp.
Waarom is die wetenskaplikes 'pateties'?
Hulle sien nie die skoonheid van die natuur raak nie.
Wat is die spreker se wetenskappunt?
26%.
'die son sy kop stamp / bloei' = ?
Personifikasie.
Watter sintuig verkies die spreker?
Gehoor (die korhaan).
Wat is die tema?
Die natuur/kunste bo koue wetenskap; syfers bring eensaamheid.
Telling: 0 / 0

September 2025

9.2.1 Hierdie gedig se titel is 'Wetenskapmannetjies'. Skryf TWEE tipe mense neer na wie hierdie titel kan verwys. [2]

9.2.2 Watter woorde is in direkte kontras met mekaar in strofe 1 en 2? [1]

9.2.3 In watter ruimte bevind die spreker haarself? [1]

9.2.4(a) Dui die alliterasie in strofe 1 aan. [1]

9.2.4(b) Verduidelik die funksie van die alliterasie in strofe 1. [1]

9.2.5 Wat maak die wetenskapmannetjies so pateties? [1]

9.2.6 Die stemtoon van die spreker teenoor die wetenskaplikes is ... [1]

9.2.7 Dink jy dat die spreker goed met Wetenskap is? Ja of Nee. Motiveer. [1]

9.2.8(a) Die spreker gebruik die beeld van 'n (brand/vuurwerkvertoning) om die sonsondergang te beskryf. [1]

9.2.8(b) Motiveer jou antwoord deur TWEE woorde uit strofe 2 aan te haal. [2]

9.2.9(a) Noem EEN sintuig wat die spreker gebruik om die natuur mee waar te neem (strofe 3). [1]

9.2.9(b) Dink jy die spreker maak goed gebruik van hierdie sintuig? Ja of Nee. Motiveer. [1]

9.2.10 Die funksie van die enjambement in reël 15 tot 17 is om ... [1]

9.2.11 Kan jy met die spreker van hierdie gedig identifiseer? Motiveer. [1]

9.2.12 Watter raad kan jy vir iemand gee om hulle Wetenskappunte te verbeter? [1]

Junie 2025

9.1.1 Voltooi met woorde uit die gedig: Die spreker spreek die wetenskaplikes as 'julle' en (a) ... aan. Die woord (b) ... dui op die rede waarom wetenskap nie vir die spreker belangrik is nie. Die spreker sal eerder na die korhaan op die (c) ... kyk. Die spreker sal eerder klawertjies teken as om die (d) ... goed te doen. [4]

9.1.2 Watter negatiewe inligting probeer die wetenskaplikes vir die mens in strofe 1 gee? [1]

9.1.3 Hoe weet ons volgens strofe 1 dat die spreker nie met die wetenskaplikes se navorsing beïndruk is nie? Haal 'n reël aan. [1]

9.1.4 In watter ruimte is die ek-spreker die gelukkigste? [1]

9.1.5 Lees reëls 10 tot 12. Watter tegnieke gebruik die digter om die spreker se beskrywing van die son te beklemtoon? Noem TWEE. [2]

9.1.6 In strofe 2 gebruik die digter personifikasie. Watter fisiese menslike eienskappe gee die digter aan die son? Noem TWEE. [2]

9.1.7 Gee EEN rede waarom hierdie gedig 'n vrye vers is. [1]

9.1.8 Die spreker se toon teenoor die wetenskaplikes kan as ... beskryf word. A respekvol / B opstandig / C sarkasties / D waarderend. [1]

9.1.9 Skryf die gedagtes van die spreker in die korrekte VOLGORDE: Die spreker gee redes waarom hy so negatief oor die wetenskaplikes is / Die spreker dink wetenskaplikes kyk sonder emosie na die omgewing / Die spreker vertel waarom hy nie goed is in wetenskap nie / Die spreker bewonder die natuurskoon. [4]

9.1.10 Hoe slaag die digter daarin om die spreker se gedagtes met wetenskap in verband te bring? [1]

Die Dans van die Reën Gedig

Eugène N. Marais

Lied van die vioolspeler, Jan Konterdans, uit die Groot Woestyn

O die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
en haar oge is skaam;
en sy lag saggies.
En van ver af wink sy met die een hand;
haar armbande blink en haar krale skitter;
saggies roep sy.
Sy vertel die winde van die dans
en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.
Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop,
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies:
"Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!"
En haar krale skud,
en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
sy trap af van die hoogte;
sy sprei die vaalkaros met altwee arms uit;
die asem van die wind raak weg.
O, die dans van ons Suster!

Ontleding & samevatting Studienotas

Subtitel

Die gedig is ʼn “lied” van blydskap oor die koms van die reën. Die subtitel verwys na die plek waar die reën uitsak.

Digvorm

Die gedig is ʼn vrye vers. Die gedig bestaan uit 3 strofes en 24 reëls. Daar is nie ewe veel reëls in elke strofe nie. Geen vaste rympatroon nie. Die hele gedig is ʼn dans voor die koms van die reën. Die reën word deur personifikasie as ʼn vrou voorgestel. Die subtitel gee vir ons die agtergrond vanwaar die gedig afspeel. Die natuurdinge word spelers in die verbale oorlewing van geslag tot geslag van hoe dit in die woestyn lyk en hoe dit ervaar word as die reën kom.

Reël-vir-reël ontleding

Die titel: Eers is daar tekens dat dit gaan reën. Die grootvolk en kleinvolk reageer daarop. Dan begin dit sag reën en later reën dit hard. Daar is dus progressie in die gedig. Die gebeure ontwikkel.

Reël 1: “O” word in die lied gebruik as uitroep van blydskap (dit word herhaal in reël 24). Die woord “dans” verwys na ʼn heuglike gebeurtenis. “Suster” word met ʼn hoofletter geskryf. Die reën word deur personifikasie uitgebeeld as “ons Suster”. Alliterasie van die s-klank beklemtoon die dans van ons Suster (suisgeluid van die wind).

Reël 2: Inversie: woordorde word omgeruil. Funksie van die inversie is om die manier waarop sy kyk, te beklemtoon. Die ses aksies: loer, lag, wink, roep, vertel en nooi (versreël 2–9). Die reën se koms word eers as terughoudend/subtiel beskryf. “loer” verwys na die weerlig wat oor ʼn afstand begin blits.

Reël 3-4: “skaam” wys daarop dat die reën nog nie ten volle uitgesak het nie. “lag saggies” wys daarop dat die donderweer oor ʼn afstand gehoor word. Tipografie (inkeping) beklemtoon die tekens van die reën wat al hoe nader kom.

Reël 5-6: In reël 5 roep sy almal nader na die groot gebeurtenis van die reën. Die weerlig word voorgestel deur haar armbande en krale (juwele) wat blink en skitter.

Reël 7-9: Die winde begin waai. Sy nooi almal uit, want die gebied waar die feestelike/gelukkige gebeurtenis (die reën) gaan plaasvind, is groot. Alliterasie van die ‘w’-klank verwys na die suisgeluid van die wind.

Reël 10-14: Die groot wilde diere kom ook nader om die geleentheid te aanskou. Hulle beleef die koms van die reën met hul sintuie: ruik, voel/proe en kyk. Reël 10 – hulle kom vinnig van die vlaktes af nader. Reël 11 – hulle kom bymekaar op die heuwel se hoogste top. Reël 12 – hulle ruik die reën. Reël 13 – hulle ervaar (voel) die wind; die wind waai nou sterk. Reël 14 – hulle kyk eerbiedig na die klein/eerste druppels wat op die grond val.

Reël 15-17: Die insekte en klein goggas onder die grond is ook bewus van die reën wat nader kom. In reël 16 beweeg hulle eerbiedig nader en sing respekvol. Na die dubbelpunt volg die ekstatiese/vreugdevolle woorde wat hulle gaan sing. Reël 17 is die lied wat hulle sing. Die reën word weer as “Ons Suster” aangespreek. Die herhaling van “Ons Suster!” in reël 17 dui op die blydskap en dat die reën vir hulle soos familie voel. Tipografie beklemtoon die beweging van die diere.

Reël 18-20: Dit reën harder. Reël 18 vertel dat die donderweer harder word. In reël 19 word die koperringe (juwele) met weerlig vergelyk. Die son raak weg/verdwyn. Die verdwynende son word voorgestel as die rooi-geel vere van die bergarend.

Reël 21-24: In hierdie versreëls sien ons hoe die reën nader kom. In reël 22 word die reën as ʼn vaal/grys kombers gesien wat oopgegooi word oor ʼn groot gebied. In reël 23 hou die wind op met waai en die reën sak nog harder uit. Reël 24: die “O” dui op die blydskap, soos in reël 1. Die herhaling van reël 1 in reël 24 bind die gedig tot ʼn eenheid.

Opsomming van strofes

Strofe 1:

  • Daar is tekens van die reën wat naderkom. Die reën wat nader kom, word as ʼn dans gesien. Die woord ‘O’ is ʼn teken van blydskap. Die reën se koms word eers as terughoudend/subtiel beskryf: loer, lag, wink, roep, vertel en nooi.
  • Die reën word met ʼn bruilof, wat ʼn heuglike okkasie/gebeurtenis is, vergelyk. Die diere word uitgenooi na die bruilof.
  • Die area/plek waar dit gaan plaasvind, is groot (werf is wyd).

Strofe 2:

  • Hier word die diere, wilde diere en insekte, bewus van die reën wat naderkom en gaan neerval. Die diere neem die koms van die reën meestal deur hul reuk- en gehoorsintuie waar.
  • Die grootwild hardloop almal na die bulttop. Hulle ruik die reën en voel dat die wind al sterker word. Hulle buk af en sien die eerste reëndruppels op die grond.
  • Die klein diertjies, onder die grond, hoor hoe die reën begin val, kruip nader en sing saggies uit respek vir die reën. Hulle beskou die reën as familie en is baie bly om haar te sien.

Strofe 3:

  • Hier sak die reën behoorlik uit. Daar is donderweer, weerlig en die son raak weg. Die reën kom van ver af nader in die vorm van ʼn vaal kombers wat gesprei word. Die wind is ook nou stil. Ons hoor weer die lied.
  • Versreël 24 is ʼn herhaling van versreël 1, en so word die gedig tot ʼn eenheid gebind.

Opsomming van die gedig:

  • Die hele gedig kan gesien word as personifikasie van die reën. Die reën word as Suster uitgebeeld. Suster word met ʼn hoofletter geskryf, omdat dit die naam is wat vir die reën gegee word.
  • Subtitel: die reën sak uit oor die Groot Woestyn. Dit dek ʼn groot gebied of area.

Tema en boodskap

Die tema van die gedig is blydskap oor die reën.

Die boodskap is: mens en dier in droë gebiede is baie bly om die langverwagte reën te sien.

Beeldspraak en stylfigure

  • Reël 1: Metafoor: die reën is “ons Suster”. Daarom word dit met ʼn hoofletter geskryf. Personifikasie: die menslike eienskap van dans word aan die reën gegee.
  • Titel: Deur personifikasie word die reën regdeur die gedig as ʼn vrou voorgestel.
  • Reël 7-9: Personifikasie: die wind wat waai klink vir die spreker soos ʼn mens wat saggies roep, die nuus oordra en hulle uitnooi.
  • Reël 18: Metafoor: die donderweer word aan “krale” gelykgestel. Klanknabootsing: die donderweer klink soos krale wat “skud”.
  • Reël 19: Metafoor: die weerlig word metafories vergelyk met koperringe wat blink in die son.
  • Reël 23: Personifikasie: die wind wat ophou waai, is vir die spreker soos asem wat wegraak.

Toon en stemming

Toon: Die leser ervaar ʼn gevoel van dankbaarheid en blydskap.

Stemming: Die stemming is aanvanklik rustig, maar namate die gedig vorder ervaar die leser die opgewondenheid oor die reën wat naderkom.

Flitskaarte 10 kaarte

Tik 'n kaart om dit om te draai.

Wie is die digter?
Eugene N. Marais
Wie is die 'Suster'?
Die reen, gepersonifieer as 'n danseres.
Wat is die ruimte?
Die Groot Woestyn / Kalahari.
Watter soort gedig is dit?
'n Vrye vers.
Waarmee word die reen se koms vergelyk?
'n Troue / bruilof.
Wat is die tema?
Vreugde en dankbaarheid oor die langverwagte reen.
Wie is 'die kleinvolk'?
Klein diertjies diep onder die grond.
Wat is die toon van die diere?
Dankbaar.
'wyd rek hulle die neusgate' = ?
Die grootwild ruik die reen.
Wie sing hierdie lied?
Jan Konterdans, die vioolspeler.
Telling: 0 / 0

November 2024

9.1.1 Na watter spesifieke ruimte verwys 'Groot Woestyn' in hierdie gedig? [1]

9.1.2 Voltooi met woorde uit die gedig: Hierdie gedig is 'n (a) ..., en almal is bly oor die reën. Die grootwild kom op die (b) ... bymekaar om vir die reën te wag. Die kleiner diertjies is so bly dat hulle (c) ... Uiteindelik raak die (d) ... weg en die wind stop. [4]

9.1.3 Met watter vrolike gebeurtenis word die koms van die reën in strofe 1 vergelyk? [1]

9.1.4 Haal EEN reël uit die gedig aan wat vir ons sê dat die grootwild die reën ruik. [1]

9.1.5 Lees reël 17. Watter TWEE tegnieke gebruik die digter om die kleinvolk se blydskap oor die koms van die Suster te beklemtoon? [2]

9.1.6 Daar is baie personifikasie in hierdie gedig. Gee TWEE aparte woorde uit strofe 3 wat op die Suster se liggaamsdele fokus. [2]

9.1.7 Gee EEN rede waarom hierdie gedig 'n vrye vers is. [1]

9.1.8 Die toon in hierdie gedig sê vir ons dat die diere ... is oor die reën. A kwaad / B hartseer / C dankbaar / D bekommerd [1]

9.1.9 Beskryf die koms van die reën deur die gebeure in die korrekte VOLGORDE te skryf: Daar is weerlig en blitse / Die reën val hard en oor 'n wye gebied / Almal sien die reën van ver af oor die berg / Die diere sien die eerste reëndruppels op die grond. [4]

9.1.10 Watter les het jy oor die belangrikheid van reën geleer? [1]

Mei/Junie 2026

9.1.1(a) VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde uit die gedig neer te skryf. Die reën is vir mens en dier soos ’n (a) … en almal kan dit bywoon. [1]

9.1.1(b) Die grootwild ruik die reën; daarom is hulle neusgate (b) … oop. [1]

9.1.1(c) Die kleinvolk is vrolik en hulle (c) … omdat dit vir hulle ’n positiewe belewenis is. [1]

9.1.1(d) Wanneer die reën uiteindelik oor ’n groot gebied val, beskryf die spreker die reën as ’n (d) … wat oopgesprei word. [1]

9.1.2 Gee EEN rede waarom die digter ’n subtitel in hierdie gedig gebruik. [1]

9.1.3 Haal EEN reël uit strofe 1 aan wat vir ons sê dat die weerlig van ver af blits. [1]

9.1.4 Skryf EEN woord uit strofe 1 neer wat sê dat die Suster almal met haar hand nader roep. [1]

9.1.5 Watter menslike eienskappe gee die digter in reëls 4 tot 8 vir die reën? Noem TWEE. [2]

9.1.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Daar is ’n … stemming in hierdie gedig, want almal word deel van die goeie gebeurtenis. A vrolike / B hartseer / C vriendelike / D depressiewe [1]

9.1.7 Na watter ruimte word almal genooi om die reën te ervaar? [1]

9.1.8 Haal VYF OPEENVOLGENDE woorde uit strofe 2 aan wat daarop dui dat die reën bo die grond val. [1]

9.1.9 Lees reël 17. Noem TWEE tegnieke wat die digter gebruik om respek en blydskap uit te beeld. [2]

9.1.10 Skryf die volgende VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer. • Dit reën oor ’n groot gebied. • Die donderweer raak harder. • Die diere sien die eerste reëndruppels op die grond. • Die winde word uitgenooi om deel te wees van die fees. [4]

Fiela se Kind Roman / Drama

Dalene Matthee - vrae uit al die sessies waar dit as roman OF drama geeksamineer is

Flitskaarte 28 kaarte

Tik 'n kaart om dit om te draai.

Wie is Fiela Komoetie?
'n Bruin vrou van Wolwekraal wat 'n wit hanskind, Benjamin, grootmaak.
Wie is Benjamin / Lukas?
Die kind wat Fiela grootgemaak het; deur die wet aan die Van Rooyens gegee as 'Lukas'.
Waar bly die Komoeties?
Op Wolwekraal, in die Lange Kloof.
Wie is die Van Rooyens?
Die bosgesin (Elias en Barta) wat beweer Benjamin is hul verlore seun Lukas.
Wie is Elias van Rooyen?
Die wrede, rassistiese bospa wat Lukas mishandel en hard laat werk.
Wie is Barta?
Elias se vrou; sy het in die hof gelieg dat Benjamin haar seun is.
Wie is Nina?
Elias en Barta se dogter; Lukas se 'suster' op wie hy later verlief raak.
Wie is Selling?
Fiela se man; sag van aard, leer Benjamin roei en van water hou.
Wie is die sensusmanne (Lange en Dikke)?
Amptenare wat Benjamin by Fiela wegvat.
Wie is die magistraat?
Beslis dat Benjamin 'Lukas' is - onregverdig teenoor Fiela.
Wie is Kaliel September?
Leer Lukas van die see en hoe om te roei.
Wie is John (Mister) Benn?
Die loodsbootkaptein wat vir Lukas werk op die see gee.
Wie is Miss Weatherbury?
Nina se werkgeefster en beskermer op die dorp.
Hoe oud was Benjamin toe hy weggevat is?
Omtrent nege (drie toe 'Lukas' in die Bos weggeraak het).
Waarom kies die magistraat teen Fiela?
Benjamin is wit en die Komoeties is bruin - die onregverdige politieke tyd.
Hoe 'bewys' Barta dat dit Lukas is?
Sy kies die kind met die blou hemp, soos Lange haar gese het.
Hoe kom die waarheid uit?
Barta erken sy het gelieg; die skuld het 'te swaar geraak'.
Wat is die 'Grootboek'?
Die Bybel - Fiela sweer daarop dat sy nie lieg nie.
Wat beteken 'Seil, Fiela, seil'?
Bly nederig en kalm; buk die minste om jou doel te bereik.
Waarvan is die vyf sjielings simbolies?
Fiela se omgee/opvoeding; hoop; die pad uit die Bos.
Waarvan is Nina se bottels simbolies?
Haar ontvlugting en kinderjare in die Bos.
Waarvan is die mis oor die see simbolies?
Slegte tyding (Dawid se dood) en Lukas se innerlike stryd oor Nina.
Wat is die tema van die drama?
Identiteit, ras en onreg, moederliefde, en die soeke na waar jy hoort.
Hoe eindig die drama vir Fiela?
Positief - Benjamin kies om haar kind te wees en keer terug Wolwekraal toe.
Waarheen vlug Lukas van die Bos af?
Na die see / Knysna, om te leer roei en op die loodsboot te werk.
Wat leer Fiela vir Benjamin?
Om te lees en skryf, hard te werk, en van die Bybel.
Hoe verander Lukas en Nina se verhouding?
Van broer-suster na romanties, toe hy besef sy is nie sy suster nie.
Waarom is die fokus op Benjamin en nie Fiela se ander kinders nie?
Hy is die hanskind wat weggevat is en met sy identiteit sukkel; die enigste wit kind.
Telling: 0 / 0

Junie 2023 Drama (Vraag 7)

TEKS M Konteks van die uittreksel

Fiela is by die polisiestasie in Knysna en probeer die konstabel oorreed om haar by die magistraat uit te bring sodat sy 'n klag kan le oor Benjamin wat weggevat is; sy praat met die skoonmaker.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  FIELA: Hoor hoe lieg so 'n man, baas! Ek het nooit so iets gesê nie. Ek wil 'n klag lê
2      oor 'n besigheid waarvan net die magistraat weet.
3  KONSTABEL: Watse besigheid?
4  FIELA: Twee wit mans het my kind agter in die Lange Kloof kom vat en gesê die
5      magistraat van Knysna het hulle gestuur. Hulle sou die kind Saterdag
6      teruggebring het en ek wag nou nog vir hulle. (Op band.) Seil, Fiela, seil.
7      (Gewone spraak.) Nou staan ek hier voor baas en ek vra vir baas om vir die
8      magistraat te loop sê dat Fiela Komoetie van die Lange Kloof hier is om hom te
9      sien en die klag te lê.
10 KONSTABEL: Praat jy nou van die wit kind wat agter die berg gehaal is?
11 FIELA: Ag, Here, baas, ek het op jou gesig gesien jy is 'n wit man wat van dinge sal
12     weet. Dis van einste hom wat ek praat. Van Benjamin Komoetie, die hanskind wat
13     ek soos my eie grootgebring het. (Op band.) Seil, Fiela, seil. (Gewone spraak.) As
14     baas my net kan help om by die magistraat uit te kom, sal ek daarvandaan self
15     regkom.
16 KONSTABEL: Wag net 'n oomblik. (Af.)
17 FIELA (aan SKOONMAKER): Word jy gehuur om die besem krom te lê?
18 SKOONMAKER: Ek staan maar sommer die wêreld en deurkyk, antie. Dit lyk my hy
19     gaat vandag verkeerdekant draai.
TEKS N Konteks van die uittreksel

Nina en Lukas gesels: Nina vertel sy het langer by die ou plek in die Bos gebly, die mondfluitjie en bottels het bederf, en sy is nou 'n 'companion' by miss Weatherbury.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  NINA: Ek soek jou al dae lank. Ek het begin glo dat jy seker maar weg is ...
2  LUKAS: Die laaste wat ek van jou gehoor het, was by miss Weatherbury toe jy
3      sommer net weer aangeloop het. Vir wat het jy dit gedoen?
4  NINA: Maar jy het dan gesê ek moet vir Pa loop sê jy kom nie weer terug nie. Jy het
5      my dan gestuur. Ek het toe maar net 'n bietjie langer in die Bos gebly. Dis al.
6  LUKAS: Waar in die Bos?
7  NINA: By die ou plek. (Los sy hand en draai haar weg.) Dis nie meer soos eers nie,
8      Lukas. Die mondfluitjie is vals geroes, die bottels is vuil en van die torre
9      ingeneem – ek het hulle toe maar begrawe. Miskien gaan ek ook nie weer terug
10     Bos toe nie.
11 LUKAS: Nina ... (Hy kan sy oë nie van haar weghou nie.) Nina, jy kon nie meer as
12     twee maande in die Bos gebly het nie. Waar was jy nog?
13 NINA: Ek het op die dorp gewerk. (Met skuldige laggie.) By die winkel waar ek die
14     slag die mondfluitjie gesteel het. Ek werk nie meer daar nie, ek het geloop; daar
15     kom te veel snaakse seemanne in wat nie plek het vir hul hande nie.
16 LUKAS: Jy moet teruggaan huis toe.
17 NINA: Ek is terug by miss Weatherbury. Maar nie as bediende nie. Ek is nou 'n
18     companion.

7.1 Voltooi: Fiela Komoetie en haar gesin het op die plaas (7.1.1) ... in die Lange Kloof gewoon. Sy het die plaas by haar (7.1.2) ... geerf. Een aand het Fiela 'n klein seuntjie voor haar deur gekry en hom (7.1.3) ... genoem. Toe hierdie seun omtrent (7.1.4) ... jaar oud was, het die sensusmanne hom by Fiela weggevat. [4]

7.2 Kyk na reël 6 en 13. Wat beteken dit as die woorde (Op band) in die teks gebruik word? [1]

7.3 Die sensusmanne was die oorsaak van baie van Benjamin se probleme. Kies die gevolg in KOLOM B by KOLOM A (7.3.1-7.3.4). [4]

KOLOM A
7.3.1Die sensusmanne het by Fiela se huis opgedaag ...
7.3.2Die dikke het gedink Benjamin kon die verlore Van Rooyen-kind wees ...
7.3.3Die sensusmanne het gesê daar was net plek vir Benjamin op die kar ...
7.3.4Die lange het gesien watter klere Benjamin by die hof aangehad het ...
KOLOM B
A... en het besluit om met die magistraat te gaan praat.
B... en het vir Barta gesê om die seun met die blou hempie te kies.
C... en 'n wit kind op die Komoeties se werf gesien.
D... en het gedreig om die konstabel te stuur.
E... en het só seker gemaak dat Fiela nie met die saak kon inmeng nie.

7.4 Uit hoe Fiela die konstabel aanspreek, is dit duidelik dat sy ... [1]

7.5 'Word jy gehuur om die besem krom te le?' (Reel 17) Die manier hoe Fiela met die skoonmaker praat, se vir ons dat sy (sarkasties/bekommerd) was. [1]

7.6 'Dit lyk my hy gaat vandag verkeerdekant draai.' Hierdie woorde het waar geword vir Fiela. Se waarom die stelling WAAR is. [1]

7.7 Die konstabel het vir Fiela gese wat die magistraat gese het. Noem TWEE dinge wat die magistraat gese het. [2]

7.8 Waarom was dit onregverdig van die magistraat om nie vir Fiela kans te gee om hom te sien nie? [1]

7.9.1 Hoe het Fiela se optrede nadat die sensusmanne Benjamin weggevat het, bewys dat sy 'n goeie ma is? [1]

7.9.2 Waarom voel jy jammer vir Fiela in hierdie situasie? [1]

7.10 'Seil, Fiela, seil.' Watter les kan jy hier by Fiela leer? [1]

7.11 Skryf die vier gebeure in die korrekte VOLGORDE: Lukas het Kaliel September ontmoet / Lukas het die spookskip by Noetzie gesien / Elias het vir Lukas gestuur om op Knysna na Nina te soek / Lukas het vir Nina gevra om vir Elias te se hy is klaar met die Bos. [4]

7.12.1 '– ek het hulle toe maar begrawe.' (Reel 9) Die bottels wat Nina begrawe het, het 'n (letterlike/simboliese) betekenis. [1]

7.12.2 Motiveer jou antwoord. [1]

7.13 Nina het 'n mondfluitjie by die winkel en 'n kraffie by tant Gertjie gesteel. Dit se vir ons dat Nina ... [1]

7.14 Noem EEN ding wat Lukas by ELK geleer het: Elias / Nina / Kaliel. [3]

7.15 Hoe verskil Lukas en Nina se verhouding voordat sy terug Bos toe is en nadat sy teruggekom het? [2]

7.16 Fiela en miss Weatherbury kan albei as goeie moederfigure gesien word. Verduidelik waarom. Verwys na albei. [2]

7.17 Waarom was dit goed vir Nina om miss Weatherbury se companion te wees? [1]

7.18 Die skrywer het vroeg gewys dat Benjamin van water en skuitjies gehou het. Hoe berei dit jou voor vir Lukas se latere besluit? [1]

7.19 Waarom kan jy respek he vir Lukas vir die manier waarop hy sy lewe in die Bos hanteer het? [1]

September 2023 Drama (Vraag 7)

TEKS M Konteks van die uittreksel

Toneel rondom die hof en die Bos: die magistraat, Benjamin, Elias en Lukas. Elias kom met Lukas se goed aan, jaag Fiela weg en dreig om die 'bruingeid' uit Lukas te slaan.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  MAGISTRAAT: Wag nou, seun, dit is nie vir my 'n maklike taak hierdie nie.
2      Aan die begin sal dit vir jou vreemd wees om weer onder jou eie mense
3      terug te wees.
4  BENJAMIN: Ek is Fiela Komoetie se hanskind.
5  MAGISTRAAT: Ekskuus?
   ***
6  ELIAS (kom in met LUKAS se goed; kortaf): Hulle het vandag jou goed
7      gebring, Lukas.
8  LUKAS: Wie het dit gebring? Wie het my goed gebring?
9  ELIAS: Sy sê haar naam is Fiela Komoetie. As ek vandag 'n hond gehad
10     het, het ek hom agter haar gesteek dat sy nou nog gehardloop het.
11 LUKAS (skreeu): Waar's sy? Waar is my ma?
12 ELIAS: Daar staan jou ma by die vuur! Die bruinvel is weg en ek het vir
13     haar en die een wat by haar was, gesê as hulle weer 'n voet op hierdie
14     eiland sit, gaat ek magistraat toe en laat ek hulle vang. Elias van Rooyen
15     laat nie met hom van 'n bruinvel mors nie.
16 LUKAS: Wie was by haar?
17 ELIAS: 'n Opgeskote seun, net so blerrie uit sy pad as sy.
18 LUKAS: Laat my verbykom!
19 ELIAS: Jy bly waar jy is!
20 LUKAS: Laat my verbykom, asseblief!
21 ELIAS: Ek sal die osriem vir jou vat en nie ophou voor die laaste bietjie
22     bruingeid uit jou uit is nie. Jy was net mooi op pad om weer wit mens te
23     word en wit mens sal jy bly!
TEKS N Konteks van die uittreksel

Lukas praat Nina moed in om op die dorp te gaan werk; sy is bang vir die dorpsmense en wil in die Bos bly.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  NINA: Ek wil nie op die dorp gaan werk nie, Lukas. Ek is bang.
2  LUKAS: Ek was ook bang toe hulle my die slag Knysna toe gevat het.
3  NINA (kwaai): Ek wil hier in die Bos bly.
4  LUKAS: Kom nou. (Vat haar arm.) Vir al wat jy weet, is die boswagter se
5      seun ook by die pad en dan kyk jy nie eers om om vir my te waai nie.
6  NINA: Gaan bars!
7  LUKAS: Jy sal nou moet leer om soos 'n lady te praat, ek sê jou. Jy gaan
8      nou 'n dorpsmeisie word.
9  NINA: Die dorpenaars spot met ons bosmense.
10 LUKAS: Dis niks. Hou net jou kop in die lug. Die vrou wat my grootgemaak
11     het, het altyd gesê: solank jou kop nie sak nie, sak jou hart ook nie.
12 NINA: Jy moet my mondfluitjie gaan haal en by jou hou.
13 LUKAS: Waar steek ek hom weg?
14 NINA: Miskien moet jy hom dan maar los waar hy is.
15 LUKAS: Dit sal die beste wees.
16 NINA: As iemand weer dorp toe kom, gaan haal hom en stuur hom vir my
17     saam.
18 LUKAS: Ek sal kyk wat ek kan doen.
19 NINA: En as ek wegloop van die dorp af, moet jy vir my keer as Pa my wil
20     slaan.
21 LUKAS: Ek sal. Ek meen, jy moenie wegloop nie, jy moet op die dorp bly.

7.1 Voltooi: Benjamin Komoetie (7.1.1) ... om by sy ma, Fiela, te bly, nadat hy as (7.1.2) ... jarige seun voor haar (7.1.3) ... gelos is. Fiela het hom voorgese om vir die magistraat te se dat die (7.1.4) ... hom aan haar toevertrou het. [4]

7.2.1 Dit wil vir die sensusmanne blyk asof Fiela die kind weggesteek het. Noem TWEE redes waarom Fiela niemand van Benjamin kon laat weet het nie. [2]

7.2.2 Wat meer kon Fiela gedoen het om die owerhede van Benjamin te laat weet? [1]

7.3 Fiela het gese die bosvrou lieg toe sy se Benjamin is haar kind. Daarmee het sy bedoel dat ... [1]

7.4 Fiela het onder andere vir Benjamin 'n (skaapwolkombers/dasvelkombers) gebring. [1]

7.5 Wat kan jy oor Elias se houding teenoor ander rasse aflei uit sy verwysing na Fiela as 'die bruinvel'? [1]

7.6 Fiela het 'n risiko geneem om na die bos te gaan. Stem jy saam? Motiveer. [1]

7.7 Kies die gevoel uit KOLOM B wat Benjamin ervaar het by die plek in KOLOM A: 7.7.1 Die bos; 7.7.2 Wolwekraal; 7.7.3 Noetzie; 7.7.4 Die magistraat se kantoor. [4]

KOLOM A
7.7.1Die bos
7.7.2Wolwekraal
7.7.3Noetzie
7.7.4Die magistraat se kantoor
KOLOM B
Ageliefd
Bsenuweeagtig
Congeliefd
Dteleurstelling
Eopgewonde

7.8 Op watter manier wou Elias vir Benjamin stop om soos 'n bruinmens op te tree? [1]

7.9 Dink jy daar is beter metodes as Elias s'n om dissipline toe te pas? Motiveer. [1]

7.10 Skryf die vier gebeure in die korrekte VOLGORDE: Benjamin soek die spookskip by Noetsie / Elias sny Nina se hare met 'n stomp sker / Nina loop uit die dorp uit weg / Benjamin loop uit die bos weg. [4]

7.11.1 '... solank jou kop nie sak nie, sak jou hart ook nie.' (Reel 11) Wat bedoel Benjamin? [1]

7.11.2 Glo jy dat dit goeie raad vir Nina is? Motiveer. [1]

7.12 Kan jy verstaan waarom Nina bang gevoel het? Motiveer. [1]

7.13 Verduidelik waarom Lukas na Fiela verwys as die vrou wat hom grootgemaak het. Gee TWEE redes. [2]

7.14.1 'Ek wil hier in die Bos bly.' Waarom is dit ironies dat Nina in die Bos wil bly? [2]

7.14.2 Watter verandering sal Nina moet ondergaan om 'n dorpsmeisie te word? Noem EEN. [1]

7.14.3 Op watter manier suggereer Lukas dat Nina nuwe vriende op die dorp sal maak? [1]

7.15 Nina het op die dorp gaan werk vir ... [1]

7.16 Barta het altyd gekeer as Elias vir (Nina/Lukas) wou slaan. [1]

7.17 Nina en Lukas word albei as buitestaanders uitgebeeld. Watter boodskap probeer die dramaturg oordra oor buitestaanders? [1]

7.18.1 Barta het 'n leuen in die hof oor Lukas se identiteit vertel. Hoe het dit haar fisies geaffekteer? [1]

7.18.2 Watter les leer jy uit Barta se lewe oor leuens? [1]

November 2023 Drama (Vraag 7)

TEKS M Konteks van die uittreksel

In die Bos: Nina bied vir Lukas 'n patat aan en wil haar 'geheim' met hom deel; Lukas hou vol hy is Benjamin Komoetie en vra die pad na die hardepad.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  (Ligte doof uit en weer in op toneel in Bos. LUKAS sit op sy hurke langs die huis.)
2  NINA: Wil jy 'n patat hê, Lukas?
3  LUKAS: Nee.
4  NINA: Kan jy 'n geheim hou?
5  LUKAS: Watse geheim?
6  NINA: As jy saam met my kom, gaan wys ek jou die geheim.
7  LUKAS: Ek gaan nêrens heen nie.
8  NINA: Jy gaan bobbejaanboude kry van net so sit en sit.
9  LUKAS: Ek wag vir my ma.
10 NINA: Pa sê hy gee jou nog net vandag om uit jou nuk te kom. Van môre af gaat hy vir
11     jou lekker kortvat.
12 LUKAS: Ek is nie julle kind nie.
13 NINA: Is, jy is.
14 LUKAS: My ma gaan my kom haal, jy gaan sien.
15 NINA: Jy's Lukas wat weggeraak het, man!
16 (Bosduif en loerie skree skielik naby.)
17 LUKAS: Ek is Benjamin Komoetie.
18 NINA: Sjuut! Hoor jy dit?
19 LUKAS: Wat?
20 NINA: Is jy doof? 'n Bosduif en 'n bosloerie tesame.
21 LUKAS: Meisiekind, weet jy miskien hoe ver ons van die pad af is wat Lange Kloof toe
22     loop?
23 NINA: Die hardepad?
24 LUKAS: Ek weet nie, dis die pad wat deur die Bos loop en waarlangs hulle my Knysna
25     toe geneem het.
26 NINA: Dis Diepwalle se pad.
27 LUKAS: Hoe ver is ons van die hardepad af?
28 NINA: Lank se loop.
29 LUKAS: Weet jy hoe om daar te kom?
30 NINA: Ja.
31 LUKAS: Sal jy my wys om daar te kom?
32 NINA: Die geheim wat ek jou wil wys, is op pad daarheen. Miskien kan ons tot in Kom-
33     se-bos se sleeppad hardloop ...
TEKS N Konteks van die uittreksel

By die see (John Benn se werksplek): Lukas keer terug en kondig aan dat hy voortaan as Benjamin Komoetie bekend sal staan; Benn noem dit 'n eerbare naam.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  (Ligte uit. Musiek. Ligte op. Seetoneel. Vlagpaal met klipbankie. JOHN BENN besig
2      om met seilnaald 'n vlag te lap. LUKAS kom opgestap.)
3  LUKAS: Ek het net kom sê ek is terug, mister Benn.
4  BENN (laat naald vassteek in die vlag): Jy lyk verkreukel, maar jy klink beter, Van
5      Rooyen.
6  LUKAS: Ek is. En ek sal van hier af bekend staan as Benjamin Komoetie. Dis nie 'n
7      nuwe naam nie, dis my ou naam. Daarby sal ek net kan uithelp tot Kaliel weer reg is
8      om sy spaan te vat, dan gaan ek terug Lange Kloof toe. Na my mense toe.
9  BENN: Jy is beter. Jy bly nog 'n raaisel, maar jy's die man wat ek in jou gesoek het –
10     Komoetie, het jy gesê?
11 LUKAS: Ja.
12 BENN: Dis 'n eerbare naam, 'n ou Hottentotnaam.
13 LUKAS: Dis reg.
14 BENN: Loop sê vir Joop Stoep jy's terug.
15 LUKAS: Joop Stoep sal vandag ook nog vir my moet instaan, mister Benn. Ek moet na
16     miss Weatherbury se huis toe gaan.
17 (BENN trek die naald deur die dik wit lap. Wanneer hy opkyk, is dit of daar êrens in sy
18     ruiebaard 'n glimlag huiwer. LUKAS loop weg terwyl die ligte uitdoof en die
19     openingsmusiek herhaal word.)
20 (Gordyn)

7.1.1 Voltooi: Benjamin het voor die magistraat in die hof op die dorp, (7.1.1) ..., verskyn. [1]

7.1.2 Een van die (7.1.2) ... het vir Barta van Rooyen gese watter seun sy as haar verlore seun moes uitwys. [1]

7.1.3 Haar seun was (7.1.3) ... jaar oud toe hy weggeraak het. [1]

7.1.4 Barta het gewys dat die seun met die (7.1.4) ... (kleur) hempie haar Lukas was. [1]

7.2 Waarom het Nina vir niemand anders van haar 'geheim' vertel nie? [1]

7.3.1 As 'n mens dink aan al die negatiewe dinge in Nina se lewe in die Bos, is hierdie woorde van haar (ironies/sarkasties). [1]

7.3.2 Motiveer jou antwoord. [1]

7.4 Lukas het uit die Bos weggeloop. Wat was die gevolg hiervan? [1]

7.5 Wat sou jy anders as Lukas gedoen het as om weg te loop? [1]

7.6 Kies die boodskap uit KOLOM B by KOLOM A (7.6.1-7.6.4). [4]

KOLOM A
7.6.1Lukas het gewag dat Fiela hom moes kom haal.
7.6.2Op haar eie manier het Barta tog omgee vir Lukas gewys.
7.6.3Al het Lukas gesê dat hy nie die Van Rooyens se kind is nie, het hy Elias wel later Pa genoem.
7.6.4Nina het van die begin af probeer om Lukas deel van haar lewe te maak.
KOLOM B
A'n Mens moet soms seker maak dat jy is wie jy dink jy is.
B'n Mens het altyd die keuse van watter werk jy wil doen.
C'n Mens probeer dikwels om die verkeerde dinge wat jy gedoen het, met beter dinge reg te maak.
D'n Mens onthou die liefde en beskerming wat jy as kind ervaar.
E'n Mens se opvoeding bepaal jou optrede teenoor ander mense.

7.7 Wat het Fiela vir Benjamin oor werk geleer en hoe verskil dit van wat Nina in die Bos geleer het? (Benjamin en Nina) [2]

7.8 'Die boswagter het later vir Nina werk op die dorp gekry. Sy het konflik hieroor beleef, want sy ...' A het nie van die mense gehou nie / B het gevoel Barta het haar nodig gehad / C het gevoel sy word misbruik / D wou nie so min geld verdien nie. [1]

7.9 Waarom kan ons se dat die vyf sjielings 'n simbool van iets positiefs in Lukas se lewe was? [1]

7.10 Watter voorbeeld van omgee het Nina met Lukas gestel? [1]

7.11 Skryf die vier gebeure in die korrekte VOLGORDE (Lukas/spookskip/Wolwekraal/Barta). [4]

7.12.1 In watter ruimte speel hierdie uittreksel af? [1]

7.12.2 Na wie verwys Lukas as hy van 'my mense' praat? (Reel 8) [1]

7.13.1 Watter stylfiguur kry ons in: 'Dis nie 'n nuwe naam nie, dis my ou naam.' / 'Dis 'n eerbare naam, 'n ou Hottentotnaam.' [1]

7.13.2 Wat beteken dit binne konteks? [1]

7.14 Lukas moes na miss Weatherbury toe gaan om Nina se geld vir Elias te haal. Se waarom hierdie stelling ONWAAR is. [1]

7.15.1 Uit hulle gesprek lei ons af dat mister Benn (twyfel oor/respek vir) Lukas gehad het. [1]

7.15.2 Motiveer jou antwoord. [1]

7.16 '... tot Kaliel weer reg is om sy spaan te vat, ...' Verduidelik die figuurlike betekenis van Lukas se woorde. [1]

7.17 Uit Lukas se optrede kom die tema van ... sterk na vore. A haat / B vrede / C vooroordeel / D magteloosheid. [1]

7.18 Hoe kry die dramaturg dit reg om mister Benn uit te beeld as iemand wat mense ken? [1]

7.19.1 Waaroor gaan die drama as jy net na die titel kyk? [1]

7.19.2 Alhoewel Fiela nog vier ander kinders gehad het, is die fokus op Benjamin. Hoekom? [1]

7.19.3 Hoe weet jy dat hierdie drama positief vir Fiela geeindig het? [1]

Junie 2024 Drama (Vraag 7)

TEKS M Konteks van die uittreksel

Op Wolwekraal: Fiela en Selling gesels voor die huis terwyl die kinders die nuwe volstruis aanjaag; 'n vreemde perdekar ry al 'n paar dae in die kloof rond.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  (Ligte op. Die Lange Kloof. Buite voor FIELA se huis onder 'n boom. Ons hoor hoe die
2      kinders die volstruis aanja kamp toe. FIELA en SELLING op die verhoog.)
3  FIELA: Kyk nou daar vir Benjamin, Selling! Al voor die volstruis uit, en ek het hom
4      uitdruklik gesê hy kan saamgaan as hy agter draf!
5  SELLING: Los die kind, Fiela, hy's nie een vir agter draf nie. Daardie perdekar is al
6      heelweek op en af hier in die Kloof. Vreemde kar.
7  FIELA: Smouse. Al hoe meer van die goed hier rond. As dit so aangaan, sal daar op
8      die ou end vir elke volstruisveer 'n koper wees. (FIELA lag skielik ingenome.) Sy's
9      mooi, Selling. Bietjie rankerig om die boude, lyk dit my, maar ons sal haar vet kry.
10     Wag maar.
11 SELLING: Dis nog te ver om te sê hoe sy lyk, vrou – die perdekar het lus vir uitdraai
12     hiernatoe.
13 FIELA: As dit smouse is en hulle wil velle en goed koop, sê jy reguit ons deel met
14     Rossinski.
15 SELLING: Daar's taamlik dasvelle wat klaar gebrei is.
16 FIELA: Goed, hulle kan dasvelle kry, maar nie vir onder die twee oulap 'n vel nie.
17     ('n Valk skree skielik naby.) Maaifoerie se valk. Gister my mooiste kuiken gevang
18     toe ek my rug draai, nè? Vandag kan jy maar op 'n ander plek loop aas. Ek het
19     hulle toegemaak.
20 SELLING: Die kar draai op, Fiela.
TEKS N Konteks van die uittreksel

In die Bos: Lukas en Nina; Lukas verlang na vryheid ('ten minste bloute en son bo my kop') en na 'n lewe weg van Elias.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  (Toneel in Bos. LUKAS is nou so 19; NINA 17. LUKAS en NINA kom op verhoog.)
2  LUKAS (op band): Die boswagter het kom sê dat hy vir Nina werk op die dorp gekry
3      het vir vier sjielings die week en kos en klere daarby, en nou moet ek vir haar tot
4      by Diepwalle by die hardepad neem waar die boswagter haar sal kom kry.
5  LUKAS: Nina, loop 'n bietjie stadiger.
6  NINA: Hou jou bek!
7  LUKAS: Jy sal sien, dis lekker op die dorp. Dink net, vier sjielings 'n week en wat jy
8      alles vir jou daarmee kan koop! Jy gaan baie geld hê.
9  NINA: Hou jou bek!
10 LUKAS: Ek weet nie vir wat jy my moet loop en uitskel nie, ek het jou niks gemaak nie.
11 NINA: Julle kan almal hel toe loop!
12 LUKAS: Jy's dom. Ek woon liewerster sewehonderd keer weg uit hierdie bos uit waar
13     daar ten minste bloute en son bo my kop is.
14 NINA: Ek is nie ander se kinderoppasser nie.
15 LUKAS: Dis beter as balke werk.
16 NINA: En die geld is nie myne nie, dis Pa s'n. (Gekraak in die Bos. Olifantgeluide.
17     Bome wat gebreek word. LUKAS skrik; NINA verstar tot waaksaamheid. Ge-kok-kok-
18     kok van loerie. NINA fluister met haar mond teen sy oor.) As hulle hierdie kant toe
19     kom, klim die witels daar anderkant en hou vas. Ek sal hardloop. ...

7.1 Voltooi: Die verhaal speel tussen twee families af: die Komoeties van die Lange Kloof en die (7.1.1) ... aan die ander kant van die berg. Benjamin is Fiela se (7.1.2) ... kind. Fiela het hom vir ongeveer (7.1.3) ... jaar grootgemaak. Die twee manne in die perdekar kom van (7.1.4) ... af om die mense te tel. [4]

7.2 In watter spesifieke ruimte in die Lange Kloof speel hierdie uittreksel af? [1]

7.3 Waarom was Fiela vies vir Benjamin wat so voor die volstruis gehardloop het? [1]

7.4 Noem EEN verskil tussen Fiela en Selling wat duidelik uit die teks na vore kom. [2]

7.5.1 Dit is vreemd dat Fiela oor die baie smouse kla, omdat meer smouse 'n (positiewe/negatiewe) impak vir haar gesin sou inhou. [1]

7.5.2 Motiveer jou antwoord. [1]

7.6 Wie is die 'sy' na wie Fiela in reel 8 verwys? [1]

7.7 'Maaifoerie se valk. Gister my mooiste kuiken gevang toe ek my rug draai, ne?' Verduidelik die figuurlike betekenis van die valk (dink aan wat met Benjamin gaan gebeur). [1]

7.8.1 Daar is 'n gevoel van (vrees en ongelukkigheid/opgewondenheid en afwagting) op die plaas. [1]

7.8.2 Motiveer jou antwoord. [1]

7.9 Hoe slaag die dramaturg daarin om jou nuuskierig te maak oor die perdekar? [1]

7.10 Baie mense het geglo dit was verkeerd van Fiela om 'n wit kind te he. Waarom was dit reg van Fiela om Benjamin te hou? [1]

7.11 Waarom kan Fiela gesien word as iemand wat vir haar gesin gesorg het? [1]

7.12 Skryf die vier gebeure in die korrekte VOLGORDE: Benjamin het probeer wegloop / Die magistraat het Benjamin Bos toe gestuur / Fiela het Benjamin se goed Bos toe gevat / Die bosvrou het gese Benjamin is Lukas van Rooyen. [4]

7.13.1 'ten minste bloute en son bo my kop is.' (Reel 13) Hierdie woorde is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/vergelyking). [1]

7.13.2 Watter emosie van Lukas wou die dramaturg oordra? [1]

7.14 Nina het weggeloop terwyl sy in die dorp gewerk het. Lukas moes haar gaan soek. Watter gevolg het dit vir Lukas gehad? [1]

7.15 Nina is in konflik met Lukas omdat ... [1]

7.16 Nina het uiteindelik die werk geniet wat die boswagter vir haar gekry het. Se waarom hierdie stelling ONWAAR is. [1]

7.17 Nina moes in die dorp gaan werk. Dit raak die tema van ... aan omdat sy nie self oor haar geld kon besluit nie. A swak huislike omstandighede / B omgee vir 'n mens se ouers / C uitbuiting van kinders / D armoede in die Bos. [1]

7.18 Lukas het geweet Nina wou nie werk nie, maar het steeds probeer om haar moed in te praat. Wat sou jy anders gedoen het? [1]

7.19 Kies die invloed uit KOLOM B by KOLOM A: 7.19.1 Dawid en Tollie; 7.19.2 Petrus Zondag; 7.19.3 Kaliel September; 7.19.4 John Benn. [4]

KOLOM A
7.19.1Dawid en Tollie
7.19.2Petrus Zondag
7.19.3Kaliel September
7.19.4John Benn
KOLOM B
A... het seker gemaak dat Lukas van sy broer se dood gehoor het.
B... het vir Lukas die kans gegee om sy droom te bewaarheid om op die see te werk.
C... het vir Lukas 'n heenkome buite die Bos gebied.
D... het vir Benjamin leer somme maak.
E... het vir Benjamin leer lees en skryf.

7.20.1 Hoe weet ons dat Benjamin se kinderlewe (by Fiela) gelukkig was? [1]

7.20.2 Toe Benjamin weggevat is, was dit nie goed nie. Verduidelik hoe hierdie verandering later vir hom as grootmens goed was. [1]

7.21 Wat leer jy by Benjamin oor die hantering van moeilike situasies? [1]

September 2024 Drama (Vraag 7)

TEKS M Konteks van die uittreksel

Op Wolwekraal: Fiela, Selling en die kinders is opgewonde dat die volstruiswyfie (Pollie) begin dans, want dit beteken hulle kan met die volstruise boer.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  LANGE: Maar dit het jou nie die reg gegee om hom te hou nie.
   ***
2  DIKKE: Wag, vrou, die kind van wie ek praat, het hier agter in Kom-se-
3      bos weggeraak. Ek onthou die hele ding nou al hoe helderder.
4      As jy van hier af, reguit oor die berg, 'n lyn sou trek, sweer ek jy
5      kom net mooi agter in die Bos uit waar die kind weggeraak het.
   ***
6  FIELA: Los die kind!
7  DIKKE: Ek sal nie aan hom raak nie, vrou. Dis 'n mooi skuitjie,
8      het jy hom self gemaak? Oom vra maar net, oom is baie lief
9      vir skuitjies. Het jy hom self gemaak?
10 BENJAMIN: My pa het my gehelp, baas. (Die lange en die dikke kyk
11     vinnig na mekaar oor die "baas".)
   ***
12 MAGISTRAAT: Ek verbied jou om naby die kind te kom! Ek sal vandag
13     nog aan die magistraat op Uniondale skryf om jou te laat
14     dophou, en om stappe teen jou te neem as jy enige moeilikheid
15     veroorsaak.
16 (Ligte begin uitdoof.)
17 FIELA (op band): Eerste het die woorde my getref, toe wat dit beteken,
18     en toe die skrik en die verslaenheid en die magteloosheid.
TEKS N Konteks van die uittreksel

Kaliel, Lukas en Nina: Lukas se nuwe lewe by die see, sy verhouding met Nina en die groeiende gevoelens tussen hom en Nina.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  KAPP: Die magistraat wil weet of die kind tevrede is by julle en of hy
2      aanpas?
3  (Barta bring twee bekers koffie op.)
4  ELIAS: Tevrede? Hoe sal die kind dan nie tevrede wees nie?
5      Barta, mister Kapp vra of Lukas tevrede is.
6  BARTA: Hy's gesond en tevrede, mister Kapp!
7  ELIAS (terwyl sy wegstap): Bring vir ons elkeen 'n patat ook, Barta.
8      Mister Kapp het ver gekom. (Barta af.) Die vrou is nog daagliks
9      aangedaan oor die kind se terugkeer; dit lyk vir my sy is bang dis
10     dalk nie waar nie. Ons het juis laas week eers agtergekom dat
11     Lukas kan lees en skryf. Barta sê hy moet die meisiekind van ons
12     ook leer. Sy is 'n slimme kind. Haar kop is nie stomp nie.
   ***
13 LUKAS: Wie was by haar?
14 ELIAS: 'n Opgeskote seun, net so blerrie uit sy pad as sy.
15 LUKAS: Laat my verbykom!
16 ELIAS: Jy bly waar jy is!
17 LUKAS: Laat my verbykom, asseblief!
18 ELIAS: Ek sal die osriem vir jou vat en nie ophou voor die laaste bruingeid
19     uit jou uit is nie. Jy was net mooi op pad om weer wit mens te word
20     en wit mens sal jy bly!

7.1 Voltooi: Vandat die twee (7.1.1) ... by Fiela-hulle se plaas opgedaag het, was sy (7.1.2) ... omdat sy nie wou he hulle moes (7.1.3) ... van haar af wegneem nie. Volgens die wet, kon kleurlinge en wit mense nie in een (7.1.4) ... woon nie. [4]

7.2.1 'Dit is of die klip wat Februarie in my gaan le het, ligter geword het.' Die 'klip' het 'n (letterlike/figuurlike) betekenis. [1]

7.2.2 Verduidelik jou keuse. [1]

7.3 'Hulle sal nie meer kom nie, Fiela. Nie nou meer nie.' Met hierdie woorde het Selling vir Fiela probeer (gerusstel/ontstel). [1]

7.4 Wat is die wyfie volstruis se naam? [1]

7.5 Waarom was almal bly dat die wyfie begin dans het? [1]

7.6 Wat wou Fiela met die geld maak wat die volstruisboerdery sou inbring? [1]

7.7.1 Benjamin noem vir Fiela 'Ma!' Benjamin was Fiela se (optelkind/biologiese kind). [1]

7.7.2 Gee 'n verduideliking vir jou keuse. [1]

7.8.1 Watter een van Fiela se kinders het later baat gevind uit Fiela se besluit om met die volstruise te boer? [1]

7.8.2 Dink jy dit is regverdig dat Kittie en Emma nie grootliks baat gevind het nie? Ja of Nee. Gee 'n rede. [1]

7.9 Se waarom die stelling WAAR is: Tollie was onverantwoordelik en Fiela kon hom nie as volwasse man vertrou nie. [1]

7.10 Dink jy dit is regverdig van Elias om die grootvoete te vang vir hulle ivoor? Ja of Nee. Gee 'n rede. [1]

7.11 Hoe het Elias van Fiela en haar gesin verskil? Verwys na ALBEI. [2]

7.12 'Jy sal nie verstaan nie, houtkapper. Jy weet van niks.' Met hierdie woorde sien ons dat Kaliel (neersien op/opkyk na) die bosmense. [1]

7.13 Waarom was die mondfluitjie en die bottels vir Nina as kind belangrik? [1]

7.14 Skryf die vier gebeure in die KORREKTE VOLGORDE (Lukas keer terug bos toe / Lukas gaan Knysna toe om Nina te soek / Lukas gaan Knysna toe om Nina oor sy besluit te vertel / Lukas gaan Langekloof toe na Dawid se dood). [4]

7.15 'Mis begin opkom oor die see.' Waarvan is die mis simbolies? Verwys na die gebeure. [1]

7.16 'Of hy uitvind of nie, ek gaan nie terug huis toe nie.' Noem TWEE redes waarom Lukas nie terug Knysnabos toe wou gaan nie. [2]

7.17.1 Fiela het vir Benjamin 'n blou hemp ingepak. By watter geleentheid het hy dit gedra? [1]

7.17.2 Dink jy sy lewe is na hierdie geleentheid positief of negatief geaffekteer? Gee 'n rede. [1]

7.17.3 Barta kan maklik gemanipuleer word. Se waarom die stelling WAAR is deur te verduidelik wat in die hof gebeur het. [1]

7.18 Kies die karakter in KOLOM B by KOLOM A (7.18.1-7.18.4). [4]

7.19 Lukas het gevoelens teenoor Nina ontwikkel. Dink jy dit is aanvaarbaar? Ja of Nee. Gee 'n rede. [1]

November 2024 Drama (Vraag 7)

TEKS M Konteks van die uittreksel

By die Van Rooyens in die Bos: Elias, Willem en Barta soek die vermiste Lukas; tant Malie vertel onsensitief van 'n ander kind wat in die Bos verkluim het.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  ELIAS: As 'n man in die nag tot by die skippe kan kom en lewer wat jy het.
2  (WILLEM terug.)
3  WILLEM: Pa, Lukas is nie by tant Malie nie.
4  ELIAS: Het jy by tant Anna gevra?
5  WILLEM: Nee, Pa.
6  ELIAS: Nou vir wat moet ek julle alles voorsê?
7  WILLEM: Ja, Pa.
8  (WILLEM af.)
9  ELIAS: 'n Man sukkel tot sy kinders die dag groot genoeg is om te kan help, maar ek
10     sal nou nog lank moet sukkel. Willem is maar ses, Kristoffel is vyf, Lukas is drie en
11     Nina nog aan die tiet.
12 (BARTA kom soos 'n gedaante deur die mis aan.)
13 BARTA: Elias?
14 ELIAS: Wat is dit nou weer, vrou? Kan julle nie sien ek is besig nie?
15 BARTA: Was die kind nie hier by jou nie?
16 ELIAS: Ek het jou mos gesê hy was nie hier nie.
17 BARTA: Ek was by Sofie, hy's nie daar nie.
18 (MALIE, TANT GERTJIE en SOFIE op.)
19 TANT MALIE: Dit het my oorle antie agter in Karatara se bos oorgekom. Sy het gedink
20     die kind is saam met die ander om te gaan vuurhout kap en so kom sy dit eers die
21     middag agter dat hy wég is. Meer as 'n week later het hulle die verkluimde liggaampie
22     gekry. Ons is nog die dag begrafnis toe.
23 (BARTA druk 'n vuis in haar mond en byt op haar kneukels.)
24 ELIAS: Ek sê vir julle, die kind is nie weg nie.
TEKS N Konteks van die uittreksel

In die hof: die magistraat wys Fiela weg, weier dat sy die kind sien en verbied haar om naby hom te kom ('Seil, Fiela, seil').

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  MAGISTRAAT: Die kind is by sy regte ouers. Wat hy die dag toe hy weggeraak het,
2      aanhad, kan geen verskil maak nie. Jy kan hom enigiets staan en aantrek en daarby
3      sweer met die hoop dat ek jou sal glo. Jy kan selfs vir my kom sê jy het die klere
4      gebêre en dit uithaal en wys en ...
5  FIELA: Die jaar met die kriekplaag in die Kloof is dit ongelukkig opgevreet, baas, maar
6      ek sal nie vir baas lieg nie. Ek sal op die Grootboek sweer. Ek vra baas net hierdie een
7      guns: laat roep die bosvrou en laat haar kom sê.
8  MAGISTRAAT: Dis genoeg. Jy kan besluit of jy self gaan loop en of ek die konstabel
9      moet roep.
10 FIELA: Here, baas, jy kan my nie wegjaag nie.
11 MAGISTRAAT: Konstabel!
12 FIELA (op band): Seil, Fiela, seil. (Gewone spraak.) Asseblief, weledele heer, ek sal
13     loop, ek wou nie kom moeilikheid maak het nie. (Loop agteruit.) Ek sal loop, baas – ek
14     loop. Sê my dan net waar die kind is, baas. Sê my net wie die mense is by wie hy is.
15 MAGISTRAAT: Ek verbied jou om naby die kind te kom! Ek sal vandag nog aan die
16     magistraat op Uniondale skryf om jou te laat dophou, en om stappe teen jou te neem
17     as jy enige moeilikheid veroorsaak.
18 (Ligte begin uitdoof.)

7.1 Voltooi: Lukas van Rooyen het in die Bos weggeraak. Op die (7.1.1) ... dag was hy steeds weg. Op die plaas, (7.1.2) ..., het Fiela Komoetie 'n klein seuntjie voor haar deur gekry. Jare later het die sensusmanne veroorsaak dat die magistraat, Mister (7.1.3) ..., besluit het dat Benjamin eintlik Lukas is. Die magistraat het so besluit omdat Benjamin wit en die Komoeties (7.1.4) ... was. [4]

7.2.1 'BARTA kom soos 'n gedaante deur die mis aan.' Dit is 'n (metafoor/vergelyking). [1]

7.2.2 Wat beteken dit binne konteks? [1]

7.3 Dit was maklik om in die Bos weg te raak weens die mis. Noem nog EEN rede waarom iemand maklik kon wegraak. [1]

7.4 Uit Elias se woorde (reels 6-16) lei ons af dat Elias ... was. A bang / B kalm / C ongeduldig / D agterdogtig. [1]

7.5 Waarmee moes Lukas vir Elias help nadat hy in die Bos gaan bly het? [1]

7.6 Hoe het Benjamin se lewe in die Lange Kloof van sy lewe in die Bos verskil wat skoolwerk betref? [2]

7.7 Waarom kan ons se dat tant Malie se woorde onsensitief was? [1]

7.8 Kies die oorsaak van die konflik uit KOLOM B by die karakter: 7.8.1 Elias; 7.8.2 Barta; 7.8.3 Nina; 7.8.4 Dikke en Lange. [4]

KOLOM A
7.8.1Elias
7.8.2Barta
7.8.3Nina
7.8.4Dikke en Lange
KOLOM B
A... het verkeerd opgetree deur ander mense se goed sommer net te vat.
B... het sonder simpatie opgetree toe hulle die kind van die plaas af weggevat het.
C... het Lukas in die Bos beskerm en dit het die ander karakters ontstel.
D... het die magistraat aangevat oor sy keuses.
E... se aggressie het sy kinders van hom weggestoot.

7.9 Hoe kry die skrywer dit reg om te laat voel dat Elias eenkant staan en nie deel van die situasie is nie? [1]

7.10 Skryf die gebeure in die korrekte VOLGORDE: Lukas het Nina tot by Diepwalle geneem / Boswagter Kapp het gaan hoor hoe dit met Lukas gaan / Die magistraat het gese Benjamin moes in die hof verskyn / Benjamin is saam met die Van Rooyens Bos toe. [4]

7.11.1 'Ek sal op die Grootboek sweer.' Waarna verwys Fiela met die 'Grootboek'? [1]

7.11.2 Wat bedoel Fiela as sy se sy sal op die Grootboek sweer? [1]

7.12.1 '... laat roep die bosvrou en laat haar kom se.' Hierdie woorde dui op (ironie/sarkasme). [1]

7.12.2 Motiveer jou antwoord. [1]

7.13 'Seil, Fiela, seil.' Verduidelik die figuurlike betekenis van hierdie woorde wat Fiela vir haarself se. [1]

7.14 Fiela het nooit uitgevind waar Benjamin was nie. Gee 'n feit om te se waarom hierdie stelling ONWAAR is. [1]

7.15 In hierdie uittreksel is die magistraat 'n simbool van ... [1]

7.16.1 Fiela ervaar sterk innerlike konflik: sy is bekommerd oor Benjamin, maar sy moet ook (gehoorsaam wees aan die wet/doen wat sy self dink is reg). [1]

7.16.2 Motiveer jou antwoord. [1]

7.17 Waarom kan ons se dat Fiela in hierdie situasie 'n goeie rolmodel is? [1]

7.18 Fiela sou alles vir haar hanskind doen. Waarom kan ons se dat Selling ook 'n positiewe rol in Benjamin se lewe gespeel het? [1]

7.19.1 Toe Lukas na Dawid se dood na die Komoeties gaan, watter positiewe gevolg het dit vir sy lewe gehad? [1]

7.19.2 Watter les het jy by Lukas in hierdie situasie geleer? [1]

7.19.3 Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die drama aan as jy aan Fiela dink? [1]

Junie 2025 Drama (Vraag 7)

TEKS M Konteks van die uittreksel

Lukas kom by die Van Rooyens in die Bos aan; Elias vra of die mense in die Lange Kloof goed vir hom was, terwyl Barta haar oor die maer, stil kind ontferm.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  ELIAS: Is jy moeg, Lukas? (Pouse.) Was die mense daar agter in die Lange Kloof
2      darem goed vir jou? (LUKAS loop vinniger. ELIAS gryp hom aan die arm.) Ek sien jy
3      het 'n mooie hemp aan. Wat is alles in die trommel?
4  LUKAS: My goed.
5  BARTA: Ek dink hy's moeg, Elias.
6  (ELIAS sit die trommel op 'n boomstomp neer en hy en BARTA gaan sit.)
7  BARTA: Hoekom is die kind so sonder tong, Elias?
8  ELIAS: Hy's nog vreemd, hy sal regkom.
9  BARTA: Mooie kind, Elias.
10 ELIAS: Ja.
11 BARTA: Is hy nie 'n bietjie maer nie?
12 ELIAS: Aard na Nina. Kom, Lukas, kom sit hier by ons.
13 (LUKAS bly verder weg op sy hurke sit.) Kom sit hier, Lukas.
14 BARTA: Los hom, Elias, hy's seker nog skaam.
15 ELIAS: Jy moet iets kom eet.
16 (LUKAS skud sy kop. Hulle maak sy trommel oop en begin sy kos eet. Musiek. Ligte
17     doof uit. Kom op in Boshuis. BARTA, ELIAS, WILLEM, NINA en TANT GERTJIE
18     op verhoog. Kinders vat aan LUKAS en hy skop hulle.)
19 TANT GERTJIE: Los hom! Kan julle nie sien hy's gedaan en bang nie?
20 ELIAS: Lukas, kyk op en groet jou broer Willem en suster Nina.
21 BARTA: Los hom, Elias.
22 ELIAS (ongeduldig): Groet jou broer en jou suster, Lukas.
23 TANT GERTJIE: Los die kind, Elias! Hy's verwilder.
24 (Ligte doof uit en weer in op toneel in Bos. LUKAS sit op sy hurke langs die huis.)
25 NINA: Wil jy 'n patat hê, Lukas?
26 LUKAS: Nee.
27 NINA: Kan jy 'n geheim hou?
TEKS N Konteks van die uittreksel

Barta erken uiteindelik die waarheid oor Lukas se identiteit ('ek het iemand anders se kind gevat ... dit het te swaar geraak vir my') terwyl Elias siek is.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  ELIAS (ergerlik): ... Voel jy sleg, Barta? (Haar kop sak laer. KRISTOFFEL hou beker
2      uit na haar, maar sy wil nie drink nie.) Wat is dit, Barta?
3  BARTA (die woorde skeur uit haar): Ek het die verkeerde kind gevat, Elias. Ek het
4      iemand anders se kind gevat.
5  ELIAS (bang): Waarvan praat jy, Barta?
6  KRISTOFFEL: Is Ma benoud?
7  BARTA: Dit was nie Lukas nie.
8  ELIAS: Vrou, wat praat jy?
9  BARTA: Ek het iemand anders se kind gevat die dag. Ek het dit agtergekom toe dit te
10     laat was, toe hy al hier was, toe't ek weer gedink dis my verbeelding, en dit
11     weggestoot, maar dit wou nooit lank wegbly nie, en die laaste tyd nooit meer nie. Toe
12     hy laas by die huis was, het hy my gevra en ek het gesê ek het voor die magistraat
13     gesweer, maar ek het vals gesweer, hy's nie Lukas nie.
14 ELIAS: God, vrou, jy yl!
15 BARTA: Ek yl nie, Elias, ek sal magistraat toe gaan en dit loop sweer. Ek kan dit nie
16     langer in my dra nie, dit het te swaar geraak vir my. Ons Lukas se gebeendere is
17     langs die Homtini opgetel. Hy't geverdwaal en geverhonger en die engels het hom
18     gevat.
19 ELIAS: Vrou, jy yl! Jy't hom oombliklik uitgeken, voor die magistraat.
20 BARTA: Ek het nie ...

7.1 Voltooi: Sy wou grootplaas toe gaan waar baas (7.1.1) ... gewoon het om vir hom van die kind te vertel, maar hy was by die (7.1.2) ... . (7.1.3) ... maande na Lukas se verdwyning is 'n kind se geraamte gekry. Hulle het belowe om hom (7.1.4) ... terug te bring, maar het nie. [4]

7.2.1 'Was die mense daar agter in die Lange Kloof darem goed vir jou?' Elias se vraag oor Lukas se lewe is (veroordelend/ironies) as ons dink aan hoe Elias hom later behandel het. [1]

7.2.2 Motiveer jou antwoord. [1]

7.3 Met die manier waarop Elias optree, voel die leser ... [1]

7.4 Waarom was dit reg dat Barta so opgetree het in hierdie uittreksel? [1]

7.5 Waarom was Tant Gertjie daar toe Lukas by die Boshuis aangekom het? [1]

7.6 'Hulle maak sy trommel oop en begin sy kos eet.' Elias en Barta se optrede is vir Lukas simbolies van ... [1]

7.7 Wat het gebeur nadat Nina met Lukas oor haar geheim gepraat het? [1]

7.8 Nina het altyd Lukas se geheim oor die pad uit die Bos gehou. Gee 'n feit om te se waarom hierdie stelling ONWAAR is. [1]

7.9 Hoe kry die dramaturg dit reg om te wys dat Lukas nie deel van die Van Rooyens wou wees nie? [1]

7.10 Kies die situasie uit KOLOM B by die karakter: 7.10.1 Lange en Dikke; 7.10.2 Mister Goldsbury; 7.10.3 Elias; 7.10.4 Lukas. [4]

KOLOM A
7.10.1Lange en Dikke
7.10.2Mister Goldsbury
7.10.3Elias
7.10.4Lukas
KOLOM B
A... het onmenslik opgetree in situasies waar geduld en omgee nodig was.
B... het besef dat dit beter is om op te tree soos die mense om jou as jy wil oorleef.
C... het sonder simpatie opgetree en geweier om na logiese redenasies te luister.
D... het verstaan daar is geen doel daarin om teen die Wet te baklei nie.
E... het reeds met die eerste ontmoeting besluit dat Fiela-hulle nie die waarheid vertel nie.

7.11 Skryf die gebeure in die korrekte VOLGORDE: Lukas het vir Barta vertel dat hy by Fiela was / Nina het die nuus van Dawid se dood gebring / Lukas is gestuur om Nina in die dorp te soek / Die boswagter het laat weet Lukas is moontlik gevind. [4]

7.12.1 Barta noem dat sy iemand anders se kind gevat het. Na wie verwys Barta as sy praat van 'iemand anders'? [1]

7.12.2 Wat bedoel Barta met hierdie woorde? [1]

7.13 '... dit het te swaar geraak vir my.' Wat is die figuurlike betekenis van Barta se woorde? [1]

7.14 '... en die engels het hom gevat.' 7.14.1 Identifiseer die beeldspraak. 7.14.2 Wat beteken dit binne konteks? [2]

7.15 Hoe verskil Lukas se lewe voordat Barta die waarheid vertel het van nadat sy dit vertel het? Verwys na voordat en nadat. [2]

7.16 Waarom was dit tot Selling se voordeel dat Lukas na Dawid se dood op Wolwekraal gaan kuier het? [1]

7.17.1 'Vrou, jy yl! Jy't hom oombliklik uitgeken.' / 'Ek het nie.' Voordat Barta die waarheid vertel het, was sy (seker/onseker) oor al die ander mense se reaksie. [1]

7.17.2 Motiveer jou antwoord. [1]

7.18 Lukas het stilgebly, opgestaan en uitgeloop. Waarom kan jy se dat Lukas 'n goeie rolmodel is? [1]

7.19.1 Lukas se laaste besoek aan die Van Rooyens is 'n hoogtepunt. Watter positiewe gevolg het dit vir Lukas en Nina ingehou? [1]

7.19.2 Watter les oor die belangrikheid van jou identiteit het jy uit hierdie drama geleer? [1]

7.19.3 Hoe sluit hierdie gebeure aan by die planne wat Fiela vir Lukas gemaak het? [1]

September 2025 Drama (Vraag 7) - dieselfde EC-vraestel as September 2024

TEKS M Konteks van die uittreksel

(Dieselfde vraestel as September 2024.) Op Wolwekraal: Fiela, Selling en die kinders vier dat die volstruiswyfie, Pollie, begin dans.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  LANGE: Maar dit het jou nie die reg gegee om hom te hou nie.
   ***
2  DIKKE: Wag, vrou, die kind van wie ek praat, het hier agter in Kom-se-
3      bos weggeraak. Ek onthou die hele ding nou al hoe helderder.
4      As jy van hier af, reguit oor die berg, 'n lyn sou trek, sweer ek jy
5      kom net mooi agter in die Bos uit waar die kind weggeraak het.
   ***
6  FIELA: Los die kind!
7  DIKKE: Ek sal nie aan hom raak nie, vrou. Dis 'n mooi skuitjie,
8      het jy hom self gemaak? Oom vra maar net, oom is baie lief
9      vir skuitjies. Het jy hom self gemaak?
10 BENJAMIN: My pa het my gehelp, baas. (Die lange en die dikke kyk
11     vinnig na mekaar oor die "baas".)
   ***
12 MAGISTRAAT: Ek verbied jou om naby die kind te kom! Ek sal vandag
13     nog aan die magistraat op Uniondale skryf om jou te laat
14     dophou, en om stappe teen jou te neem as jy enige moeilikheid
15     veroorsaak.
16 (Ligte begin uitdoof.)
17 FIELA (op band): Eerste het die woorde my getref, toe wat dit beteken,
18     en toe die skrik en die verslaenheid en die magteloosheid.
TEKS N Konteks van die uittreksel

(Dieselfde vraestel as September 2024.) Kaliel, Lukas en Nina: Lukas se lewe by die see en sy gevoelens vir Nina.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  KAPP: Die magistraat wil weet of die kind tevrede is by julle en of hy
2      aanpas?
3  (Barta bring twee bekers koffie op.)
4  ELIAS: Tevrede? Hoe sal die kind dan nie tevrede wees nie?
5      Barta, mister Kapp vra of Lukas tevrede is.
6  BARTA: Hy's gesond en tevrede, mister Kapp!
7  ELIAS (terwyl sy wegstap): Bring vir ons elkeen 'n patat ook, Barta.
8      Mister Kapp het ver gekom. (Barta af.) Die vrou is nog daagliks
9      aangedaan oor die kind se terugkeer; dit lyk vir my sy is bang dis
10     dalk nie waar nie. Ons het juis laas week eers agtergekom dat
11     Lukas kan lees en skryf. Barta sê hy moet die meisiekind van ons
12     ook leer. Sy is 'n slimme kind. Haar kop is nie stomp nie.
   ***
13 LUKAS: Wie was by haar?
14 ELIAS: 'n Opgeskote seun, net so blerrie uit sy pad as sy.
15 LUKAS: Laat my verbykom!
16 ELIAS: Jy bly waar jy is!
17 LUKAS: Laat my verbykom, asseblief!
18 ELIAS: Ek sal die osriem vir jou vat en nie ophou voor die laaste bruingeid
19     uit jou uit is nie. Jy was net mooi op pad om weer wit mens te word
20     en wit mens sal jy bly!

7.1 Voltooi: Vandat die twee (7.1.1) ... by Fiela-hulle se plaas opgedaag het, was sy (7.1.2) ... omdat sy nie wou he hulle moes (7.1.3) ... van haar af wegneem nie. Volgens die wet, kon kleurlinge en wit mense nie in een (7.1.4) ... woon nie. [4]

7.2.1 'Dit is of die klip wat Februarie in my gaan le het, ligter geword het.' Die 'klip' het 'n (letterlike/figuurlike) betekenis. [1]

7.2.2 Verduidelik jou keuse. [1]

7.3 'Hulle sal nie meer kom nie, Fiela. Nie nou meer nie.' Met hierdie woorde het Selling vir Fiela probeer (gerusstel/ontstel). [1]

7.4 Wat is die wyfie volstruis se naam? [1]

7.5 Waarom was almal bly dat die wyfie begin dans het? [1]

7.6 Wat wou Fiela met die geld maak wat die volstruisboerdery sou inbring? [1]

7.7.1 Benjamin noem vir Fiela 'Ma!' Benjamin was Fiela se (optelkind/biologiese kind). [1]

7.7.2 Gee 'n verduideliking vir jou keuse. [1]

7.8.1 Watter een van Fiela se kinders het later baat gevind uit Fiela se besluit om met die volstruise te boer? [1]

7.8.2 Dink jy dit is regverdig dat Kittie en Emma nie grootliks baat gevind het nie? Ja of Nee. Gee 'n rede. [1]

7.9 Se waarom die stelling WAAR is: Tollie was onverantwoordelik en Fiela kon hom nie as volwasse man vertrou nie. [1]

7.10 Dink jy dit is regverdig van Elias om die grootvoete te vang vir hulle ivoor? Ja of Nee. Gee 'n rede. [1]

7.11 Hoe het Elias van Fiela en haar gesin verskil? Verwys na ALBEI. [2]

7.12 'Jy sal nie verstaan nie, houtkapper. Jy weet van niks.' Met hierdie woorde sien ons dat Kaliel (neersien op/opkyk na) die bosmense. [1]

7.13 Waarom was die mondfluitjie en die bottels vir Nina as kind belangrik? [1]

7.14 Skryf die vier gebeure in die KORREKTE VOLGORDE (Lukas keer terug bos toe / Lukas gaan Knysna toe om Nina te soek / Lukas gaan Knysna toe om Nina oor sy besluit te vertel / Lukas gaan Langekloof toe na Dawid se dood). [4]

7.15 'Mis begin opkom oor die see.' Waarvan is die mis simbolies? Verwys na die gebeure. [1]

7.16 'Of hy uitvind of nie, ek gaan nie terug huis toe nie.' Noem TWEE redes waarom Lukas nie terug Knysnabos toe wou gaan nie. [2]

7.17.1 Fiela het vir Benjamin 'n blou hemp ingepak. By watter geleentheid het hy dit gedra? [1]

7.17.2 Dink jy sy lewe is na hierdie geleentheid positief of negatief geaffekteer? Gee 'n rede. [1]

7.17.3 Barta kan maklik gemanipuleer word. Se waarom die stelling WAAR is deur te verduidelik wat in die hof gebeur het. [1]

7.18 Kies die karakter in KOLOM B by KOLOM A (7.18.1-7.18.4). [4]

7.19 Lukas het gevoelens teenoor Nina ontwikkel. Dink jy dit is aanvaarbaar? Ja of Nee. Gee 'n rede. [1]

November 2025 Drama (Vraag 7)

TEKS M Konteks van die uittreksel

By die Van Rooyens: Elias praat met Kapp en wil vir Nina as kinderwagter 'verhuur'; Barta skrik groot en Elias is aggressief.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  BARTA (skrik haar oorhoeks): Opsoek?
2  ELIAS (vinnig): Loop drink 'n bietjie water, vrou. Mister Kapp, ek sê jou vandag hier in
3      my huis, en jy kan dit vir die magistraat ook loop sê: as sy hier by mý kom moeilikheid
4      maak, gaat ek self moeilikheid maak. My vrou sal dit nie kan staan nie.
5  KAPP: Die magistraat het gesê julle moet praat as sy dalk hier kom lol.
6  ELIAS: Dis reg, mister, ek sal so maak.
7  KAPP: Waar's die kinders, Van Rooyen?
8  ELIAS: Weet nie wanneer hulle weer huis kry nie. Hang af. Dié meisiekind van my is
9      mos nes 'n bok oor die Bos. Mister kom mos dikwels op die dorp, mister moet tog
10     vir my uitluister of daar nie van die Engelse is wat 'n kinderwagter soek nie. Verniet
11     wil ek haar nie graag verhuur nie, maar as hulle haar 'n stukkie klere en so aan gee,
12     sal ons regkom met die prys.
13 KAPP: Ek sal verneem. (Pouse.) Hoe lank skat jy gaan die kinders nog wegbly?
14 ELIAS: Moeilik om te sê, mister Kapp. Moeilik. (Lang pouse.) Mister kan die magistraat
15     met 'n skoon gemoed loop sê dat dit goed gaan met hom. Ek meen, hy's mos nou
16     darem onder sy eie mense.
17 KAPP: Ek sal vir hom sê. Nou ja, dan loop ek dan maar eers.
18 (Hulle groet. KAPP af.)
19 BARTA: As Lukas vandag hier was, was jy in die moeilikheid, ...
TEKS N Konteks van die uittreksel

By miss Weatherbury se huis in Knysna: Lukas kom Nina se geld haal; Nina weier om nog geld af te gee en Lukas vra haar om vir Elias te se hy kom nie terug nie.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  WEATHERBURY (agterdogtig; kortaf): Waarom wil jy haar geld kom haal?
2  LUKAS: Wel ... ee ... dis eintlik my pa wat die geld laat haal.
3  WEATHERBURY: Julle kan nie sommer elke maand al haar geld kom haal nie. Ek sal
4      dit nie toelaat nie!
5  LUKAS: U verstaan nie, miss Weatherbury. Bosmense is anders. Alles word saam in
6      een hand gegooi.
7  WEATHERBURY: Nina is nie meer in die Bos nie. Ek kan dus nie sien waarom julle
8      nog haar geld wil hê nie.
9  LUKAS: Ek ook nie eintlik nie.
10 (NINA verskyn agter MISS WEATHERBURY in die deur.)
11 LUKAS: Middag, Nina.
12 NINA: Hoe't julle geweet waar ek is?
13 LUKAS: Iemand op die dorp het my gesê.
14 NINA: Weet Pa-hulle?
15 LUKAS: Nog nie.
16 NINA (kwaai): Jy loop sê nie waar ek is nie! Jy hou jou bek, Lukas van Rooyen.
17 WEATHERBURY: Christina! Praat ordentlik!
18 NINA: Jy loop sê nie jy het my gekry nie. Ek gee nie langer my geld af nie, vir niemand
19     nie. Pa kan sy gat oplig en vir homself werk. (Pouse.)
20 LUKAS: Ek het eintlik gekom om jou 'n guns te vra.
21 NINA: Is jy siek, Lukas?
22 LUKAS: Nee. Maar vir al die kere wat ek vir jou geskerm het, vir elke keer wat ek jou nie
23     verklap het nie en vir al die bas wat ek vir jou help afkap het, vra ek jou vandag net
24     een keer se hulp.
25 NINA: Wat?
26 LUKAS: Gaan huis toe en gaan sê vir Pa ek kom nie terug nie.

7.1 Voltooi: Na (7.1.1) ... jaar as Fiela se kind, moes Benjamin saam met die Van Rooyens Bos toe gaan. Benjamin het die kinders (7.1.2) ... wat aan hom gevat het. Tant (7.1.3) ... het gese hulle moet hom uitlos. Haar broer se geheim was die (7.1.4) ... wat sy weggesteek het. [4]

7.2 Waarom het Barta so groot geskrik? (Reel 1) [1]

7.3 Die toon in Elias se woorde (reels 2-4) kan as ... beskryf word. A respekvol / B aggressief / C hartseer / D kalm. [1]

7.4.1 'Die magistraat het gese julle moet praat as sy dalk hier kom lol.' Na wie verwys 'sy'? [1]

7.4.2 Wat beteken hierdie aanhaling binne konteks? [1]

7.5.1 'Die meisiekind van my is mos nes 'n bok oor die Bos.' Dit is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/vergelyking). [1]

7.5.2 Wat beteken die vetgedrukte woorde binne konteks? [1]

7.6 Die meisiekind het later werk as kinderwagter gekry. Noem 'n feit om te se waarom die stelling WAAR is. [1]

7.7 'As Lukas vandag hier was, was jy in die moeilikheid, ...' Barta het niks gese toe Elias oor Lukas gelieg het nie. Waarom kan jy met Barta se optrede identifiseer? [1]

7.8 Voordat Lukas en Nina uit die Bos teruggekom het, het iets by Elias-hulle se huis gebeur. Wat het gebeur? [1]

7.9 Hoe kry Elias dit reg om jou as leser negatief teenoor hom te laat voel? [1]

7.10 Kies die gevolg uit KOLOM B by KOLOM A: 7.10.1 Nina het Lukas gehelp om die pad uit die Bos te kry; 7.10.2 Kapp moes gaan kyk hoe dit met Lukas gaan; 7.10.3 Fiela het Benjamin se goed Bos toe gevat; 7.10.4 Elias het vir Lukas gestuur om Nina te soek. [4]

KOLOM A
7.10.1Nina het Lukas gehelp om die pad uit die Bos te kry.
7.10.2Kapp moes gaan kyk hoe dit met Lukas in die Bos gaan.
7.10.3Fiela het Benjamin se goed Bos toe gevat.
7.10.4Elias het vir Lukas gestuur om vir Nina op Knysna te gaan soek.
KOLOM B
AElias het vir Lukas gesê dat Barta sy ma is.
BLukas het besef dat hy 'n liefde vir die see het.
CLukas het vinnig geleer hoe om met die hout te werk.
DElias het die kans gebruik om vir Nina werk op die dorp te probeer kry.
EElias het die kinders fisies gestraf.

7.11 Skryf die gebeure in die korrekte VOLGORDE: Terwyl Elias siek gele het, het Barta erken sy het gelieg / Lukas het vir Kaliel gevra om hom van die see te leer / Die Komoeties het vir Lukas 'n brief geskryf / Lukas het vir Fiela van sy liefde vir Nina vertel. [4]

7.12.1 'Bosmense is anders. Alles word saam in een hand gegooi.' Hierdie woorde se dat Bosmense (ander mense manipuleer om hulle te help/gestereotipeer word omdat hulle anders met hulle geld werk). [1]

7.12.2 Waarom is Lukas se woorde geloofwaardig binne konteks? [1]

7.13.1 Lukas ervaar innerlike konflik, want hy (moes Elias se opdragte uitvoer/was nie seker of hy vir Nina moes vra om na Elias-hulle te gaan nie). [1]

7.13.2 Motiveer jou antwoord. [1]

7.14 'Pa kan sy gat oplig en vir homself werk.' (Reel 19) Dit beteken dat Nina se ... [1]

7.15 Wat was die direkte gevolg vir Nina toe sy terug is Bos toe? [1]

7.16 Die dorp het deel van Nina se lewe geword. Gee TWEE voorbeelde van hoe die dorp Nina se lewe positief beinvloed het. [2]

7.17 Waarom laat Lukas se woorde (reels 22-24) jou goed voel? [1]

7.18 Een lewensles is dat 'n mens altyd na die waarheid moet soek. Noem TWEE positiewe gevolge wat dit vir Fiela gehad het. [2]

7.19 Waarom kan 'n mens verstaan dat miss Weatherbury Nina wou beskerm? [1]

7.20 Mense kry baie keer die kans om verkeerde dinge reg te stel. Waarom pas hierdie tema by die slot van die drama? [1]

Mei/Junie 2026 Drama (Vraag 7)

TEKS M Konteks van die uittreksel

By die hof in Knysna: Fiela klop aan die deur en probeer by die magistraat uitkom. Die man verstaan haar nie; die bejaarde skoonmaker help haar met inligting.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  FIELA (op band): ... Vaal en stroef. Soos die wet. Dit het gevoel of die dooie vensters
2  my aangluur omdat ek voor hulle durf talm. Waar is hy? Waar is die kind? Onder
3  watter dak kruip die twee vredestoorders weg? (FIELA gaan klop aan deur. Deur
4  oop.)
5  MAN: Yes?
6  FIELA: Ek moet met die magistraat praat, baas. Dit is dringend. Ek het twee dae
7  geloop om hier te kom.
8  MAN: Could you repeat that in English?
9  FIELA: Here, baas, roep vir my iemand wat Hollands kan praat. Ek moet die
10 magistraat sien.
11 MAN AF.
12 FIELA (op band): Seil soos 'n slang, Fiela! As jy voor 'n wit mens verleë staan, moet jy
13 laag buk.
14 Die skoonmaker, 'n bejaarde bruin man, kom op met besem en emmer.
15 FIELA: Mens, ek kan jou amper met die hand groet. Waar is die magistraat?
16 SKOONMAKER: Oppie bank, antie.
17 FIELA: Loop sê vir hom Fiela Komoetie van die Lange Kloof is te voet hier om hom te
18 sien.
19 SKOONMAKER: Weet mister Goldsbury van antie?
20 FIELA: Hoe sal hy weet as niemand hom loop sê nie? Kan hy Hollands praat?
21 SKOONMAKER: Ja.
22 FIELA: Wat 'n genade. Nou loop sê vir hom ek is hier.
23 SKOONMAKER: Waaroor wil antie die magistraat sien?
24 FIELA (vererg haar): Dit is nie jou saak nie.
25 SKOONMAKER: Die magistraat is besig, antie.
26 FIELA: Hy sal ophou besig wees as hy hoor dat ek 'n ernstige klagte te lê het.
TEKS N Konteks van die uittreksel

Fiela staan uiteindelik voor die magistraat self. Hy sê die saak is afgehandel; sy hou vol en vra hoe 'n kind van drie tot in die Lange Kloof kon kom.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  MAGISTRAAT: Besef jy met wie jy praat?
2  FIELA: Nee, baas, maar die eintlike een met wie ek wil praat, die een wat sy lyf oor my
3  grootmaakkind staan Salomo hou het, is die magistraat.
4  MAGISTRAAT: Jy staan voor die magistraat. Ek is die magistraat.
5  FIELA (snak na haar asem): Dan staan ek nou uiteindelik voor die regte man,
6  weledele heer. Dan kan ons die ding nou uiteindelik van voor af praat.
7  MAGISTRAAT: Die kind is aan sy ouers terugbesorg, die saak is afgehandel.
8  FIELA: Dis nie die voorpunt van die saak nie, weledele heer.
9  (Verskeie deure oop. Mense loer uit.) Die voorpunt lê by hoe weledele heer
10 uitgereken het 'n kleine kind van drie tot agter in die Lange Kloof gekom het?
11 MAGISTRAAT: Ek rig aan jou 'n laaste waarskuwing, die saak is afgehandel.
12 FIELA: Was weledele heer al ooit hier agter deur die Bos en oor die berge?
13 MAGISTRAAT: Die moeder van die kind het hom onmiddellik tussen vier ander
14 uitgeken!
15 FIELA: Wie sê die bosvrou het die kind nie per ongeluk reg uitgewys nie?
16 MAGISTRAAT: Sy het nie. Daar was 'n getuie by.
17 FIELA: Baas, ek het ver gekom, ek staan verkommer oor die kind, ek staan nie
18 vandag hier voor weledele heer vir myself nie, ek staan vir 'n kind. God vergewe
19 ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons 'n kind aandoen nie. Ek
20 staan vandag in baas se mag ...

7.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde uit die drama neer te skryf. Skryf slegs die EEN korrekte woord langs die vraagnommers (7.1.1 tot 7.1.4) neer. Die Komoeties bly in die Lange Kloof op die plaas, (7.1.1) … Daar boer hulle met bokke, skape, koring en mielies. Hulle het ook twee (7.1.2) …, Skopper en Pollie. Hulle verkoop gewoonlik al hulle produkte aan die smous, Meneer (7.1.3) … Op ’n dag het daar twee mans aangekom wat deur die Goewerment gestuur is om al die mense in die land te tel. Fiela moes die (7.1.4) … bring waarin haar familie se inligting neergeskryf was. [4]

7.2 Wat het die vredestoorders belowe voordat hulle vir Benjamin Knysna toe gevat het? [1]

7.3.1 “Onder watter dak kruip die twee vredestoorders weg?” (Reël 2 en 3) Na wie verwys Fiela as sy van die “twee vredestoorders” praat? [1]

7.3.2 Wat beteken dit binne konteks van die drama? [1]

7.4.1 “Seil soos ’n slang, Fiela!” (Reël 12) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Dit is ’n voorbeeld van (’n vergelyking/personifikasie). [1]

7.4.2 Wat beteken dit binne konteks van die uittreksel? [1]

7.5 Waarom het Fiela gevoel asof sy die skoonmaker sommer met die hand kon groet? [1]

7.6 Fiela was geïrriteerd met almal by die hof op Knysna. Waarom is dit regverdig dat Fiela so gevoel het? [1]

7.7 Waarom laat dit jou goed voel dat Fiela bereid was om te voet tot in Knysna te stap? [1]

7.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. “Wat ’n genade. Nou loop sê vir hom ek is hier.” (Reël 22) Die toon in Fiela se woorde is een van … A hoop. / B frustrasie. / C moedeloosheid / D verligting [1]

7.9 Die Komoetie-kinders het ’n goeie lewe op die plaas gehad. Gee TWEE voorbeelde van hoe hierdie ruimte die kinders se lewens positief beïnvloed het. [2]

7.10 Die skoonmaker het die magistraat gebring om met Fiela oor die ernstige klagte te praat. Gee ’n feit uit die drama om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. [1]

7.11 Een van die lewenslesse in hierdie drama is om aan te hou en op die goeie te fokus. Watter TWEE positiewe gevolge het dit vir Fiela as hoofkarakter gehad? [2]

7.12 Skryf die volgende VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos wat dit in die drama gebeur. • Fiela het twee keer na die veldkornet gaan soek, maar hy was elke keer weg. • Fiela het ’n klein seuntjie voor haar deur gekry. • Fiela wou vir Petrus Zondagh van die kind vertel, maar hy was by die see. • ’n Kind het in Kom-se-Bos weggeraak. [4]

7.13 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. “… die een wat sy lyf oor my grootmaakkind staan Salomo hou het …” (Reël 2 en 3) Met hierdie woorde bedoel Fiela dat hierdie een … A die Bybel en Salomo baie goed geken het. / B haar grootmaakkind van Salomo geleer het. / C presies dieselfde gedoen het as wat Salomo gedoen het. / D gedink het sy besluit oor Fiela se grootmaakkind is die regte besluit. [1]

7.14 Hoe wys Fiela dat sy dink die magistraat weet nie alles nie? [1]

7.15.1 Fiela was bekommerd oor haar grootmaakkind. Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Fiela ervaar innerlike konflik oor Benjamin, want sy het geweet dat (hy baie bang moes wees/dit eintlik die beste vir hom was). [1]

7.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.15.1. [1]

7.16.1 “Die kind is aan sy ouers terugbesorg, die saak is afgehandel.” (Reël 7) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. As gevolg van die wette van daardie tyd, was die magistraat (partydig/manipulerend) in hierdie saak. [1]

7.16.2 Motiveer waarom dit geloofwaardig is binne konteks van die drama. [1]

7.17.1 Baie van die karakters se optrede is ironies. Kies die karakter se optrede uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas om dit ironies te maak. Benjamin was Fiela se hanskind, maar sy … A kon sien dat Benjamin nie iemand was vir agterloop nie. / B het opgestaan teen die mishandeling van die seun. / C het swaar gekry toe liefde op sy pad kom. / D het hom meer beskerm as die ander. / E wou nie weer deel word van die lewe van houtkappers nie. [1]

7.17.2 Selling het Fiela se leiding aanvaar, maar hy … A kon sien dat Benjamin nie iemand was vir agterloop nie. / B het opgestaan teen die mishandeling van die seun. / C het swaar gekry toe liefde op sy pad kom. / D het hom meer beskerm as die ander. / E wou nie weer deel word van die lewe van houtkappers nie. [1]

7.17.3 Nina was baie lief vir die Bos, maar sy … A kon sien dat Benjamin nie iemand was vir agterloop nie. / B het opgestaan teen die mishandeling van die seun. / C het swaar gekry toe liefde op sy pad kom. / D het hom meer beskerm as die ander. / E wou nie weer deel word van die lewe van houtkappers nie. [1]

7.17.4 Barta was bang vir Elias, maar sy … A kon sien dat Benjamin nie iemand was vir agterloop nie. / B het opgestaan teen die mishandeling van die seun. / C het swaar gekry toe liefde op sy pad kom. / D het hom meer beskerm as die ander. / E wou nie weer deel word van die lewe van houtkappers nie. [1]

7.18 Wat was die direkte gevolg van Lukas wat as grootmens vir die bosvrou gaan vra het wat die waarheid is? [1]

7.19 “God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ’n kind aandoen nie.” (Reël 18 en 19) Waarom kan jy in hierdie situasie met Fiela se woorde identifiseer? [1]

7.20 Alles sal goed uitwerk as jy nooit ophou om na antwoorde te soek nie. Waarom kan ons sê dat die titel, Fiela se kind, by hierdie tema in die drama pas? [1]

Lien se Lankstaanskoene Roman / Drama

Derick van der Walt - vrae uit al die sessies waar dit as roman OF drama geeksamineer is

Flitskaarte 28 kaarte

Tik 'n kaart om dit om te draai.

Wie is Lien Jooste?
'n Matriekmeisie wat die gesin moet versorg nadat haar pa tronk toe is.
Waarom is Lien se pa in die tronk?
Bedrog / geld verduister - NIE dronkbestuur nie.
Wie is Christien Jooste?
Lien se ma; 'n alkoholis wat platval en haar werk verloor.
Wie is Braam?
Lien se boetie wat min help en heeltyd TV/video's kyk.
Wie is tannie Bets?
Buurvrou wat kos bring en werk vir Lien reel - 'n ma-figuur.
Waar bly die Joostes nou?
In 'n woonstel, nadat hulle alles verloor het.
Watter skool woon Lien en Braam by?
Hoerskool Jakaranda.
Wie is Wouter?
Lien se beste vriend; ook uit 'n gebroke gesin, hy weet haar pa is in die tronk.
Wie is Miemie?
'n 'Weird' meisie wat 'n goeie vriendin van Lien word.
Wie is Hein?
Seun wie se pa hom dwing; hy bou Tibbey se karretjie; Lien raak verlief.
Wie is Tibbey?
Bedelaar-vriend wat sy bene onder 'n trok verloor en 'n karretjie kry.
Wie is Roos?
Bedelaar wat vir Lien raad gee (skoene, plakkaat) en haar hoek beskerm.
Wie is Kuifie?
Die jong dominee wat Lien help; die kerk help uiteindelik die gesin.
Hoe verdien Lien geld?
Sy bedel by 'n straathoek, vermom met 'n pruik en bril.
Waarvoor spaar Lien geld?
Om oorsee te gaan / te reis / 'weg' te wees.
Watter rol speel Lien in die toneelstuk?
Weird Maria.
Wat wou Lien eers word, en wat kies sy?
Eers 'n prokureur (soos haar pa); sy verander na drama.
Waarvan is Tibbey se karretjie simbolies?
Onafhanklikheid, hoop en 'n tweede kans.
Waarvan is die 'hoek' simbolies?
Hoop.
Wat beteken die titel 'Lien se Lankstaanskoene'?
Die skoene waarin sy lank staan en bedel - haar opoffering en deursettingsvermoe.
Waarvan is die pakkie droewors simbolies?
Lien se behoefte om haar pa te vergewe.
Wat is die tema?
Verantwoordelikheid, oorlewing, vergifnis en ware vriendskap.
Hoe eindig die roman vir Christien?
Positief - sy is gerehabiliteer, speel weer klavier en die gesin is herenig.
Wat leer Tibbey vir Lien oor bedel?
Kyk die mense in die oe; se asseblief en dankie.
Wat leer Roos vir Lien?
Kry gemaklike skoene; jou plakkaat/bord moenie te 'fancy' wees nie.
Hoe help die kerk se hulp vir Lien?
Sy hoef nie meer te bedel nie en kan haar matriek voltooi en drama studeer.
Wat wys '...uks Drama' op haar T-hemp in die naspel?
Lien studeer uiteindelik drama (by TUKS).
Hoe is Miemie en Lien se pa's dieselfde?
Albei pa's was afwesig uit hulle lewens.
Telling: 0 / 0

Junie 2023 Roman (Vraag 4)

TEKS G Konteks van die uittreksel

Tannie Bets stop by Pick n Pay; Lien wag in die kar en sien 'n vrou met 'n plakkaat bedel ('Drie afhanklikes. Werkloos. Enige donasie asb!!!').

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  Tannie Bets sê sy wil gou by Pick n Pay stop om 'n paar goedjies te koop. Lien bly
2      in die Golfie sit en luister na die country-en-western CD wat tannie Bets in die CD-
3      speler gesit het. Iemand sing 'n corny liedjie oor verlore liefde en dis die rede waarom
4      hy "whisky by the bottle" drink. Kan grootmense dan nie hulle dinge face nie, wonder
5      Lien vererg. Sy sit summier die tranerige CD af.
6  By die ingang van die sentrum staan 'n vrou met 'n plakkaat en bedel. Dis te ver om
7      te sien wat op die plakkaat staan. Lien hou haar dop. Die mense stop nou en dan iets
8      in haar hand, dan glimlag sy dankbaar. Lien wonder hoeveel maak die vrou op 'n dag
9      en of sy nie skaam is om so te bedel nie.
10 Tannie Bets kom terug met stapels Pick n Pay-sakkies. Sy sit die sakkies op die
11     agterste sitplek neer. "Moes so 'n paar goedjies koop. Die yskas is dolleeg," sê sy
12     verleë.
13 Lien dink aan tannie Bets se oorvol yskas waarin daar gewoonlik nie plek vir 'n
14     muis is nie. Sy ruik gebraaide hoender. Sy twyfel of die fyne Mara van Weigh-Less,
15     voorheen 'n groter vrou, baie beïndruk sou gewees het.
16 Drie afhanklikes. Werkloos. Enige donasie asb!!! Die Here seën u, staan op die vrou
17     se plakkaat, sien Lien toe hulle by haar verbyry.
TEKS H Konteks van die uittreksel

By die woonstel: Braam vertel terloops dat Ma gebel het en dalk einde van die week huis toe kom; Lien is benoud en onseker wat om te verwag.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  ... Lien bly 'n rukkie oorbluf voor die woonstelgebou staan. Water drup vanuit die
2      jakarandaboom voor die woonstel op haar kop.
3  Terwyl sy die trappe opstap, besef sy half verbaas dat dit lyk asof Hein normale
4      ouers het. Iemand in dié skool het 'n gewone ma en 'n gewone pa. Heeltemal
5      doodgewoon.
6  Die aand terwyl hulle saam met Joe terugry, sê sy vir Miemie dat sy die naweek sal
7      kom. Braam gaan by Deon bly. Hulle hoef nie oor sy maag bekommerd te wees nie.
8      Miemie is uit haar vel. "Cool, cool," sê sy terwyl sy die Pussycat Dolls harder draai.
9  Braam lê op sy geliefkoosde bank en kyk na 'n sportprogram. In die kombuis is 'n
10     reuse-bak lasagne waarvan Braam goed die helfte verorber het. Sy trek haar ou rooi
11     sweetpak aan en skep vir haar 'n bord vol kos, wat sy voor die televisie by Braam
12     gaan eet.
13 "Ma het gebel," sê Braam terloops sonder om op te kyk. Lien verstyf.
14 "En ...?"
15 "En wat?"
16 "Wat sê Ma, jou idioot?"
17 "Sy kom dalk einde van die week huis toe. Tannie Bets sal haar bring."
18 Kan dit al vier weke wees? dink Lien benoud. Sy weet nie wat om te voel nie. Sy
19     weet nie wat om te verwag nie. Sy wou nog ... Sou haar ma regtig nie meer ...?

4.1 Voltooi: Lien se gesin het alles verloor en moes uit hulle huis na 'n (4.1.1) ... toe trek. Hier het tannie Bets hulle gehelp en gereeld (4.1.2) ... gestuur. Lien en haar broer het by Hoerskool (4.1.3) ... begin. Op haar eerste dag het Lien vir (4.1.4) ... ontmoet en hulle het goeie maats geword. [4]

4.2 'Iemand sing 'n corny liedjie van verlore liefde en dis die rede waarom hy whisky by the bottle drink.' Noem TWEE redes waarom hierdie liedjie Lien aan haar eie lewe laat dink het. [2]

4.3 'Sy sit summier die tranerige CD af.' Wat bedoel Lien met 'tranerige CD'? [1]

4.4 Waarom is dit ironies dat tannie Bets so baie pakkies in die motor gelaai het? [2]

4.5 Kies die gevolg uit KOLOM B by KOLOM A: 4.5.1 Juffrou Breytenbach; 4.5.2 Malie Dry; 4.5.3 Christien Jooste; 4.5.4 Miemie se ma. [4]

KOLOM A
4.5.1Juffrou Breytenbach het reguit vir Lien gesê dat sy nie haar potensiaal benut nie.
4.5.2Malie Dry was 'n harde besigheidsvrou.
4.5.3Christien Jooste kon nie die veranderinge in die gesin se lewe goed hanteer nie.
4.5.4Miemie se ma het vir lang tye televisie gekyk.
KOLOM B
ALien het besef dat sy nie die enigste kind met 'n afwesige ouer was nie.
BLien het geleer dat geld hard praat.
CLien het besluit om die rol van Weird Maria te vertolk.
DLien het haar voorgeneem om nie matriekafskeid toe te gaan nie.
ELien moes aan allerhande maniere dink om geld vir kos te verdien.

4.6 Toe Lien by die huis kom, was haar ma in haar kamer en Braam het TV gekyk. Hierdie situasie lig die sosiale probleem uit van ... [1]

4.7 Waarom kan 'n mens verstaan dat mense soos die vrou in die uittreksel besluit om te bedel? [1]

4.8 'Drie afhanklikes. Werkloos. Enige donasie asb!!! Die Here seen u ...' Waarom pas hierdie woorde so goed by hierdie roman? [1]

4.9 Waarom fokus die skrywer die leser se aandag op Lien wat wonder oor die bedelvrou? (Reels 6-9) [1]

4.10 Watter les het tannie Bets vir Lien geleer oor hoe 'n mens probleme kan hanteer? [1]

4.11 Skryf die vier gebeure in die korrekte VOLGORDE: Lien het 'n pruik geleen en begin bedel / Lien het gehoor hoe Hein mondfluitjie speel / Lien het haar werk by Millennium Creations verloor / Hein se ouers het Lien opgelaai in die reen. [4]

4.12 Miemie en Lien se situasie met hulle pa's was baie dieselfde. Se waarom hierdie stelling WAAR is. [1]

4.13 'Hulle hoef nie oor sy maag bekommerd te wees nie.' Wat se dit vir ons van Lien? [1]

4.14 Motiveer waarom Lien en Braam hul verlange na hul ou lewe verskillend hanteer het. Verwys na Lien en Braam. [2]

4.15.1 Uit Braam se reaksie (reels 13-15) kan ons aflei dat hy (graag wou sien wat op TV aangaan/hom uit die werklike situasie met hulle ma onttrek het). [1]

4.15.2 Motiveer jou antwoord. [1]

4.16 'Lien verstyf.' Hierdie reaksie se vir ons dat sy (kwaad was vir Braam/bang was dat sy dalk slegte nuus kon hoor). [1]

4.17 Lien het van verskillende dinge gehou. Noem DRIE dinge. [3]

4.18 In reel 16 noem Lien vir Braam 'n 'idioot'. Waarom was dit onregverdig? [1]

4.19 In reel 18 en 19 vra Lien baie vrae in haar kop. Hoekom is dit effektief? [1]

4.20 Braam het min gedoen om dinge beter te maak. Wat sou jy in Braam se situasie gedoen het? [1]

September 2023 Roman (Vraag 4)

TEKS G Konteks van die uittreksel

LO-groepwerk oor toekomstige beroepe: Lien, Miemie en Hein (Sally stap weg). Miemie se vraag oor 'n prokureur betrap Lien onkant.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  Lien skryf byna outomaties "prokureur" op haar vormpie. Sy kyk verbaas
2      na wat sy geskryf het. Prokureur. Dit klink vir haar skielik soos
3      brandweerman of ruimtevaarder of speurder. Prokureur was al die jare
4      die plan gewees, maar al-daai-jare is lankal verby. Sy oorweeg dit om die
5      woord dood te krap en iets soos "tuisteskepper" of "sakkiepakker by
6      Checkers" te skryf. Sy twyfel of meneer Bruwer sal dink dis snaaks.
7  Sy wil eintlik "weg" skryf. Hoe kry 'n mens "weg" reg?
   ***
8  Lien land in 'n groepie made in hell. Die klein, maer Miemie Spies met die
9      dik bril en die yl haartjies sal sy nog kan handle, al is sy weird verby. Dat
10     Miemie in die regte belangstel, is moeilik om te glo, maar dis dalk
11     moontlik. Die terterige Sally Swanepoel is 'n ander storie. Sy kan die
12     meisie nie verdra nie, en te oordeel na die seuns se geskinder, sal Sally
13     dit ná skool waarskynlik nie verder as Adéle's Escort Agency maak nie.
14     Regte!
15 En dan is daar Hein Venter.
16 Lien kan nog nie oor Hein besluit nie. Hy lyk ouer as die ander seuns. Hy
17     het al harde baard van jare se skeer. Hy is nie besonder lank nie, maar hy
18     is baie fris. Dit laat hom groter lyk as wat hy is. Hy het 'n prominente
19     neus. Blonde krulhare, bietjie kroeserig.
TEKS H Konteks van die uittreksel

By Entertainment Corner: Tibbey se eerste dag terug in sy karretjie na sy ongeluk; hy noem Lien 'n ware vriend.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  "Hoe doen jy vandag?" probeer Lien 'n geselsie aanknoop.
2  Roos sê niks nie. Sy teug aan haar sigaret en kyk vir die karre wat by hulle
3      verbyry. Sy blaas die rook behaaglik in die lug. Sy staan op en trap die
4      stompie met haar hak dood. Dan stap sy in die rigting van die sentrum se
5      toilette.
6  Lien volg haar traag. Sy kan nie verstaan waarom die vrou niks van haar
7      hou nie. Sy wag vir Roos by die deur en hulle stap saam terug. Hulle
8      praat nie 'n woord nie.
9  Skielik begin Roos vinniger stap. Lien moet uithaal om by te hou. Roos
10     buig vooroor en sy knyp die handsakkie al hoe stywer onder haar arm
11     vas. Haar treë word al hoe langer. Sy lyk nogal soos 'n kameel op spoed.
12 Lien kan eers nie verstaan wat aangaan nie, toe sien sy die mannetjie op
13     haar hoek staan. Hy het 'n gryserige broek aan wat heeltemal te groot is
14     vir hom en met 'n flenterbelt om sy middel geryg is. Sy groen hemp is
15     verbleik en hy hou sy hand bak vir die karre wat verbyry.

4.1 Voltooi: Lien-hulle is besig met 'n taak vir (4.1.1) ... om oor hulle post-matriek (4.1.2) ... navorsing te doen. Lien het gekies om 'n prokureur te word omdat haar (4.1.3) ... 'n prokureur is. Lien beplan om na matriek (4.1.4) ... te gaan. [4]

4.2 Gee TWEE feite waarom Lien se plan om prokureur te word, verander het. [2]

4.3 Stem jy saam dat Lien negatief teenoor die leerders in haar LO-groep was? Motiveer. [1]

4.4 Lien was verbaas toe sy ... se ouers ontmoet en hulle normaal voorkom. A Wouter / B Sally / C Hein / D Miemie. [1]

4.5 Lien het met Miemie vriende geraak, want Miemie het haar na die (Spur/Wimpy) genooi om haar verjaarsdag te vier. [1]

4.6 Waarom kan jy verstaan dat Lien nie gretig was om met Miemie vriende te word nie? Noem TWEE redes. [2]

4.7 Lien beskryf Miemie as 'weird'. Hoekom dink Lien aan Miemie as 'weird'? [1]

4.8 Hein is 'n voorbeeld van iemand wie se ouers hom dwing om bo sy potensiaal uit te styg. Se waarom die stelling WAAR is. [1]

4.9 Is dit aanvaarbaar vir ouers om druk op kinders te plaas om akademies uit te styg? Motiveer. [1]

4.10 Kies die gevolg in KOLOM B by KOLOM A: 4.10.1 Lien se ma daag dronk by die skool op; 4.10.2 Juffrou Breytenbach praat met Lien; 4.10.3 Die rekwisietekamer word reggepak; 4.10.4 Sue-Ellen is op kraamverlof. [4]

KOLOM A
4.10.1Lien se ma daag dronk by die skool op.
4.10.2Juffrou Breytenbach praat met Lien oor haar houding.
4.10.3Die rekwisietekamer word reggepak.
4.10.4Sue-Ellen is op kraamverlof.
KOLOM B
ALien en Wouter het 'n argument.
BLien kry werk by die haarkappersalon.
CLien en Agnes bots in mekaar.
DSally vertel van haar pa wat dagga rook.
ELien lyk soos 'n prostituut/Julia Roberts.

4.11 Skryf die gebeure in die korrekte VOLGORDE: Lien kry vir Braam 'n borgskap by Dirkie en Donovan / Wouter bestuur Christien se kar huis toe / Lien bedank by Tant Malie se Tuin / Sue-Ellen keer terug Millennium Creations toe. [4]

4.12.1 Wat is die ruimte van hierdie uittreksel? ('Hoe doen jy vandag?') [1]

4.12.2 Tibbey het nie daardie dag saam gebedel nie, want hy het (in die rolbalklub se tuin gewerk/by die bofbalklub karre opgepas). [1]

4.12.3 Motiveer jou antwoord. [1]

4.13 Lien het besef Roos is 'n ... vriendin, nadat sy Johnny van Lien se staanplek weggejaag het. A ernstige / B onvriendelike / C lojale / D koue. [1]

4.14 Wat is ironies aan die situasie met Johnny en die staanplek? [2]

4.15 Noem wat elk vir Lien geleer het: Tibbey / Roos. [2]

4.16.1 Dit was nie vir Lien maklik om te bedel nie. Noem EEN uitdaging wat sy op die straat ervaar het. [1]

4.16.2 Watter les leer jy uit Lien se besluit om aan te hou bedel in plaas van haar vorige werk te aanvaar? [1]

4.17 Wat het Lien se agtiende verjaardag spesiaal gemaak? Noem EEN feit. [1]

4.18 Noem EEN karakter wat 'n groot impak op Lien gemaak het. Motiveer. [1]

4.19 Die verhaal sluit af waar Christien op 'n spesiale manier vir Lien bewys dat sy nog haar ma, die (klavieronderwyseres/kitaaronderwyseres) is. [1]

November 2023 Roman (Vraag 4)

TEKS G Konteks van die uittreksel

LO-groepwerk oor toekomstige beroepe; Sally stap weg ('Moet net nie jou panty kou nie') en die take word verdeel ('Ons los maar vir Sally').

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  "Moet net nie jou panty kou nie," sê Sally sonder om haar kop te draai. Sy staan op.
2      "Ek het al klaar al die life skills wat ek wil hê. Call me if you need me." Sy stap met
3      swaaiende heupe in die rigting van die kleedkamer. Lae nikotienvlak, vermoed Lien.
4  "Let's get this over with," sê die vale Miemie Spies en pluk meneer Bruwer se
5      spyskaart uit Lien se hande. Sy gaan sit op die stoeptrappie in die son en krap met 'n
6      pers pen op die dokument.
7  Lien is verlig. Sy is bly sy hoef nie die leiding te neem nie.
8  "Ken jy 'n prokureur?" vra Miemie onverwags. Die vraag betrap Lien onkant. Sy kyk
9      'n paar oomblikke sprakeloos na Miemie. Sy skud haar kop stadig heen en weer. Is dit
10     nou hier waar die haan moet kraai? wonder sy.
11 "My pa se prokureur is 'n regte perv, maar ek sal hom bel," gaan Miemie voort asof
12     sy nie Lien se ongemak agterkom nie. Sy maak 'n paar merkies met haar pers pen op
13     die dokument.
14 "Lien, dis vir jou. Jy moet op die Internet gaan kyk wat die universiteite wil hê. Ek sal
15     my pa se prokureur bel, en Hein, jy moet 'n draai by 'n firma in die stad maak. Ons los
16     maar vir Sally." 
TEKS H Konteks van die uittreksel

By Entertainment Corner: Tibbey is terug in sy karretjie; Lien haal hom elfuur vir teetyd en hy noem haar 'a real blerrie true friend'.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  ... Sy kan omtrent nie deur die trane sien nie terwyl sy na haar hoek toe loop. Hy gaan.
2      Hy gáán, Hein.
3  Die oggend wil nie verbygaan nie. Dis warm en sy wens die ure om. Sy hoor kort-kort
4      'n gelag en 'n getoet by Entertainment Corner. Sy kyk gereeld om, maar sy is te ver om
5      te hoor wat gebeur. Sy sien Tibbey waai die Bloubul-vlag asof sy lewe daarvan
6      afhang.
7  Toe sy hom elfuur vir hulle tea break gaan haal, wil hy nie dat sy hom stoot nie.
8  "Los my. I can do it!" sê hy ongeduldig. Hy is nie vriendelik nie, maar sy oë blink. Sy
9      stap agter hom aan na die akasiaboom. Hy sukkel om van die sypaadjie af te kom,
10     maar hy wil nie hê dat sy hom moet help nie.
11 Roos werk nie vandag nie en hulle sit in stilte en kyk na die karre wat by hulle
12     verbystroom. Waar gaan almal heen? wonder Lien. Elkeen het iewers 'n lewe. Tibbey
13     drink tydsaam aan die Coke wat sy vir hom saamgebring het, sy oë stip op die
14     verkeer. Sy hou hom onderlangs dop terwyl sy aan haar appel kou.
15 Hy draai skielik om in sy karretjie en kyk na haar. Sy hou vir 'n oomblik op kou.
16 "You are a true friend, Lieen Djôste, a real blerrie true friend." Lien kou verder.

4.1.1 Voltooi: Nadat Lien se pa in die tronk beland het omdat hy geld (4.1.1) ... het, ... [1]

4.1.2 So het Lien en Braam in Hoerskool (4.1.2) ... beland. [1]

4.1.3 Op Lien se eerste dag by die skool het sy vir (4.1.3) ... ontmoet. [1]

4.1.4 Toe Lien moes begin bedel om (4.1.4) ... vir die huishouding te verdien, ... [1]

4.2 'Moet net nie jou panty kou nie,' se Sally. Verduidelik die figuurlike betekenis van Sally se woorde. [1]

4.3 Hoe het Sally se optrede teenoor Lien hier verskil van hoe sy later teenoor Lien opgetree het? Verwys na hier en later. [2]

4.4.1 As ons dink aan alles wat Lien moes doen, is haar gedagtes hier (sarkasties/ironies). [1]

4.4.2 Motiveer jou antwoord. [1]

4.5 Miemie se vraag het innerlike konflik by Lien veroorsaak, want sy ... [1]

4.6 Waarom wou Miemie haar pa se prokureur bel? [1]

4.7 Meneer Bruwer het 'n taak oor toekomstige beroepe gegee. Wat was die gevolg hiervan vir Lien? [1]

4.8 Kies die boodskap uit KOLOM B by KOLOM A (4.8.1-4.8.4). [4]

KOLOM A
4.8.1Braam het Lien met niks gehelp nie.
4.8.2Tannie Bets het gehelp sonder dat Lien-hulle gevra het.
4.8.3Miemie het afwesige ouers gehad.
4.8.4Tibbey het positief na die lewe gekyk.
KOLOM B
A'n Mens moet die geleenthede wat oor jou pad kom, goed gebruik.
B'n Mens moet jou talente gebruik.
C'n Mens moet uitspring en self dinge doen.
D'n Mens moet ander se hulp waardeer.
E'n Mens moet besef dat baie geld nie beteken dat jy gelukkig is nie.

4.9 'Ons los maar vir Sally.' Wat sou jy anders gedoen het as jy Miemie was? [1]

4.10 Lien gee mense byname oor hoe hulle lyk. Watter slegte voorbeeld het sy hiermee gestel? [1]

4.11 Skryf die vier gebeure in die korrekte VOLGORDE: Lien het gesien hoe 'n vrou by Pick-n-Pay bedel / Lien het 'n pruik en brilletjie geleen / Roos het vir Lien goeie raad gegee / Lien het gemaklike skoene gaan koop. [4]

4.12.1 Na watter ruimte verwys 'haar hoek' in reel 1? [1]

4.12.2 Na wie verwys 'hy' in hierdie reels? [1]

4.13.1 'Hy gaan. Hy gaan, Hein.' Watter stylfiguur kry ons hier? [1]

4.13.2 Wat se dit vir ons binne konteks? [1]

4.14.1 Uit die gelag en getoet kan ons aflei dat (Tibbey se karretjie in die mense se pad was/die mense bly was om Tibbey weer te sien). [1]

4.14.2 Motiveer jou antwoord. [1]

4.15 Lien wou nie he die skool se mense moes weet sy is vriende met Roos en Tibbey nie. Se waarom hierdie stelling ONWAAR is. [1]

4.16 Waarom kan ons se dat Tibbey se 'karretjie' die simbool van iets positiefs in sy lewe was? [1]

4.17 Een van die temas wat die duidelikste in hierdie uittreksel na vore kom, is ... [1]

4.18 Hoe slaag die skrywer daarin om te wys dat Tibbey alles met sy hele hart doen? [1]

4.19.1 Waaroor gaan die roman as jy net na die titel kyk? [1]

4.19.2 Hoe sluit die 'lankstaanskoene' aan by die dinge wat Lien gedoen het? [1]

4.19.3 Hoe weet jy dat hierdie roman positief vir Christien Jooste geeindig het? [1]

Junie 2024 Roman (Vraag 4)

TEKS G Konteks van die uittreksel

Lien tel die dag se bedelgeld en gaan koop, op Roos se raad, gemaklike skoene waarin sy lank kan staan en bedel.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  ... Lien Jooste, dis nou jy, sê sy vir haarself. Dinge gaan nooit weer dieselfde wees
2      nie.
3  Sy sluit haar weer in 'n hokkie toe en begin die munte in die rooi sportsak bymekaar-
4      maak. Sy sal nie kan wag tot sy by die huis gekom het nie. Dis amper R150, baie geld
5      vir een middag se hel. Sy sal kan begin spaar.
6  Nadat die bus haar voor hulle sentrum afgelaai het, stap sy stadig huis toe. Mense en
7      karre ry by haar verby. Die ergste is oor. Dis nou Sewende Laan en macaroni en kaas.
8      Vir Lien Jooste is dit haar ma en haar broer en Lewenswetenskappe-huiswerk (en
9      moontlik Brahms) en dalk iets wat tannie Bets oorgestuur het.
10 In Pep se venster sien sy die skoene. Dis swart en plat en sonder frilletjies en
11     valletjies. Dit lyk sag en gemaklik en dit kos net R38,99. Lien kyk 'n rukkie na die
12     skoene. 'n Vrou is besig om die deur toe te maak.
13 "Ek wil asseblief skoene koop," sê sy vir die vrou, wat lyk asof sy 'n lang dag gehad
14     het.
15 "We are closing."
16 "Ek sal baie gou maak."
17 Die vrou huiwer, maar maak tog die deur oop.
18 "Those in number six." Sy wys na die paar swart skoene in die venster. Die vrou lig
19     die skoene op en stap agtertoe.
TEKS H Konteks van die uittreksel

By die skoolkonsert: Lien groet vir Roos en haar dogter ('Peroxide'); Roos se sy was goed op die verhoog.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  "Jy was goed," sê Roos. "Jy kan dit maak." Sy snuif.
2  Peroxide kyk belangstellend na die skoolseuns wat by haar verbyloop. Sy draai skoon
3      skeef om vir Christiaan dop te hou, wat met 'n mond vol kos vir Wian iets vertel.
4      Christiaan kyk belangstellend terug na waar Peroxide terterig vir hom glimlag.
5  Dis dalk tyd dat Roos-hulle koebaai sê, dink Lien benoud.
6  "Wil julle nie nog iets eet nie?" vra sy. Peroxide haal 'n groterige Tupperware-bak uit
7      haar sak en begin pak. En sy pak. Roos beduie na iets in die Tupperware-bak en
8      Peroxide pak terug. Dis tannie Bets se kerrietertjies, sien Lien dik van die lag. Sy stap
9      nader.
10 Lien vryf oor Roos se stywe hare. "Jy is 'n great pel."
11 Die vrekpienk marshmallow kyk vir haar met skrefiesoë en gee Lien se arm 'n knypie.
12     Sy sê niks nie, snuif en draai om. Lien dink hulle besef albei dat Lien Jooste
13     waarskynlik nie weer met plat skoene iewers op 'n hoek sal staan nie.
14 "Sien jou wanneer ek jou sien," groet Roos terwyl sy en Peroxide met die
15     Tupperware-bak buitetoe stap. Hulle verdwyn in die donker. Lien kan nog vaagweg die
16     pienk pakkie uitmaak. Sy staan 'n rukkie na die donker en kyk voor sy omdraai.
17 Haar ma staan by Kuifie en Valetjie en gesels. Haar ma lyk anders – stiller, rustiger as
18     vroëër die aand.

4.1 Voltooi: As gevolg van Lien se omstandighede het sy in haar graad (4.1.1) ...-jaar begin bedel. Sy wou geld spaar om (4.1.2) ... te gaan. By die verkeerslig het sy die eerste dag vir Roos en (4.1.3) ... ontmoet. Roos het gese mense sal nie dink sy is arm nie, want haar plakkaat is te (4.1.4) ... [4]

4.2 Waarom kan ons se dat Lien se pa die grootste rede is dat sy moes begin bedel? [1]

4.3 'Dis amper R150, baie geld vir een middag se hel.' Lien het innerlike konflik ervaar, want dit was nie lekker om te bedel nie, maar ... [1]

4.4 Hoe het Lien se ma daartoe bygedra dat Lien se lewe by die huis ook 'hel' was? [1]

4.5 Kies die invloed uit KOLOM B by KOLOM A: 4.5.1 Juffrou Breytenbach; 4.5.2 Wouter; 4.5.3 Kuifie; 4.5.4 Miemie. [4]

KOLOM A
4.5.1Juffrou Breytenbach
4.5.2Wouter
4.5.3Kuifie
4.5.4Miemie
KOLOM B
A... het vir Lien uitgewys dat daar verskillende maniere is om geld te verdien.
B... het die inisiatief geneem om 'n mooi vriendskap met Lien te begin.
C... was van die begin af 'n ware steunpilaar in Lien se deurmekaar lewe.
D... het met Lien identifiseer omdat haar pa 'n verslaafde was.
E... het Lien uitgedaag om meer betrokke by die skoolaktiwiteite te wees.

4.6 Hoe dink Lien gaan die atmosfeer by hulle woonstel verskil van die atmosfeer by die ander mense se huise? [2]

4.7.1 Roos het vir Lien raad gegee oor haar skoene. Hierdie raad was (waardevol/nutteloos). [1]

4.7.2 Motiveer jou antwoord. [1]

4.8 Hoe slaag die skrywer daarin om die fokus op die skoene te plaas? [1]

4.9 'Die vrou huiwer, maar maak tog die deur oop.' Waarom kan jy se dat die vrou iemand is vir wie haar werk belangrik is? [1]

4.10 Lien het begin bedel om geld te verdien. Wat sou jy anders gedoen het? [1]

4.11 Skryf die gebeure in die korrekte VOLGORDE: Kuifie het Lien by haar bedelplek herken / Sproet het Lien opgelaai / Lien het by haar ma in die kliniek gaan kuier / Lien se ma het dronk by die skool opgedaag. [4]

4.12.1 Waar vind die gesprek tussen Lien en Roos plaas? [1]

4.12.2 Na wie verwys 'Peroxide' in reel 2? [1]

4.13 'Jy was goed. Jy kan dit maak.' In die Naspel word gesuggereer dat Roos reg was oor Lien se vermoe om toneel te speel. Se waarom die stelling WAAR is. [1]

4.14 'Peroxide haal 'n groterige Tupperware-bak uit haar sak en begin pak.' Hierdie optrede sluit aan by die universele tema van ... [1]

4.15.1 'Lien vryf oor Roos se stywe hare. Jy's 'n great pel.' Hierdie optrede wys dat sy Roos se vriendskap (waardeer het/nie as belangrik geag het nie). [1]

4.15.2 Motiveer jou antwoord. [1]

4.16.1 'Die vrekpienk marshmallow kyk vir haar met skrefiesoe ...' Die vetgedrukte woorde is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/vergelyking). [1]

4.16.2 Wat beteken dit binne konteks? [1]

4.17 '... gee Lien se arm 'n knypie. Sy se niks nie, snuif en draai om.' Waarom pas Roos se optrede in hierdie situasie? [1]

4.18 Lien het Kuifie se vrou 'Valetjie' genoem. Verduidelik die figuurlike betekenis soos Lien dit bedoel. [1]

4.19.1 Aan die begin het Lien nie 'n goeie verhouding met haar ouers gehad nie. Hoe het hierdie verhouding aan die einde verander? [1]

4.19.2 Nadat Kuifie haar sien bedel het, kon Lien haar situasie verander. Verduidelik hoe hierdie verandering 'n goeie ding was. [1]

4.20 Wat leer jy by Lien oor die hantering van moeilike situasies? [1]

September 2024 Roman (Vraag 4)

TEKS G Konteks van die uittreksel

By die woonstel: Christien staan by die venster met 'n glas wyn en se sy voel sleg dat Lien die kruideniersware koop, terwyl Lien die 'Blou Donau' op die klavier speel.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  Hulle kom Vrydae vroëër uit en sy en Wouter sit by hulle tafel buite die
2      Wimpy vir 'n vinnige koffietjie voordat sy by Creations moet begin.
3  Soos sy verwag het, is hy in sy skik met haar rol in die toneelstuk.
4  "As dit nie met my ekstra Wiskunde-klasse gebots het nie, sou ek julle
5      gejoin het," sê hy terwyl hy 'n pakkie suiker in sy koffie gooi.
6  Hulle praat oor die vakansie wat oor twee weke begin. Wouter en sy suster
7      gaan by hulle pa in Bloemfontein kuier. Lien kan sien Wouter is
8      opgewonde oor die trippie Bloemfontein toe.
9  "Jy mis jou pa."
10 Hy glimlag verleërig. "Soort van. Die ding is dat ek en Yvette nie vir hom
11     kan kwaad wees soos my ma nie."
12 Hy skeur repies van die leë suikerpakkie af en rol dit in bondeltjies wat hy
13     in die asbak gooi.
14 "Sy verstaan dit nie. Hy't ons mos gedrop. Ons is almal veronderstel om
15     hom te haat totdat die Bafana Bafana eendag die Sokkerwêreldbeker
16     wen."
17 "Hou julle van sy nuwe vrou?"
18 Wouter kyk weg en skeur nog 'n suikerkoevertjie oop.
19 "Nogal, al het ons aan die begin hard probeer om nié van haar te hou nie.
20     Sy is baie mal oor my pa en ek dink hy like dit baie dat iemand mal is oor
21     hom. Ek dink nie my ma was ooit nie ..." 
TEKS H Konteks van die uittreksel

By die bedelstaanplek onder die akasiaboom: Lien, Roos en Tibbey; Lien bedel nie meer saam nie omdat sy haar matriekjaar moet voltooi.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  "Hoe gaan dit met Braam?" vra haar ma oplaas.
2  "Aag, Ma weet mos. Dit gaan altyd goed met Braam. Hy is 'n survivor. Hy het
3      nogal 78% vir sy laaste Wiskunde-toets gekry," probeer Lien lighartig geselskap
4      maak. "En dit gaan goed by die huis. Gerhard ... uhm ... die predikant en die
5      kerk help en tannie Bets dra potte vol kos aan. Ons ly nie honger nie."
6  Haar ma tuur na iewers agter in die tuin. Die middag is loom. Lien hoor 'n gelag
7      uit die rigting van die stoep. Af en toe hoor sy 'n kar in die straat voor die kliniek
8      verbyry. Bye zoem oor die blombedding langs die visdam. Sy hoor die geluid
9      van die sproeiers op die grasperk langs die paadjie.
10 "En met jou?" vra haar ma ná 'n rukkie. Lien ignoreer die vraag.
11 Haar ma klink anders. Hoe anders, weet sy nog nie. Sy is net iewers ver waar
12     Lien nie kan bykom nie.
13 "Is dit erg hier?"
14 "Die heel ergste was die eerste dag," sê haar ma ingedagte. "Hulle het in al my
15     goed gekrap, tot in my onderklere, om 'n ou skelm doppie te soek. En hier is
16     geen genade nie. Niemand het vir niemand 'n geheim nie en niemand kan 'n
17     pose vir niemand hou nie. Almal is gelyk." 

4.1 Voltooi: Lien bly in 'n (4.1.1) ... saam met haar ma en broer (4.1.2) ... . Die stad waarin hulle bly is (4.1.3) ... . Die hoerskool wat sy en haar broer bywoon is Hoerskool (4.1.4) ... [4]

4.2 Verduidelik die ironie in die ma se woorde wanneer sy se dat sy sleg voel oor die feit dat Lien die kruideniersware gekoop het. [1]

4.3 Wat hou haar ma in haar hand vas terwyl sy by die venster staan? [1]

4.4 Lien was ... genoeg om die leisels oor te neem en na Braam om te sien. A vriendelik / B bedagsaam / C verantwoordelik / D vredeliewend. [1]

4.5 Lien het eerste by 'n (haarsalon/koffiewinkel) gewerk om sakgeld te verdien. [1]

4.6 Waarom kan jy verstaan dat Lien dikwels kwaad geraak het met haar ma? Noem TWEE redes. [2]

4.7 Hoekom dink jy moet Lien op haar tande byt in hierdie toneel? [1]

4.8 Christien steur haar glad nie aan wat Lien voorstel nie. Se waarom hierdie stelling WAAR is. [1]

4.9 Is dit aanvaarbaar vir ouers om te verwag dat hul matriekkind finansieel tot die huishouding moet bydra? Motiveer. [1]

4.10 Kies die karakter in KOLOM B by KOLOM A: 4.10.1 'Engel, dis meer as wat jy moet kry ...'; 4.10.2 'Wil Ma iets eet?'; 4.10.3 'Mis jy ooit jou pa?'; 4.10.4 'Is jy mal? Dis vroumenshaarkapper!' [4]

4.11 Skryf die gebeure in die korrekte VOLGORDE: Miemie nooi Lien vir haar 18de by die Wimpy / 'n Rukwind waai die pruik af en Gerhard herken haar / Lien gaan na 'n oudisie vir die toneelstuk / Lien vra Hein om 'n karretjie vir Tibbey te ontwerp. [4]

4.12.1 'Tibbey, ons moet gaan werk. Anders as party mense moet party mense werk.' Wat is die ruimte van die uittreksel? [1]

4.12.2 Lien het nie meer saam gebedel nie, want sy moes (in die haarsalon werk/haar matriekjaar voltooi). [1]

4.12.3 Motiveer jou antwoord. [1]

4.13 Lien se ma moes vir 'n tweede keer kliniek toe gaan, nadat sy ... A weer van die werk af weggebly het / B wyn by Pick n Pay gesteel het / C dronk by die werk opgedaag het / D dronk bestuur het. [1]

KOLOM A
4.13.1Christien is aangeklam en gaan slaap in haar werksklere.
4.13.2Wouter gesels met die ander kinders by die skool.
4.13.3Lien en Agnes bots by die kombuis se swaaideur.
4.13.4Lien konfronteer haar ma omdat sy nie meer die klavier speel nie.
KOLOM B
ALien gaan skuil in die skool se biblioteek en raak jaloers.
BLien storm klavier toe en speel die "Blou Donau" kliphard.
CLien gooi haar Wiskunde-boek onder die bed in.
DLien hang haar voorskoot op en bedank.
ELien maak self Braam se skoolbroek reg.

4.14 Gee TWEE redes waarom Roos so beskuldigend met Lien praat. [2]

4.15 Noem hoe elk vir Lien gehelp het na Tibbey se ongeluk: Dirkie / Hein. [2]

4.16.1 Dit was nie vir Lien maklik om vir haar gesin te sorg nie. Noem EEN uitdaging wat sy by die huis ervaar het. [1]

4.16.2 Wat se dit van Lien se karakter dat sy besluit het om vir Braam en haar ma te sorg? [1]

4.17 Verduidelik waarom Lien tydens die rekordeksamen swak gevaar het. Noem EEN feit. [1]

4.18 Verduidelik waarom Lien vir Wouter as haar beste vriend beskou het. Noem TWEE feite. [2]

4.19 Die verhaal sluit af waar Lien vir beide haar ouers bewys dat sy gewillig is om vrede te maak deur (hulle albei te besoek/hulle albei te omhels). [1]

November 2024 Roman (Vraag 4)

TEKS G Konteks van die uittreksel

By die woonstel: Braam se skoolbroek word met kramme vasgehou en Ma le dwars op die bed en snork; Lien werk aan die broek en se in die spieel 'Ek haat jou' vir haar pa.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  ... Lien weet sy sal nie eet nie. Sy eet omtrent nooit meer iets nie.
2  "Nighty night!" roep haar ma.
3  Braam brom iets, maar Lien sê niks.
4  Sy dink aan Braam se skoolbroek wat nog steeds oor een van die sitkamerstoele
5      hang. Braam hou die broek se soom al die hele week met staples bymekaar. Daar is
6      nie 'n manier hoe haar ma die soom vanaand gaan insit nie.
7  Braam sak weer op die bank neer en sit die televisie harder.
8  Haar ma lê reeds en snork, dwarsoor die bed, sommer met klere en al. Lien sug en
9      soek na die naaldwerktrommeltjie onder in haar ma se ingeboude kas. Sy sit die lig af
10     en maak die deur toe. Haar ma sal waarskynlik môre weer nie by die werk uitkom nie.
11 Sy gaan haal die broek in die sitkamer en maak haar kamerdeur toe. Sy sit 'n CD in
12     haar Walkman en die oorfone op haar kop. Norah Jones.
13 Soos sy vermoed het, is daar nie grys gare in die amper leë trommeltjie nie en sy
14     moet maar 'n blouerige kleur gebruik wat sy hoop nie sal wys nie. Sy sukkel om die
15     gare in die naald te kry, steek haar vinger raak.
16 Lien kyk op: "Ek haat jou," sê sy vir hóm in die spieël. "Ék ... háát ... jóú," sê sy weer,
17     stadiger, afgemete, klem op elke woord.
TEKS H Konteks van die uittreksel

In die tronk: Lien besoek haar pa; hy se hy is jammer en wil help, praat oor haar toekoms, en sy stoot 'n pakkie droewors oor die tafel.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  ... "Ek wil so gou as ek kan iets verdien om julle te help. Oom Frank sê julle sukkel. Ek
2      is jammer."
3  Lien sien hy bedoel dit.
4  "Ek sal dalk maar iets soos meubels begin maak," sê hy met 'n effense glimlag.
5  Lien kan nie help om self te glimlag nie. Haar onhandige pa wat nie eers 'n muurprop
6      kan aansit nie. Die simpel videokamera wat nooit klank gehad het nie en hy nooit kon
7      regkry nie en nooit sover gekom het om te laat regmaak nie.
8  "Ek gaan nie meer regte swot nie," verander sy die onderwerp.
9  Hy lyk teleurgesteld.
10 "Maar daar is mos geld vir julle studies. Niemand het aan julle studiepolisse geraak
11     nie ... En nie alle prokureurs is skelm nie!" sê hy heftig.
12 "Dis nie dit nie. Ek weet nie eintlik wat ek wil doen nie. Ek wil travel, gaan kyk hoe
13     lyk die wêreld."
14 Hy sê niks nie. Dit lyk asof hy nie kan ophou om na haar te kyk nie.
15 "Jy het lank geword," sê hy nadat hulle 'n rukkie in stilte gesit het. "En groot. Ek
16     bedoel ... jy is nie meer my poplap nie." Lien druk haar hare agter haar ore in.
17 Die bewaarder beduie hy moet terug. Besoektyd is verby. Lien stoot verleë die
18     pakkie droëwors wat sy met 'n gesukkel toegelaat is om in te bring, oor die tafel.

4.1 Voltooi: Vandat die Joostes meer as 'n (4.1.1) ... gelede woonstel toe getrek het, is Lien en Braam in Hoerskool (4.1.2) ... Braam kyk oor en oor na die (4.1.3) ... oor die gesin se gelukkige lewe. Tannie (4.1.4) ... het vir Lien werk by 'n koffiewinkel gekry. [4]

4.2 Waarom eet Lien se ma omtrent nooit meer iets nie? [1]

4.3 Wat het later met Lien se ma en haar werk gebeur nadat sy so dikwels afwesig was? [1]

4.4 'Braam brom iets, maar Lien se niks.' Ons lei af dat die kinders ... [1]

4.5 Hoe verskil die Jooste-kinders se lewe in die woonstel van die lewe waaraan hulle vroeer gewoond was? [2]

4.6.1 Na wie verwys 'hom' in reel 16? [1]

4.6.2 Wat bedoel Lien as sy se dat sy 'hom' haat? [1]

4.7.1 Al voel Lien opstandig, tree sy sorgsaam en (verantwoordelik/onverantwoordelik) teenoor haar ma en Braam op. [1]

4.7.2 Motiveer jou antwoord. [1]

4.8 Waarom kan ons se dat Braam verkeerd optree in hierdie situasie? [1]

4.9 Kies die oorsaak van die konflik uit KOLOM B by die karakter: 4.9.1 Christien Jooste; 4.9.2 Tant Malie; 4.9.3 Roos; 4.9.4 Sproet. [4]

KOLOM A
4.9.1Christien Jooste
4.9.2Tant Malie
4.9.3Roos
4.9.4Sproet
KOLOM B
A... het Lien eers as kompetisie by die bedelplek beskou.
B... het vir ander kinders vertel wat in Lien-hulle se huis aangaan.
C... het probeer om werkers uit te buit.
D... het heeltemal die verkeerde idee gehad van wat Lien op die straathoek doen.
E... het veroorsaak dat Lien meer pligte gehad het om uit te voer.

4.10 Skryf die gebeure in die korrekte VOLGORDE: Lien het by Miemie se huis gaan kuier / Lien se ma het dronk by die skool opgedaag / Lien het Hein se hulp met Tibbey se karretjie gevra / Lien het 'n pruik en brilletjie uit die rekwisietekamer geleen. [4]

4.11.1 'Oom Frank se julle sukkel. Ek is jammer.' Hierdie woorde van Lien se pa is (ironies/manipulerend) as 'n mens dink hoe die gesin in die situasie beland het. [1]

4.11.2 Motiveer jou antwoord. [1]

4.12 'Niemand het aan julle studiepolisse geraak nie.' Wat is die figuurlike betekenis van hierdie woorde? [1]

4.13 Lien se pa is in die tronk omdat hy dronk was. Gee 'n feit om te se waarom hierdie stelling ONWAAR is. [1]

4.14.1 '... jy is nie meer my poplap nie.' 'my poplap' is (personifikasie/'n metafoor). [1]

4.14.2 Wat beteken dit binne konteks? [1]

4.15 Die pakkie droewors is 'n simbool van ... [1]

4.16 Waarom kan ons se dat Lien se optrede teenoor haar pa 'n goeie voorbeeld stel? [1]

4.17 Hoe weet ons dat Lien se besoek aan haar ma in die kliniek 'n positiewe invloed gehad het? [1]

4.18 Hoe slaag die skrywer daarin om jou te laat voel dat Lien se pa tog ook goed was vir sy gesin? [1]

4.19.1 Die skoolkonsert is 'n hoofmoment. Watter positiewe gevolg het dit vir Lien gehad? [1]

4.19.2 Watter les oor kanse het jy by Lien geleer? [1]

4.19.3 Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die roman aan as jy aan Christien Jooste dink? [1]

Junie 2025 Roman (Vraag 4)

TEKS G Konteks van die uittreksel

By die bedelplek: Roos vertel kwaad dat Johnny Jo'burg toe is; Lien het pas haar werk by Millennium Creations verloor toe Sue-Ellen terugkeer.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  "... Johnny werk nie meer daar nie. Hy is Jo'burg toe," sê die vrou kwaad. Sy is
2      uitasem en haar bors beweeg op en af.
3  Lien maak dat sy wegkom. Sy sukkel om oor die besige straat te kom. Aan die
4      oorkant van die kruising gaan staan sy weer by die verkeerslig. Sy bewe. Waarin het
5      ek my begewe, dink sy weer. Ek haat jou so, dink sy vir die soveelste keer.
6  Sy oorweeg dit om om te draai bushalte toe, maar dan dink sy aan die leë yskas en
7      Braam se flenter beenskutte en aan Kate Hudson se vorms wat onder in haar laai lê.
8      Sy moet ten minste probeer, al is dit net vir 'n rukkie, en niemand sal haar tog met die
9      pruik en brilletjie herken nie. Sy vou weer die plakkaat oop.
10 Mettertyd begin sy ontspan. Sy glimlag selfs vir die mense wat langs haar stilhou.
11     Die meeste maak geen oogkontak nie. Ander draai hulle vensters op sodra hulle die
12     kruising nader, maak of hulle haar nie sien nie.
13 Party gee darem. Lien kyk nie wat hulle in haar hande stop nie, maar sy leer gou
14     hoe voel 'n tweerandmunt, 'n vyfrandmunt. Sy verbeel haar die kleiner munte voel
15     ligter. Een vrou gee sowaar vir haar 'n noot. 'n Groene. Sy voel soos 'n hond om die
16     mense se geld te vat.
TEKS H Konteks van die uittreksel

By die dominee (Kuifie): hy glimlag trots oor sy baba 'soos iemand wat 'n medalje by die Olimpiese Spele gewen het'.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  Sy gaan dié een verloor, besef Lien. Nou goed, sy sal inklim, maar sy gaan nié na 'n
2      preek luister nie. Dis háár lewe en sy sal maak soos sý wil. Hy kan vir die ou mense in
3      die ouetehuis gaan preek. Sy is tog half bly sy is verlos van haar hoek, al is dit net vir
4      vandag.
5  Hulle ry 'n rukkie in stilte.
6  "Is jy nie veronderstel om in die skool te wees nie?" Nie prekerig nie.
7  Sy antwoord nie.
8  "Doen jy dit al lank?" Vriendelik.
9  Sy bêre die pruik en haar brilletjie in haar sak. " 'n Rukkie."
10 Hy vra nie verder uit nie en Lien hoop dis dalk die einde.
11 Hy draai in by sy huis met die groot stoep en parkeer die Jetta voor die motorhuis.
12 "Kom, ek kan doen met ietsie kouds. Jy seker ook."
13 Lien klim traag uit en volg hom tot by die voordeur met die loodglasvensters. Hy
14     soen vir Valetjie wat in die gang met 'n baba in haar arms staan.
15 "En waar is Pappa se ou ba-ba-tjie?" Hy soen die dingetjie en maak 'n paar
16     verspotte geluide. Hy hou die bondeltjie trots na Lien uit om te sien. "En wat sê jy van
17     dié bulletjie?" Hy glimlag soos iemand wat so pas 'n medalje by die Olimpiese Spele
18     gewen het.

4.1 Voltooi: Lien se pa is vir (4.1.1) ... jaar tronk toe omdat hy en 'n vennoot geld verduister het. Hulle ma, Christien Jooste, kon dit nie hanteer nie en het baie begin (4.1.2) ... 'n Buurvrou, (4.1.3) ..., het gehelp om die kinders fisies te versorg. Lien se eerste werk was by 'n (4.1.4) ... [4]

4.2.1 '... Johnny werk nie meer daar nie. Hy is Jo'burg toe,' se die vrou kwaad. Wie is 'die vrou'? [1]

4.2.2 Wat bedoel die vrou as sy se dat Johnny nie meer daar werk nie? [1]

4.3 Waarom het Lien haar werk by Millennium Creations verloor? [1]

4.4 'Ek haat jou so, dink sy vir die soveelste keer.' Lien het haar pa gehaat omdat sy ... [1]

4.5.1 Lien ervaar innerlike konflik oor haar besluit om te bedel, want dit is iets wat sy (graag wou ervaar/moes doen). [1]

4.5.2 Motiveer jou antwoord. [1]

4.6 Waarom kan 'n mens se dat Lien in hierdie moeilike situasie 'n goeie rolmodel vir Braam was? [1]

4.7 Lien het twee aparte lewens geleef. Op watter manier verskil Lien se lewe by die skool van haar lewe op straat? Verwys na albei. [2]

4.8.1 Lien het gedink niemand sou haar met die pruik herken nie. Dit is (stereotipies/ironies) dat Lien haar besluit om te bedel nie met Wouter gedeel het nie. [1]

4.8.2 Motiveer jou antwoord. [1]

4.9 Hoe kry die skrywer dit reg om te wys dat Lien sleg gevoel het om die mense se geld te vat? [1]

4.10 Waarom kan 'n mens se dat dit tot albei (Lien en Tibbey) se voordeel was dat hulle mekaar ontmoet het? [1]

4.11 Waarom was dit reg van Lien om ongelukkig met haar ma te wees? [1]

4.12 Skryf die gebeure in die korrekte VOLGORDE: 'n Trok het oor Tibbey se bene gery / Lien het weer by Millennium Creations gaan werk / Lien het vir Roos en Tibbey na die toneelopvoering genooi / Christien Jooste het die eerste keer kliniek toe gegaan. [4]

4.13 Die wind het Lien se pruik afgewaai. Wat het gebeur nadat Lien die pruik tussen die motors gaan optel het? [1]

4.14 Lien het hierdie man in die motor die heel eerste keer by haar skool ontmoet. Gee 'n feit om te se waarom die stelling ONWAAR is. [1]

4.15 'Sy gaan die een verloor, ...' Wat is die figuurlike betekenis van dit wat Lien hier dink? [1]

4.16 Kies die situasie uit KOLOM B by die karakter: 4.16.1 Juffrou Breytenbach; 4.16.2 Tant Malie; 4.16.3 Wouter; 4.16.4 Sproet. [4]

KOLOM A
4.16.1Juffrou Breytenbach
4.16.2Tant Malie
4.16.3Wouter
4.16.4Sproet
KOLOM B
A... het Lien ontstel deur te sê dat sy nie altyd 'n aangename en vriendelike mens was nie.
B... het Lien ontstel deur te dink dat sy iemand was wat sy nie is nie.
C... het Lien verkeerd hanteer deur te dink dat Lien aspris foute gemaak het omdat sy nie daar wou wees nie.
D... het Lien kwaad gemaak deur nie saam te werk nie.
E... het Lien ontstel deur te dink dat Lien nie haar talente wil gebruik nie.

4.17 Terwyl Lien gebedel het, was die 'hoek' vir haar 'n simbool van ... [1]

4.18.1 'Hy glimlag soos iemand wat so pas 'n medalje by die Olimpiese Spele gewen het.' Identifiseer die beeldspraak in die vetgedrukte woorde. [1]

4.18.2 Wat beteken dit binne konteks? [1]

4.19.1 Lien se besluit om die kerk se hulp te aanvaar, was 'n hoogtepunt. Watter positiewe gevolg het dit vir Lien ingehou? [1]

4.19.2 Lien het vir Kuifie 'n lys van hul uitgawes gegee. Watter les het jy hieruit by Lien geleer? [1]

4.19.3 Hoe sluit die kerk se hulp aan by die woorde '... uks Drama' op Lien se T-hemp in die naspel? [1]

September 2025 Roman (Vraag 4) - dieselfde EC-vraestel as September 2024

TEKS G Konteks van die uittreksel

(Dieselfde vraestel as September 2024.) By die woonstel: Christien by die venster met 'n glas wyn; Lien speel die 'Blou Donau'.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  Hulle kom Vrydae vroëër uit en sy en Wouter sit by hulle tafel buite die
2      Wimpy vir 'n vinnige koffietjie voordat sy by Creations moet begin.
3  Soos sy verwag het, is hy in sy skik met haar rol in die toneelstuk.
4  "As dit nie met my ekstra Wiskunde-klasse gebots het nie, sou ek julle
5      gejoin het," sê hy terwyl hy 'n pakkie suiker in sy koffie gooi.
6  Hulle praat oor die vakansie wat oor twee weke begin. Wouter en sy suster
7      gaan by hulle pa in Bloemfontein kuier. Lien kan sien Wouter is
8      opgewonde oor die trippie Bloemfontein toe.
9  "Jy mis jou pa."
10 Hy glimlag verleërig. "Soort van. Die ding is dat ek en Yvette nie vir hom
11     kan kwaad wees soos my ma nie."
12 Hy skeur repies van die leë suikerpakkie af en rol dit in bondeltjies wat hy
13     in die asbak gooi.
14 "Sy verstaan dit nie. Hy't ons mos gedrop. Ons is almal veronderstel om
15     hom te haat totdat die Bafana Bafana eendag die Sokkerwêreldbeker
16     wen."
17 "Hou julle van sy nuwe vrou?"
18 Wouter kyk weg en skeur nog 'n suikerkoevertjie oop.
19 "Nogal, al het ons aan die begin hard probeer om nié van haar te hou nie.
20     Sy is baie mal oor my pa en ek dink hy like dit baie dat iemand mal is oor
21     hom. Ek dink nie my ma was ooit nie ..." 
TEKS H Konteks van die uittreksel

(Dieselfde vraestel as September 2024.) By die bedelstaanplek: Lien, Roos en Tibbey; Lien bedel nie meer nie weens haar matriekjaar.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  "Hoe gaan dit met Braam?" vra haar ma oplaas.
2  "Aag, Ma weet mos. Dit gaan altyd goed met Braam. Hy is 'n survivor. Hy het
3      nogal 78% vir sy laaste Wiskunde-toets gekry," probeer Lien lighartig geselskap
4      maak. "En dit gaan goed by die huis. Gerhard ... uhm ... die predikant en die
5      kerk help en tannie Bets dra potte vol kos aan. Ons ly nie honger nie."
6  Haar ma tuur na iewers agter in die tuin. Die middag is loom. Lien hoor 'n gelag
7      uit die rigting van die stoep. Af en toe hoor sy 'n kar in die straat voor die kliniek
8      verbyry. Bye zoem oor die blombedding langs die visdam. Sy hoor die geluid
9      van die sproeiers op die grasperk langs die paadjie.
10 "En met jou?" vra haar ma ná 'n rukkie. Lien ignoreer die vraag.
11 Haar ma klink anders. Hoe anders, weet sy nog nie. Sy is net iewers ver waar
12     Lien nie kan bykom nie.
13 "Is dit erg hier?"
14 "Die heel ergste was die eerste dag," sê haar ma ingedagte. "Hulle het in al my
15     goed gekrap, tot in my onderklere, om 'n ou skelm doppie te soek. En hier is
16     geen genade nie. Niemand het vir niemand 'n geheim nie en niemand kan 'n
17     pose vir niemand hou nie. Almal is gelyk." 

4.1 Voltooi: Lien bly in 'n (4.1.1) ... saam met haar ma en broer (4.1.2) ... . Die stad waarin hulle bly is (4.1.3) ... . Die hoerskool wat sy en haar broer bywoon is Hoerskool (4.1.4) ... [4]

4.2 Verduidelik die ironie in die ma se woorde wanneer sy se dat sy sleg voel oor die feit dat Lien die kruideniersware gekoop het. [1]

4.3 Wat hou haar ma in haar hand vas terwyl sy by die venster staan? [1]

4.4 Lien was ... genoeg om die leisels oor te neem en na Braam om te sien. A vriendelik / B bedagsaam / C verantwoordelik / D vredeliewend. [1]

4.5 Lien het eerste by 'n (haarsalon/koffiewinkel) gewerk om sakgeld te verdien. [1]

4.6 Waarom kan jy verstaan dat Lien dikwels kwaad geraak het met haar ma? Noem TWEE redes. [2]

4.7 Hoekom dink jy moet Lien op haar tande byt in hierdie toneel? [1]

4.8 Christien steur haar glad nie aan wat Lien voorstel nie. Se waarom hierdie stelling WAAR is. [1]

4.9 Is dit aanvaarbaar vir ouers om te verwag dat hul matriekkind finansieel tot die huishouding moet bydra? Motiveer. [1]

4.10 Kies die karakter in KOLOM B by KOLOM A: 4.10.1 'Engel, dis meer as wat jy moet kry ...'; 4.10.2 'Wil Ma iets eet?'; 4.10.3 'Mis jy ooit jou pa?'; 4.10.4 'Is jy mal? Dis vroumenshaarkapper!' [4]

4.11 Skryf die gebeure in die korrekte VOLGORDE: Miemie nooi Lien vir haar 18de by die Wimpy / 'n Rukwind waai die pruik af en Gerhard herken haar / Lien gaan na 'n oudisie vir die toneelstuk / Lien vra Hein om 'n karretjie vir Tibbey te ontwerp. [4]

4.12.1 'Tibbey, ons moet gaan werk. Anders as party mense moet party mense werk.' Wat is die ruimte van die uittreksel? [1]

4.12.2 Lien het nie meer saam gebedel nie, want sy moes (in die haarsalon werk/haar matriekjaar voltooi). [1]

4.12.3 Motiveer jou antwoord. [1]

4.13 Lien se ma moes vir 'n tweede keer kliniek toe gaan, nadat sy ... A weer van die werk af weggebly het / B wyn by Pick n Pay gesteel het / C dronk by die werk opgedaag het / D dronk bestuur het. [1]

KOLOM A
4.13.1Christien is aangeklam en gaan slaap in haar werksklere.
4.13.2Wouter gesels met die ander kinders by die skool.
4.13.3Lien en Agnes bots by die kombuis se swaaideur.
4.13.4Lien konfronteer haar ma omdat sy nie meer die klavier speel nie.
KOLOM B
ALien gaan skuil in die skool se biblioteek en raak jaloers.
BLien storm klavier toe en speel die "Blou Donau" kliphard.
CLien gooi haar Wiskunde-boek onder die bed in.
DLien hang haar voorskoot op en bedank.
ELien maak self Braam se skoolbroek reg.

4.14 Gee TWEE redes waarom Roos so beskuldigend met Lien praat. [2]

4.15 Noem hoe elk vir Lien gehelp het na Tibbey se ongeluk: Dirkie / Hein. [2]

4.16.1 Dit was nie vir Lien maklik om vir haar gesin te sorg nie. Noem EEN uitdaging wat sy by die huis ervaar het. [1]

4.16.2 Wat se dit van Lien se karakter dat sy besluit het om vir Braam en haar ma te sorg? [1]

4.17 Verduidelik waarom Lien tydens die rekordeksamen swak gevaar het. Noem EEN feit. [1]

4.18 Verduidelik waarom Lien vir Wouter as haar beste vriend beskou het. Noem TWEE feite. [2]

4.19 Die verhaal sluit af waar Lien vir beide haar ouers bewys dat sy gewillig is om vrede te maak deur (hulle albei te besoek/hulle albei te omhels). [1]

November 2025 Roman (Vraag 4)

TEKS G Konteks van die uittreksel

By die woonstel: Lien tel die dag se bedelgeld (R217,35), oefen haar rol as Weird Maria en raak geheg aan Miemie; Ma se kamerdeur is toe.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  Van toe af ry sy elke keer saam, gewoonlik ongemaklik, maar dikwels dankbaar ná die
2      lang dag.
3  Dis donker toe sy die voordeur oopmaak. Dis nie gesluit nie. Braam lê reeds en slaap
4      voor die televisie. Sy is honger, maar daar was nie tyd om iets by Pick n Pay te koop nie.
5  Sy wonder wat hy geëet het. In die kombuis staan 'n glasbak met 'n berg vetkoeke, sien
6      sy dankbaar. Wat sou hulle sonder tannie Bets gedoen het? Sy maak vir haar koffie en
7      val gulsig weg. Daar is kerriemaalvleis in die vetkoeke. Sy eet en vir die eerste keer die
8      dag ontspan sy. Sy gaan haal haar geldsakkie uit die rooi sportsak in haar kamer en begin
9      die dag se buit tel. Haar ma se deur is toe, sien sy dankbaar.
10 Sy maak hopies met die verskillende munte op die eetblad in die kombuis. Daar is
11     altesaam R217,35. Dis die eerste keer dat sy meer as R200 'n middag gemaak het. Sy
12     kan môre weer 'n paar rand gaan bank. Sy maak gewoonlik meer op 'n Saterdag, maar
13     sy weet nie hoe lank sy nog Saterdae sal kan werk nie. Juffrou Breytenbach wil hê hulle
14     moet nou Saterdae ook repeteer. Sy wil elke week kop uittrek, maar sy raak op 'n manier
15     geheg aan Weird Maria.
16 "Alles, alles niks. Too bad," sê Maria terwyl sy snuif.
TEKS H Konteks van die uittreksel

Lien oorreed Meneer Van Biljon om vir Tibbey werk en blyplek te gee: Tibbey sal met 'n karretjie en 'n fluitjie die karre naweke oppas.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  "Dis hoekom ek hier is. Hy wil weer hier kom bly, en hy wil weer kom werk."
2  Die man kyk haar 'n rukkie snaaks aan.
3  "Is sy bene of arms of iets nie af nie? Hoe de duiwel wil hy werk?" vra hy terwyl hy op
4      sy horlosie kyk.
5  "Sy bene is af, maar hy kan nog baie doen." Lien besef sy sal haar storie gou moet
6      vertel. Dié man het nie tyd vir warra-warra nie. "Hy gaan 'n karretjie hê wat hom sal help
7      om oor die weg te kom. Hy sal maklik regkom. Hy werk in die week op 'n ander plek en
8      kan vir die kamer betaal. Hy sal naweke die karre hier oppas, verniet. Hy vra net 'n dak
9      oor sy kop. Hy sê hulle steel nogal karre hier. Veral naweke."
10 Die man kyk haar nog steeds aan asof sy pas van Mars geland het.
11 "Hoe de duiwel wil hy die karre oppas? Gaan hy die skelms met sy rystoel jaag?"
12 "Dis nie 'n rystoel nie en ons gaan vir hom 'n fluitjie koop. As hy iets snaaks sien, gaan
13     hy 'n hengse lawaai maak en die mense sal hom hoor."
14 Lien weet dis nou of nooit.
15 Hy sit die gehoorstuk terug op die mikkie.
16 "Ek is jammer vir die ou, maar dis nie die Welsyn dié nie." 

4.1 Voltooi: Lien was baie besig. Omdat sy in graad (4.1.1) ... was, het sy baie skoolwerk gehad. Smiddae het sy op haar (4.1.2) ... gaan bedel. In die aand het sy haar rol as Weird Maria vir die (4.1.3) ... geoefen. Nadat Lien een aand saam met (4.1.4) ... huis toe gery het, het dit gereeld gebeur. [4]

4.2 Wat het hierdie aand op die pawiljoen gebeur voordat Lien toneeloefening toe is? [1]

4.3.1 'In die kombuis staan 'n glasbak met 'n berg vetkoeke, ...' Hierdie is 'n voorbeeld van 'n (metafoor/hiperbool). [1]

4.3.2 Wat beteken die vetgedrukte woorde binne konteks? [1]

4.4 Waarom het Lien geld gespaar? [1]

4.5 Lien was dankbaar toe sy sien haar ma se kamerdeur is toe. Waarom kan jy hiermee identifiseer? [1]

4.6 'Sy wil elke week kop uittrek, maar ...' Dit beteken dat Lien ... [1]

4.7 Waarom laat dit jou goed voel om te weet daar is iemand soos tannie Bets in Lien se lewe? [1]

4.8 Gee TWEE voorbeelde van hoe Lien se deelname aan die toneelstuk haar lewe positief beinvloed het. [2]

4.9 Hoe kry Lien dit reg om jou te laat voel dat sy eintlik eensaam is? [1]

4.10 Kies die gevolg uit KOLOM B by KOLOM A: 4.10.1 Kuifie het ernstig met Lien gesels; 4.10.2 Sproet het Lien probeer verlei; 4.10.3 Roos het vir Lien goeie raad gegee; 4.10.4 Lien het by tant Malie se koffiewinkel gewerk. [4]

KOLOM A
4.10.1Kuifie het ernstig met Lien gesels.
4.10.2Sproet het Lien probeer verlei.
4.10.3Roos het vir Lien goeie raad gegee.
4.10.4Lien het by tant Malie se koffiewinkel gewerk.
KOLOM B
ALien kon reg voorberei om op straat te bedel.
BLien het op die harde manier geleer dat reëls belangrik is.
CLien het besef dat party mense verkeerde gedagtes het.
DLien het haar pa in die tronk gaan besoek.
ELien het meer tyd gehad om op haar skoolwerk te fokus.

4.11 Skryf die gebeure in die korrekte VOLGORDE: Dirkie het gebel oor watter hospitaal Tibbey is / Lien het die jong dominee vir die eerste keer ontmoet / Sproet het Lien na sy woonstel geneem / Lien het haar verjaardag saam met vriende geniet. [4]

4.12.1 'Hoe de duiwel wil hy werk?' Na wie verwys 'hy'? [1]

4.12.2 Wat beteken hierdie aanhaling binne konteks van die roman? [1]

4.13 'Gaan hy die skelms met sy rystoel jaag?' Die toon in Meneer Van Biljon se woorde kan as ... beskryf word. A vrolik / B hartseer / C sarkasties / D tevrede. [1]

4.14 Wouter het vir Lien gehelp om die karretjie te maak. Gee 'n feit om te se waarom hierdie stelling ONWAAR is. [1]

4.15.1 '..., maar dis nie die Welsyn die nie.' Meneer Van Biljon ervaar innerlike konflik, want hy (stem saam met Lien/weet nie wat die regte ding is om te doen nie). [1]

4.15.2 Motiveer jou antwoord. [1]

4.16.1 Lien probeer om Meneer Van Biljon te (manipuleer om welsynswerk te doen/oorreed om Tibbey se situasie en goeie kwaliteite te verstaan). [1]

4.16.2 Waarom is Lien se optrede geloofwaardig binne konteks? [1]

4.17 Wat was die direkte gevolg van Lien en Hein se samewerking vir hulle verhouding? [1]

4.18 Waarom kan 'n mens se dat dit verkeerd van Roos was om Johnny van die entertainment corner af weg te hou? [1]

4.19 Een lewensles is dat ware vriende mekaar in moeilike omstandighede ondersteun. Noem TWEE positiewe gevolge wat dit vir Tibbey gehad het. [2]

4.20 Een tema is dat 'n mens op die positiewe dinge moet fokus. Waarom pas hierdie tema by die slot van die roman? [1]

Mei/Junie 2026 Roman (Vraag 4)

TEKS G Konteks van die uittreksel

By die woonstel: Norah se musiek speel terwyl Lien haar ma dophou. Christien is verwaarloos, die pianis op die CD raak wild, en Lien pleit dat haar ma weer die Schubert-stuk moet speel.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  As I sit and watch the snow
2  Fallin' down
3  I don't miss you at all
4  I don't miss you at all
5  verduidelik Norah.
6  Sy hou haar ma dop terwyl sy kou. Christien Jooste was eenmaal 'n beaut. Nou
7  lyk sy oud en verwaarloos. Myle opgesit die laaste twee jaar. Sy het 'n slordige,
8  vormlose bloes aan, en haar digte swart hare is ongekam. Sy gebruik nooit meer
9  grimering nie.
10 Haar ma se gesig is die ene Planet Euphoria. Dis nie net die wyn nie, weet Lien.
11 Musiek kon haar ma nog altyd na aan die hemel bring, wyn ofte not.
12 Dan bars die hel los. Die pianis is nou in vyfde rat en daar is geen sprake van 'n
13 wysie meer nie. 'n Kakofonie van klanke, sê Lien in haar kop. Waar het sy dit onlangs
14 gehoor? Ka-ko-fo-nie-van-klan-ke, sê sy stadig weer in haar kop.
15 "'n Kakofonie van klanke," sê sy hardop.
16 Haar ma hoor nie, of sy maak of sy nie hoor nie. Sy maak snaakse rukbewegings
17 met haar kop op maat van die musiek. Haar oë is steeds toe.
18 "Speel asseblief vir my iets," sê Lien op die ingewing van die oomblik.
19 "Ma het eeue laas aan die klavier gevat. Speel vir my daai Schubert-ding wat Ma
20 altyd net vir my gespeel het toe ek klein was," pleit sy byna.
TEKS H Konteks van die uittreksel

By die vertoning: Lien wil nie die verhoog verlaat nie. Sy sien haar ma wat pas uit die kliniek is; tannie Bets oorreed Christien om te speel en sy gaan sit uiteindelik by die Steinway.

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die nommers is die reëlnommers waarna die vrae verwys.

1  Lien is half onwillig om haar veilige hawe te verlaat. Sy wens sy kan vir altyd hier bly.
2  Dan sien sy haar ma. Sy kom vanuit die rigting van die kleedkamers aangestap en
3  kyk onseker om haar rond. Wanneer sou sy uitgekom het? Sy het 'n swart broek en 'n
4  toppie aan wat Lien nog nie voorheen gesien het nie. (Tannie Bets?) Sy lyk moeg. Haar
5  gesig is maer en bleek. Haar hare is in 'n los bolla in haar nek. Sy vat 'n glasie vrugtesap
6  op een van die tafeltjies en kyk weer om haar rond. Sou sy die vertoning gesien het?
7  Tannie Bets waai vir haar ma, wat duidelik verlig in hulle rigting beweeg. Mathilda vat
8  'n blaaskans en staan op om vir haar 'n glasie koeldrank te skink.
9  "Speel vir ons iets, Christien," hoor sy tannie Bets sê. Van die ander mense koer
10 saam. Lien kan sien die aand is vir haar ma 'n stryd. Haar ma skud haar kop. "Ag
11 tóé, Christien," hou tannie Bets aan.
12 Haar ma huiwer. Dan slaan sy haar vrugtesap weg en sit haar handsak op die
13 Steinway se klap neer. Daar is donker kringe onder haar oë. Sy sit eers 'n rukkie doodstil
14 met haar oë op die klawers, vroetel dan onseker oor die note.
15 Toe begin sy speel. Sy sukkel aanvanklik, dan begin sy met meer selfvertroue speel.

4.1 VOLTOOI die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woorde uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die EEN korrekte woord langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4) neer. Lien en haar gesin het moeilike tye beleef. Hulle het in (4.1.1) … (stad) gebly, waar hulle nuwe leerders by Hoërskool Jakaranda moes wees. Lien het besluit om te begin werk. Tannie Bets het vir haar werk by tant (4.1.2) … se koffiewinkel gekry. Later werk sy vir Donovan en Dirkie by hulle (4.1.3) … Toe sy begin bedel, het sy haarself anders laat lyk met ’n (4.1.4) … en ’n brilletjie wat sy by juffrou Breytenbach geleen het. [4]

4.2 Wat het met Lien se pa gebeur voordat hulle in die woonstel gaan bly het? [1]

4.3 Waarom het Lien so graag na Norah se musiek geluister? [1]

4.4 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. “Myle opgesit die laaste twee jaar.” (Reël 7) Dit beteken dat Christien … A baie ver gery het om by die werk te kom. / B haarself nie versorg het nie en oud lyk. / C se motor wat baie oud was, probleme gegee het. / D swaarkry omdat sy alles in die woonstel moet doen. [1]

4.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Lien ervaar innerlike konflik oor hulle huislike omstandighede, want (daar is nie goeie versorging in die huis nie/die plekkie waar hulle bly, is te klein). [1]

4.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.5.1. [1]

4.6 Lien was kwaad en wou sommer haar ma se klavier verkoop. Waarom is dit reg dat Lien so gevoel het? [1]

4.7.1 “Musiek kon haar ma nog altyd na aan die hemel bring, wyn ofte not.” (Reël 11) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. As gevolg van alles wat die afgelope twee jaar gebeur het, het Lien (partydig vir/diskriminerend teenoor) haar ma gevoel. [1]

4.7.2 Motiveer waarom dit geloofwaardig is as jy aan die afgelope twee jaar van Christien se lewe dink. [1]

4.8 Hoe kry Lien dit reg om jou as leser jammer vir haar te laat voel omdat Christien haar geïgnoreer het? [1]

4.9 Waarom laat dit jou goed voel dat Lien alles moontlik probeer het om Braam te versorg? [1]

4.10 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. “Haar ma se gesig is die ene Planet Euphoria.” (Reël 10) Hiermee bedoel Lien dat haar ma in ’n … stemming was. A vrolike / B hartseer / C opgewonde / D aggressiewe [1]

4.11 Wat was die direkte gevolg van Christien se drinkery op haar werk by Binnelandse Sake? [1]

4.12 Een van die lewenslesse in hierdie roman is om ander mense se hulp te aanvaar. Watter TWEE positiewe gevolge het dit vir Lien as hoofkarakter gehad? [2]

4.13 Skryf die volgende VIER gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE neer soos wat dit in die roman gebeur. • Miemie het Lien na haar huis toe genooi. • Sally het Lien verras met haar optrede in die badkamer. • Roos het Lien gehelp om vir haar bedel op straat voor te berei. • Wouter en Lien het vriende geword. [4]

4.14.1 “Lien is half onwillig om haar veilige hawe te verlaat.” (Reël 1) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Dit is ’n voorbeeld van (’n metafoor/personifikasie). [1]

4.14.2 Wat beteken dit binne konteks van die roman? [1]

4.15 Lien het by die skool se toneelopvoering betrokke geraak. Noem TWEE voorbeelde van hoe die toneelruimte haar lewe by die skool positief beïnvloed het. [2]

4.16.1 “Wanneer sou sy uitgekom het?” (Reël 3) Waarna verwys Lien met “uitgekom”? [1]

4.16.2 Wat beteken Lien se vraag binne konteks van die roman? [1]

4.17 Na hierdie aand kon Lien aangaan met haar toekomsplanne om ’n prokureur te word. Gee ’n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. [1]

4.18.1 Baie van die karakters se optrede is ironies. Kies die karakter se optrede uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas om dit ironies te maak. Tibbey het vir Lien geleer om in moeilike tye te lag, maar hy … A het toe die krieketspan geborg. / B wat haar die kans gegee het om op haar skoolwerk te fokus. / C het self depressief geraak ná die ongeluk. / D het gehelp toe niemand anders wou help nie. / E het weer ’n kans geskep om geld te verdien. [1]

4.18.2 Lien het gemaak asof sy nie omgee nie, maar sy … A het toe die krieketspan geborg. / B wat haar die kans gegee het om op haar skoolwerk te fokus. / C het self depressief geraak ná die ongeluk. / D het gehelp toe niemand anders wou help nie. / E het weer ’n kans geskep om geld te verdien. [1]

4.18.3 Braam was negatief ingestel teenoor Millennium Creations, maar hulle … A het toe die krieketspan geborg. / B wat haar die kans gegee het om op haar skoolwerk te fokus. / C het self depressief geraak ná die ongeluk. / D het gehelp toe niemand anders wou help nie. / E het weer ’n kans geskep om geld te verdien. [1]

4.18.4 Lien was negatief teenoor Kuifie se belangstelling in haar gesin, maar dit was hy … A het toe die krieketspan geborg. / B wat haar die kans gegee het om op haar skoolwerk te fokus. / C het self depressief geraak ná die ongeluk. / D het gehelp toe niemand anders wou help nie. / E het weer ’n kans geskep om geld te verdien. [1]

4.19 “Sy sukkel aanvanklik, dan begin sy met meer selfvertroue speel.” (Reël 15) Waarom kan jy verstaan dat Christien in hierdie situasie só sukkel? [1]

4.20 Jy moet mense aanvaar vir wie en wat hulle is. Waarom pas die titel, Lien se Lankstaanskoene, by hierdie tema in die roman? [1]

Vorderingsgeskiedenis Alle pogings

Elke keer wat jy in 'n oortjie op Stoor poging klik, word daardie telling hier gestoor. Die geskiedenis bly behoue as jy die bladsy toemaak en weer oopmaak (op hierdie toestel/blaaier).

Hierdie geskiedenis is permanent: pogings kan nie uitgevee of gewis word nie — elke poging bly altyd sigbaar. Klik Wis antwoorde in 'n oortjie maak slegs jou huidige antwoorde skoon vir 'n nuwe poging; dit raak nie hierdie geskiedenis nie.

#Datum & tydOnderafdelingRegGemerkPersentasie
"; var blob=new Blob([""+html],{type:"application/vnd.ms-excel"}); var url=URL.createObjectURL(blob), a=document.createElement("a"); a.href=url; a.download="Afr-FAL-P2-Vorderingsgeskiedenis.xls"; document.body.appendChild(a); a.click(); setTimeout(function(){ a.remove(); URL.revokeObjectURL(url); },100); }; renderHist(); recompute();